Hoër brandstofpryse gaan kwesbare SA’ners swaar tref

Baie Suid-Afrikaners gaan die moeilike keuse tussen kos op die tafel, of brandstof in die tenk, moet maak. (Foto: Christel Cornelissen/Maroela Media)

Die hoër brandstofprys wat vandag (Woensdag) in werking tree gaan ʼn selfs swaarder las op Suid-Afrikaners, miljoene reeds tot op breekpunt gedruk weens stygende lewenskoste, plaas.

“Miljoene mense gaan die moeilike keuse tussen brood en ander basiese behoeftes soos vervoer moet maak,” waarsku Makashule Gana, hooforganiseerder van Rise Mzansi.

Die nuwe brandstofprys het om middernag in werking getree. Dit lyk só:

  • alle grade petrol styg met 75c per liter
  • diesel met 0,05% swael styg met 73c per liter
  • diesel met 0,005% swael styg met 70c per liter
  • paraffien (groothandel) styg met 53c per liter
  • LP-gas (handelsprys) styg met 37c per kg

Rise Mzansi sê dit gaan veral ʼn noemenswaardige uitwerking op reeds kwesbare Suid-Afrikaners, soos enkelma’s, hê. “Nagenoeg 40% van ma’s is enkelouers, wat beteken ʼn groot gedeelte van ons gemeenskappe gaan moet besluit tussen taxigeld en babaformule. Ma’s gaan die taai keuse moet maak tussen brandstof in die tenks, en doeke – want ʼn rand ook net só ver gerek word.”

Die party beywer hom reeds vir belastingverligting vir enkelma’s en ander voogde wat minder as R500 000 per jaar verdien, sodat hulle teen die stygende lewenskoste verskans kan word.

“Baie van ons is grootgemaak deur enkelma’s en ons verstaan die opofferings wat gemaak word om te verseker daar is kos op te tafel sodat ons gelukkige en waardige lewens kan lei. Ons moet diegene versorg wat ons families en ons gemeenskappe versorg,” sê Gana.

Die South African Federation of Trade Unions (Saftu) het ook sy diepe kommer oor die jongste prysstyging te kenne gegee.

Saftu sê dit gaan ʼn bykomende las op die reeds oorspanne Suid-Afrikaanse werkersklas plaas. Dit terwyl mense reeds elke sent moet omdraai weens die druk van hoë rentekoerse en voedselpryse.

Arm werkers, wat van openbare padvervoer gebruik moet maak omdat die land se passasierspoornetwerk in duie gestort het, gaan die meeste geraak word.

“Dit gaan ook bydra tot die las van middelklashuishoudings wat reeds verdrink in onvolhoubare skuld weens hoë rente.”

Voorgesette beurtkrag beteken mense moet ook weer toenemend staatmaak op alternatiewe energiebronne soos gas, paraffien en hout.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Elmarie ·

Jammer om te sê en van die grootste probleme is die wat nie kan bekostig het te veel kinders. Mense moet eerder leer vooruit dink – kan ek ‘n kind alles fee soos kos drie maal per dag, dak oor die kop, klere, betaal vir skool en/of tersiêre studies voor hul kinders kry. Verderaan in lees mens die”bekommernis” oor die baie tienerswangerskappe. Vaderland, wanneer gaan mens dink voor hul doen!

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Inwoners van die Nasional Democratic Society soewereine staat Mzansibanwe, ontspan. Cyril Ramaphosa gaan jul verras met ‘n aankondiging dat Iran en die BRICS Bank gaan skoothondjie Mzansibabwe triljoene nie-VSA dollars skenk om al die apartheidsprobleme aan te spreek.

Elmarie ·

Jammer oor die vingerfoute, dis sommer van viesgeid oor mense war gaan swaarkry en juis die wat die swaarste gaan kry is die wat nie dink voor hul net kinders kry en dan tref prysverhogings hul die ergste

Ryan ·

Die anc kaders voel niks vir die armes nie. Cannon fodder aldus die kommuniste.

Papsak ·

Ja nee kyk dit gaan net in SA so aan met hierdie hoe pryse van voedsel petrol vrot water en beurtkrag dit is treurig om te sien hoe mense mense kan neil hierdie regering wat ons so gooi met hoe pryse niemand kan meer by hou nie hulle besig om ons te versmoor onder hoe PRYSE ????????

Andre ·

@Vrydenker. Korrek, die nuutste “buzz word” is mos nou “reperation”………

hendrik ·

Almal gaan nou so te kere oor die arme enkel ouers ens en’s maar hulle vergeet van duisende pensioenarise wat wat nie eers naby die broodlyn kan leef nie wat van hulle. Cyril Rama en Sy trawante moet besef van die belaglike en onmenslike situasie waar in ons as SA ners moet leef. Hulle moet liewer ophou om Israel te blameer vir alles wa kwansuis verkeerd is in die oorlog . Almal van hulle ( SA regering) word net dikker en dikker by die dag. Cyril kyk liewer na jou houding teen oor SAners en gee die land oor aan mense wat n better insig in die be stuur van n land het en na sy mense kyk.

Waarnemer ·

En steeds ry die kaders grstis met “amptelike” voertuie rond.

Nommer 7 ·

Doen weg met aksynsbelasting op kos invoere, dan sal kospryse drasties verminder!

Annelie ·

Ag man, die verhoging in brandstof is n holruggeryde storie. Maak nie saak of dit op of afgaan, ons kos en alles wat daarmee saamgaan word net DUURDER.

Gaitsigubib ·

Nr 7 laas het jy nog gereken dat die boere niks mag uitvoer nie omdat dit kastig lokale tekorte veroorsaak, nou reken jy ook dat goedkoper kos ingevoer behoort te word om pryse verder af te dwing. Volgens hierdie denkrigting lyk dit of jy n hekel het in boere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.