Hof sê afsonderingsregulasies is ‘ongeldig, ongrondwetlik’

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma. (Foto: GCIS)

Die hooggeregshof het Dinsdag bevind die regering se afsonderingsregulasies vir risikovlak 3 en vlak 4 is ongeldig en ongrondwetlik, maar dit sal steeds vir minstens die volgende 14 dae van krag bly.

Risikovlak 3-regulasies bly dus steeds van krag. Die reëls oor die verkope van tabakprodukte word ook nog nie geraak deur die hofbevel nie, aangesien dit onderworpe is aan afsonderlike hofsake.

Regter Norman Davis het in sy uitspraak Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, opdrag gegee om, in samewerking met die betrokke ministers, die regulasies te hersien, te wysig en weer te publiseer, in ag genome die beperking wat elke regulasie het op die regte wat in die Handves van Menseregte vervat is.

Die saak is gebring deur Reyno Dawid de Beer en die Liberty Fighters Network. Dlamini-Zuma is opdrag gegee om die kostes van dié twee aansoekers te betaal.

Phumla Williams, woordvoerder van die kabinet, het Dinsdagaand gesê die regering neem kennis van die uitspraak dat die afsonderingsregulasies van risikovlak 3 en vlak 4 ongrondwetlik en ongeldig verklaar is. “Die kabinet sal ʼn verklaring hieroor uitreik sodra die uitspraak volledig bestudeer is,” het sy gesê.

Klik hier om die volledige hofuitspraak te lees.

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Boerkind ·

En die ANC is steeds in beheer?? Ek kan my renons in die spul skaars beteuel…

Patches ·

Nou ja toe, daar is dit nou so. Hierdie lockdown was net n politieke speelbal. Hulle wil mos n nuwe ekonomiese transformasie instel. Goed gespeel ANC , ten koste van julle eie mense om weereens net sekere kaders te bevoordeel. Malema het mos ook gese: laat die wit monopolie ekonomie val. N mens probeer positief bly maar elke dag verloor jy bietjie vir bietjie hoop.

Marisa W ·

nou wat gaan hulle nou doen – almal vergoed vir die geld wat hulle verloor het, almal wat nou werkloos is en al die besighede wat permanent moes toemaak omdat hulle nie sonder inkomste kon aangaan nie – ek hoop die hofsake teen die regering hou hulle vir die volgende 26 jaar besig sodat hulle nie enige tyd het om verder nonsies uit te dink nie.

Objektief ·

Bevestig net weer dat hierdie klomp nie die vaagste benul het wat hulle doen nie en nie verder as twee minute vooruit kan dink nie. Hulle kon nog nooit die gevolge van hulle besluite sien nie en het nog nooit verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie; dit is hoekom die “collective” alles besluit; n goeoe manier om veranwoordelilheid te ontduik.

Hulle het dit reg gekry om n land wat die 15 de grootste ekonomie gehad het to ” junk” te bestuur. die laaste 25 jaar was al die pad afdraende

Pieter ·

Die komuniste sal baie verskonings he. Dink hulle kan maak soos hulle wil. Hulle land ons belasting geld

Pietertjie ·

Dit klink my die ANC is besig om die Animal Farm-storie ore aan sit! Daar’s nie meer plek op die skuur se muur om al die oornag-wette te skryf nie. Kom ons kyk op wie gaan Napoleon die honde loslaat…

Jaco ·

Voor almal nou bly word, onthou tog net: ‘n wit man het die klag gebring en ‘n wit regter het teen die regering uitspraak gelewer. Van dié saak gaan niks kom nie. Dit gaan uitgekryt word as rassisme en al die ANC-kaders in die konstitusionele hof gaan in elk geval dié wit regter se uitspraak ongrondwetlik verklaar.

Pieter ·

Julle klomp narre dink suid afrika is china. Julle wil als beheer soos dit julle pas. Ek hoop daar is van die groot maatskappye wat julle gaan dagvaar. Baie mense het hulle werk verloor deur julle klomp komuniste

Pieter ·

Inperkingsregulasies nie in lyn met handves van menseregte nie. Waar is die MRK? Dit is hul werk. Duidelik dat die ANC geen duit omgee vir menseregte nie. Slegs hier om te plunder, in beheer te bly en geen vervolging van sy kaders nie.

Koos ·

Sy moet kostes betaal.Wat ‘n grap die belasting betaler gaan maar weer na al die hel waardeer ons is betaal.

Gemaskerde Sopbeen ·

Presies, Kostebevel is nie haar probleem. Tyd dat daar wetgewing kom wat Ministers en amptenary PERSOONLIK verantwoordelik hou. Vat al die huise en luukshede, duur voertuie en klere weg.

Namib ·

Julle pres het nou die dag die sleutelwoord genoem waarheen hierdie hele ding op pad is – “A new world order” Dis baie kommerwekkend!!

Adam Adriaan ·

Ek het reeds by verskeie geleenthede gesê dat hierdie hele storie ‘n komplot is van die NWO drywers. Daar was op 18 Oktober 2019 ‘ inoefening gehou van die hele storie. Dit is beskikbaar op internet. In detail. Bill Gates is die hand agter die hele storie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Sal maar sien wat die regering maak met die opdrag. Ek kan my die geskarrel en eindelose gekoukus voorstel.

Alleen Wolf ·

Mooi so, tyd dat hull op hulle herrie kry.
Immers ook ‘n bewys aan die klomp klakouse oor die geld wat bestee word aan hofsake dat daar wel ‘n positiewe uitkoms kan wees.

Alleen Wolf ·

Ek wonder of ons haar in haar “PRIVAAT HOEDANIGHEID” siviel aanvat vir alles wat moontlik ge-eis kan word a.g.v. haar irrasionele en absurde regulasies.

J ·

Elke landsburger is verantwoordelik vir hulle eie lewens … laat die keuses m.b.t. die Corona virus oor aan die individu.

Die STAAT se inmenging in ons persoonlike lewens lei net tot groter dilemmas … want ALLES wat die staat by betrokke is … verander in MISLUKKINGS!

Jakes ·

Die regter het wel die regte uitspraak gelewer maar hoekom nou eers? Hoofregter Moegeng Moegeng het verlede week reeds laat blyk dat van die maatreels ongrondwetlik is. Die 14 dae grasie wat die hof gegee het beteken eintlik maar nie veel nie want daar sou in elk geval elke 2 weke gekyk word na n volgende vlak. Hoop die regering word gedagvaar vir mense wat nou werkloos is agv maatskappye wat tot niet gegaan het.

Marius ·

In die oertyd was mense gestenig vir leuens vandag word hulle vergoed

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.