Hoër drumpel vir krag kan beurtkrag help verminder

Pres. Cyril Ramaphosa tydens Donderdag se aankondiging. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag aangekondig dat die drempel om krag sonder ʼn lisensie van die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) op te wek van 1 MW tot 100 MW verhoog word. Die Wet op die Regulering van Elektrisiteit sal gewysig word om hiervoor voorsiening te maak.

Die aankondiging kom te midde van nog ʼn dag van beurtkrag vir Suid-Afrikaners.

Ramaphosa sê die vooruitsig van ʼn voortgesette kragtekort en verdere beurtkrag hou enorme gevaar vir die land en ekonomiese groei in. Die ingryping moet die kragsektor hervorm en sal hopelik ʼn einde aan beurtkrag help maak.

“Die gewysigde regulasies sal opwekkingsprojekte tot 100 MW in grootte vrystel van die Nersa-lisensiëringsbepaling – of dit nou aan die netwerk gekoppel is of nie,” sê Ramaphosa.

“Dit gaan ʼn groot hindernis vir belegging in opwekkingsprojekte verwyder.”

Toestemming en permitte sal steeds verkry moet word om die projek aan die netwerk te koppel sodat verseker word daar word aan alle bepalings voldoen. “Dit sal verseker dat ons in staat is om soveel as moontlik nuwe kapasiteit aanlyn te bring sonder om die integriteit of bestendigheid van die energiestelsel in die gedrang te bring.”

Ingevolge die wysigings sal munisipaliteite voortaan die diskresie hê om aansoeke om aan die netwerk gekoppel te word, goed te keur. Daar sal steeds ʼn omgewingsimpakstudie gedoen moet word en daar moet ook aan alle bestaande wetgewing voldoen word.

Ramaphosa sê die hervorming gaan na verwagting groot belegging in nuwe opwekkingskapasiteit ontsluit en maatskappye in staat stel om hul eie opwekkingsfasiliteite te bou sodat hulle aan hul eie kragbehoeftes kan voldoen.

Hy sê deur die drumpel op 100 MW te plaas, beteken maatskappye met die vermoë om hierdie hoeveelheid krag op te wek, dit nou kan doen.

“Dit gaan beskikbare krag verhoog en die las op Eskom verminder en hom toelaat om met sy intensiewe instandhoudingsprogram voort te gaan en sy afhanklikheid van duur gas- en dieselturbines verminder,” sê Ramaphosa.

Die president sê die vermoë om die kragkrisis vinnig en omvattend te pak, gaan die pas waarteen die ekonomie herstel, bepaal. “Die oplos van die energieverskaffingstekort en die vermindering van beurtkrag is ons enkele belangrikste doelwit om ekonomiese groei te laat herleef.”

Ramaphosa sê ʼn blink toekoms lê steeds vir Eskom voor en dat die nuwe mededinging in die bedryf goed vir verbruikers gaan wees. Eskom word ook aangemoedig om hernieubare kragopsies te ontgin. Die president het ook benadruk dat Eskom steeds deur die staat ondersteun sal word.

Die ingryping vorm deel van breër hervormings in die kragbedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Gert ·

Eskom kry genoeg geld die diewe moet net minder gemaak word en die wat nie krag betaal afgesny word

absoluut ·

Net so. Die wat betaal gaan al hoe meer hulle eie krag opwek en gebruik en dan gaan soos hulle belowe het met die verkiesingsveldtogte dat al die kaders verniet gaan krag kry, want hulle kry en vat mos reeds verniet

B-Man ·

Stem, dis mos ‘n ou laai. Laat die stelsels eers goed werk en dan kom onteien ons dit by julle.

Werner ·

Sjoe, dit was darem harde werk van die ANC ne! Mens kan hierdie goed nie opmaak nie. Ons moet nou bly wees dat die ANC hulle eie hindernisse verminder om die gewone mense kans te gun om die ANC se gemors te kom regmaak? Vreeslik dankie Cyril, jy is darem vrygewig jong.

Johann ·

“breër hervorming…”? So sy pelle en hulle pelle gaan waarskeinlik eerste in die ry staan. Of hulle iets weet van krag of nie. Net NOG n vergrypings geleentheid.

johan ·

Wonder wat van die skepe van oorsee wat sou kom krag opwek geword het.

Hendrik Marthinus ·

Weer net n droom soos met die skepe wat sou krag help opwek, die Ryger, die Tyger en Titanic het nooit opgedaag nie.
Hoe lank gaan dit vat man dus wat ons Wil weet

Kerneels ·

Ramaphosa het gesê: “…the amendment will be published within 60 days…”
Dan is die winter al amper verby.

Misky ·

Maggies, uiteindelik het die tor die regte toutjie getrek…..

Stofdonkie ·

Ek wonder of dit nou beteken dat mense makliker elektrisiteit kan terugverkoop in die grid in? Sou dit so wees sal dit dalk vir die hele land se voordeel wees as so paar duisend mense nou sonkrag stelsels kan installeer op hulle huise.

JohanR ·

Ja baas ons hoer jou. Gaan dit saam met kospakkies en T-hemde? Het jy weer Woensdag aand diep gedink?

Persheks Adri ·

Hoer jy hom JohanR? Ek lê soos ek lag vir die spelfout! Jou legende

Adam Adriaan ·

Ja die gom wat die ANC/EFF aanmekaar hou is korrupsie en diefstal

Piet parys ·

Cyril toe jou pa vir jou vra wat wil jy eendag word toe sê jy president en hy sê nee my seun jy moet eers wakker word. Ons weet die Escom tragedie is al van 94 op n afdraand pad

Jaco ·

Wat van regstellende aksie en BEE? Maak maar eers net seker. Die DA-Beheerde Kaapse stadsraad het midde in die stad se ernstige waterkrisis ‘n entrepreneur se groot maar goedkoop ontsoutingsplan afgekeur, NET omdat hy te min regstellende aksie en BEE toegepas het. As die liberale hoogheilige DA so kon maak, sidder ek vir die ANC se rasvereistes met die toelaat van onafhanklike kragvoorsieners.

Edward Donald ·

Let op wat sê Cyril (Nersa) Jy mag jou eie krag opstel maaaaaaaar, jy moet eers aansoek doen, toestemming kry, hulle (die Regerings beleid) nakom, en natuurlik die nodige “fooi” betaal en dan ook nog die demokratiese BBBBBBBEEEEEE wette nakom ……..

Snowball ·

‘n Stem uit donker Afrika.. regtig pikdonker sonder die lektriek.
Jou New Dawn is Nag Cyril. So lyk korrupsie. Die land steier, maar moenie vrees nie grootoog het ‘n nuwe plan.

Dup ·

ESKOM moes lankal in bekwame privaatbesit gewees het……dan sou SA nie gereeld in donkerte gehul wees nie en die stelery sou ook minder gewees het.

Samuel ·

Hoekom nie lankal hierdie regulasies gewysig nie? Hoogtyd, maar dankie in elkgeval.

Keelvol ·

Jacob Zuma het ook gesê dat daar n einde aan beurtkrag sal wees. Ons weet nie dat dit n leun was.

Mariana ·

Liewer laat as nooit. Hy kon baie lankal terug plan gemaak het. Pfft!!

Adam Adriaan ·

CR se toesprake en beleids aankondigings laat my dink aan ‘n volstruisnes in die Klein Karoo. Die
voormalige volmaakte nes met eiers het na die uitbroei van die laaste kuiken, verander in ‘n “scrap yard” van leë eierdoppe, waarna die wyfie gesien het dat sy nie haar kroos hier sal kan groormaak nie en het toe besluit om te “Pak en te Pull” na ander weivelde om haar kroos daar groot te maak. Die self de geld vir hierdie land van ons onder ANC/EFF regering. Vorige erfnis wat hulle geerf het,het verander in ‘n hoop Bollie. Alles wat hy sê en die ANC aan raak; is dieselfde as ‘n klomp leë eierdoppe.

Janc ·

Ons sal seker later kennisgewing kry oor wie ons mag gebruik, mense wat die tender gekry het wie se BBEEEEEEEEE status natuurlik goed lyk. Jammer maar wil nie juis so negatief wees so vroeg in die oggend nie, maar met hierdie regering kan mens nie help nie.

Jr ·

En dan môre sê die cANCEer party jy moet “self generation tax” betaal want eish is brokkin verkoop nie genoeg krag nie. Moenie lag nie. Was
al voorheen in die groot sirkus tent in Pretoria voorgestel

B-Man ·

Hierdie voel vir my soos ‘n erkenning van onbekwaamheid. As 100 MW die druk gaan verlig, dink net hoe die ekonomie sal groei as daar geen beperking op private opwekking is nie. Net so kan hulle nou erken dat SEB moet verlig word en minimumloon verminder word! En as dit die ekonomie laat groei – skaf dit sommer heeltemal af!

Jr ·

Nou kan hulle nog geld kry vir die voorreg om n generator of iets anders en”generator tax ” eis omdat eish iiss brokkken agin” te min krag verkoop. Moenie lag nie want dis al voorgestel daar in die sirkus tent in Pretoria

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.