Hof sê oor borgtog ná skietery by rivier

Argieffoto (Foto: EWT)

Die bejaarde man wat van poging tot moord aangekla word nadat hy na bewering ’n seekoei wou skiet, maar toe ’n vrou langs ’n rivier in Limpopo gewond het, is op borgtog vrygelaat.

Die 77-jarige Paul Hendrik Stephanus van Zyl het Donderdag in die landdroshof in Lephalale verskyn waar borgtog van R1 000 toegestaan is.

Die saak teen Van Zyl is nou tot volgende maand uitgestel vir verdere ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig ’n paartjie het Dinsdag by die die Mogolrivier, naby ’n kleinhoewe, visgevang. Van Zyl het na bewering omstreeks 14:00 skote in die rigting van die paartjie gevuur.

“’n 38-jarige vrou is gewond. Haar vriend het weggekom en die polisie en nooddienste ontbied,” het lt.kol. Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder, vroeër gesê.

Die vrou is intussen geïdentifiseer as Ramokone Linah.

Van Zyl beweer hy het vir ’n seekoei in die water gemik en toe vir Linah raakgeskiet.

Hy is net ná die voorval in hegtenis geneem. Die polisie het ook beslag gelê op twee gewere, een rewolwer, een pistool en twee windbukse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter J ·

Grondeienaars is dikwels nie bewus van mense wat op hul eiendom rondbeweeg sonder toestemming nie en as dit effens bebos is gebeur sulke ongelukke baie maklik. As hy met die geweer geskiet het hoekom het die polisie sy pistool en windbukse ook gevat. Hulle wil hê hy moet weerloos wees. Windbukse word ook nie as vuurwapens beskou nie. Duidelik pas die polisie nou al straf toe voordat hy deur die hof skuldig bevind is.

Lila ·

Dit gaan nou weer as ‘n rassevoorval af gemaak word en die EFF gaan’ n ‘field day’ he met dit????

SjN ·

Wonder vandaar die misverstand, is die vrou aangesien as n seekoei of andersom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.