
Leerders betoog Maandag buite die Hoërskool Jan Vijoen op Randfontein teen beweerde rassisme. (Foto: Pan Africano/Twitter)
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, sal Donderdag met die ouers van leerders aan die Hoërskool Jan Viljoen in Randfontein vergader oor verlede week se beweerde rassevoorval by dié Wes-Randse skool.
Die LUR sê hy beoog om gedurende die vergadering terugvoer aan ouers te gee en na hul bekommernisse te luister.
Die vergadering sal omstreeks 17:30 by die skool plaasvind.
Tientalle mense het Maandagoggend na die skool opgeruk nadat ʼn bakleiery tussen leerders, een wit en een swart, Vrydag daar uitgebreek het. Die voorval was na bewering rasgedrewe.
Maroela Media het berig gemoedere by die skool het hoog geloop en in ʼn stadium moes die polisie ʼn waterkanon en skokgranate inspan om die situasie in bedwang te hou.
Lesufi het die skool besoek, met die bestuurslede vergader en daarna die skare vanuit ʼn Nyala-pantservoertuig van die polisie toegespreek. Sy toespraak is egter tydelik onderbreek nadat ʼn oënskynlike onderonsie onder sommige mense uitgebreek het.
Klasse by die Hoërskool Jan Viljoen vind intussen voorlopig aanlyn plaas terwyl ʼn ondersoek na beweerde rassisme by die skool gedoen word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Ek is dom. Waarom die skool besoek? Siener lêsoufie het dan klaar die skuldiges aan die kaak gestel?
Wolf is nou die skaapwagter…
Met watter ouers het hy vergader? Al die ouers, of slegs die “slagoffers” se ouers?
In my skooldae het ons dit uitsorteer agter die fietsloods of in die parkie. Niks van al hierdie nuwe menseregte nonsens nie.
” in ʼn stadium moes die polisie ʼn waterkanon en skokgranate inspan om die situasie in bedwang te hou. ”
En nie eers een wit ouer of leerder het nat geword nie !!!
Hoekom nie !!!!
Miskien is hulle beskaaf ???