Hof sê Zoeloekoning se kroning ‘onregmatig’

Zoeloekoning Misuzulu kaZwelithini. (Foto: RAJESH JANTILAL/AFP)

Die Gautengse hooggeregshof in Pretoria het Maandag beslis dat die regering se erkenning van Misuzulu Zulu Zwelithini as die nuwe Zoeloekoning onregmatig was.

Dié beslissing het dalk nog ʼn stryd vir die troonopvolging aangewakker.

Die hof het pres. Cyril Ramaphosa beveel om ondersoek in te stel of die onstuimige toetreding van Zwelithini in ooreenstemming met gewoontereg gedoen is.

Ramaphosa moet nou ʼn komitee aanstel wat ondersoek sal instel hieroor.

Ná die dood van sy pa, Goodwill Zwelithini, is Misuzulu (49) in 2021 aangewys as monarg vir die meer as 11 miljoen Zoeloes wat in Suid-Afrika woon. Hy moes egter tot Augustus verlede jaar gewag het om amptelik gekroon te word ná ʼn bittere vete oor die troonopvolging.

ʼn Maand ná Goodwill se afsterwe het sy derde vrou, wat hy in sy testament as regent aangewys het, ook onverwags gesterf. Dié vrou het haar eie seun, Misuzulu, as koning aangewys.

Koningin Sibongile Dlamini, die ontslape koning se eerste vrou, het haar seun, prins Simakade Zulu, as die regmatige erfgenaam ondersteun. Sy het beweer dat sy die enigste wettige eggenoot was, maar sy kon nie ʼn hofbevel kry om die kroning stop te sit nie.

Sommige van Misuzulu se broers het ook die troon vir ʼn ander mededinger geëis.

Daar was verskeie hofgedinge teen Misuzulu se toetreding as koning, maar geeneen het geslaag nie.

Ramaphosa het in Oktober verlede jaar Misuzulu se bekroning formeel met ʼn seremonie bekragtig wat hom toegang tot allerlei staatshulp gegee het.

In Julie het gerugte die ronde gedoen dat Misuzulu vergiftig is ná die onverwagse dood van ʼn nabye raadgewer. Die koning het egter die bewerings ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Theuns ·

Geweet Hy is sy Ma en Swazi oom se keuse . Prins Zulu, die oudste seun by Zwelithini se oudste en enigste Zulu vrou is deur Goodwill opgelei as opvolger. Die nuwe “koning” bly meestal in Swaziland en was noe eens by sy PA se bed nie.
Nog cadre deployment voorbeeld? Wat sal korrupte regering doen?.

Theuns ·

Geweet Hy is sy Ma en Swazi oom se keuse nie Zuluvolk se keuse .
Prins Zulu, die oudste seun by Zwelithini se oudste en enigste Zulu vrou is deur Goodwill opgelei as opvolger.
Die nuwe “koning” bly meestal in Swaziland en was nie eens by sy PA se bed nie tydens afsterwe nie maar in Swaziland by oom se paleis
Nog cadre deployment voorbeeld? Wat sal korrupte regering doen?.

Martie Smartie ·

Gaaaaaap. En R71 miljoen se belastinggeld gaan elke jaar sodat die sg Zoeloe koningshuis die ANC aan bewind kan help hou. Lekker man

ES ·

En die aanstelling van die komitee gaan natuurlik ten koste van die belastingbetaler wees…

Luckykat ·

Ek verstaan nie hoekom die koningshuise enigsins geldelike hulp van die staat kry nie?

Vonkprop ·

Wat is hierdie koninklikes se funksie ook, behalwe om ons geld te vat?

Jaco ·

die beleid om swart stamhoofde en konings salarisse te betaal, kom oorspronklik vanaf die britse koloniale heersers. die wit afrikaners het dié beleid vanaf 1910 net so voortgesit en later “vervolmaak” met die tuislandstelsel van die aparthbeidsjare.
Vreemd dat niemand toe gekla het oor die salarisse vir swart stamhoofde en konings nie…

JohanEtz ·

Die 11 miljoen Zulus kan mos self hul koningshuis finansier? Waarom SA belastingbetalers?

domheks ·

Nog ‘n cANCer foutjie wat ons nou weer moet ondersoek dmv komitee/kommissie uit belasting betalers se sakke. Op grond waarvan het cr die een laat kroon?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.