Hoërskool Hendrik Verwoerd is Vrydagoggend amptelik na die Rietondale Secondary School herdoop onder leiding van Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng.
Die bal om Hoërskool Hendrik Verwoerd se naam te verander is reeds in 2016 aan die rol gesit nadat dié naam as onderdrukkend bestempel is. Ouers het verlede jaar ten gunste van die nuwe naam gestem.
Lesufi het gedurende vanoggend se inhuldiging van die skool se nuwe naam gesê dit was nooit sy bedoeling om ander kulture of ander se tale uit te wis nie.
“Ek word altyd daarvan beskuldig dat ek teen Afrikaans is, maar ek is nie, ek is teen diskriminasie.”
Die LUR het verder verduidelik dat hy deeglik daarvan bewus is dat nie almal die naamsverandering gaan aanvaar nie en dat sommige ouers en personeellede beledig voel, maar dat hulle egter steeds deel is van die skep van ʼn nie-rassige samelewing.

Hoërskool Hendrik Verwoerd is Vrydagoggend amptelik na die Rietondale Secondary School hernoem. (Foto: Twitter)
Olga Veldsman, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het vroeër aan Maroela Media gesê die skool en gemeenskap is gelukkig met die naamsverandering, aangesien Rietondale die naam was wat ouers tydens ʼn algemene jaarvergadering voorgestel het.
Die naam is daarna deur die departement goedgekeur.
Lesufi het gesê die departement doen nie ’n beroep op ander skole met name vanaf die apartheidsera om ook ’n naamsverandering te ondergaan nie. “As hulle hul name wil behou, is dit hul keuse, maar die geskiedenis sal u beoordeel.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
42 Kommentare
Lesufi, bou n slag n eie skool self en gee dit n naam wat daarby pas, jullle ry op ander se sukses.
Die voortrekkermonument word seker nou nkandla 2?
Leunaar!
It won’t improve the pass mark.
lesufi, jy lieg so baie dat jy jouself glo, skole met name uit die apartheids era hoef nie name te verander nie, maar more oormore is die volgende skool wat sy naam “moet” verander
???? ???? ???? ???? LOL, LMGA