Hof stel regulasies oor voedselverspreiding ter syde

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling. (Foto: Verskaf)

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het vandeesweek vir die tweede keer bloedneus in die hof gekry toe haar jongste regulasies oor die verspreiding van voedselhulp Dinsdag in die hooggeregshof in Kaapstad ter syde gestel is.

Dít kort nadat dieselfde hof verlede maand beveel het dat die polisie en amptenare van die departement van maatskaplike ontwikkeling verbied word om konsepregulasies oor die verspreiding van voedselhulp af te dwing.

Die DA het by albei geleenthede Zulu hof toe gesleep oor die voorgestelde regulasies wat die verspreiding van voedselhulp streng beheer.

Die minister se jongste regulasies is verlede Donderdag bekendgemaak. Dit het gepoog om ’n ingewikkelde stelsel daar te stel waarvolgens nieregerings- en liefdadigheidsorganisasies eers aan ’n lys omvattende bepalings moes voldoen voordat hulle enige maatskaplike hulp aan behoeftiges sou kon verleen.

Volgens James Lorimer, ’n woordvoerder van die DA, sou dié stelsel, nes die departement se vorige regulasies, verhoed dat behoeftiges voedselhulp ontvang weens administratiewe rompslomp.

“Toe die polisie en amptenare van maatskaplike ontwikkeling die eerste stel regulasies oor voedselverspreiding in werking gestel het, is derduisende mense verhinder om kos te kry terwyl minister Zulu die verspreiding daarvan wou sentraliseer,” verduidelik Lorimer.

“Ondanks die feit dat sy erken het dat sy nie die skadelike gevolge van die afsonderingstydperk op arm mense verwag het nie, het Zulu steeds voortgegaan met haar nuwe regulasies.”

Lorimer voer aan dat die minister nou al bewys het dat sy nie omgee vir diegene in nood nie en dus van haar amp onthef behoort te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Francois ·

Ek stem. Fire haar. Sy is net so pateties oor die voorskoolse kinders

Marius ·

Het enige een in die regering al ooit om gegee oor “arm” of behoeftige mense ? Hulle gee mos nie om nie hulle het genoeg van alles , kyk net na hulle . Zulu en Zuma moet onmidelik af gedank te word weens die feit dat hulle nie dink nie en as hulle dink is dit net aan hulle self of seun . Ne Zuma ?

Paul ·

Sy is ‘n PATETIESE minister wat geen benul het wat haar pos behels nie. Ramaphosa behoort haar af te dank maar hy het nie die ruggraat om dit te doen nie!

Michael ·

Geen Afrikaleier het al ooit omgegee vir hul burgers nie-die is net middele om hulself te verryk. Sal nooit verander nie-kyk gerus na geskiedenis van Afrika

Elsa ·

Kry vir jou. Julle wil mos nie hoor nie!

Maak mos net jul eie sakke vol.

Johann ·

Sys kern tot die ANC se “gesentraliseerde mags obsessie”! Saam met die kopdoek anti, wil die massas so afhanklik maak van handouts as wat hulle kan. Misbruik die Covid chalange tot ANC en trawante voordeel.

Pieter ·

Toe kry Bennie Boekwurm (danksy haar bril) weer pakslae, sies tog, sy gaan nooit ‘n vlinder word nie. Sy moet maar verder haar kamoefleerdrag dra, netnou merk die Hadedas haar op en word sy hulle kos sonder die bril. Die hoed sal die mad hatter van polisie kan gebruik.

ronel ·

Dis tyd dan onbevoegte ministers wat posisies slegs verkry het weens inmening en glad nie eens hul portefeulje verstaan afgedank EN aangekla word vir die skade hul onbekwaamheid aanrig ! Sy het belaglike pakket voordele ontvang om ‘n taak te verrig waarvan sy geen kennis of kwalifikasies dra nie!

Remlut ·

Baie van die mense roem hulleself op die pos titel, maar weet nie wat is die son of die maan nie. Die vlak van selfs gesonde verstand het lankal verdwyn.

JohanR ·

Wil die een nie he honger mense moet kos kry nie, maar sy vreet elke dag haar maag vol? Hoop baie mense onthou hulle 2020 honger in 2021 verkiesing.

Persheks Adri ·

Hulle gaan dit vinnig vergeet Johan, want daar gaan WEER leë beloftes gemaak word en hul glo dit elke liewe keer! Dom verby met geen brein nie

Scalla ·

Sy moes in die eerste plek nooit aangestel gewees het nie.

Jacobus ·

Dit wil voorkom dat die huidige kabaal regtig hard daaraan
werk om mense te verhonger. Wat ‘n mens briesend maak dat dié regulasies eintlik ten doel het om arm blankes te “sideline”

JohanR ·

Jy is reg Genis. Gewoonlik sien jy nie hulle domhuid nie, maar met Covid-19 moes hulle uithaal en wys,,,,,en baie ministers het net hulle domheid gewys onder druk!

MakersMark ·

Die mees patetiese ooit. Lyk of sy oppad ok bazaars toe is…..

Persheks Adri ·

Die arm en behoeftiges is mos “our people” en dis wie voordeel trek uit die situasie uit! Ek weet van GEEN blanke persoon wat baat gevind het by die voedselhulp storie nie. Hoop sy word in die pad gesteek. Hoeveel keer gaan sy stert tussen die bene loop en GEEN skaamte hê nie? Dis ‘n sirkus

Alida ·

Ja regtig CR moet nou vinnig sy kabinet skoonmaak van onbevoegde mense. Aan die ander kant het hy baie “base”. Hy is slim genoeg om die die regte mense aan te stel maar sy hande is afgekap. Kry hom eintlik jammer.

Gemaskerde Sopbeen ·

Die Kabinet sal moet begroot vir sneesdoekies om al die bloedneuse te stop.

Christa ·

Ja stem saam gee haar n bloed Bek jaag haar weg Soos wat julle moet doen met AL die ANC

Scalla ·

Is goed so, behoort skaam te kry dat n hof bepaal hul kan nie vertrou word nie.

Nico ·

Die ANC regering kan nie vir hulle mense sorg nie. Die witman word beskuldig van diefstal ens. intussen word by die witman gebedel vir kos en die wittes kry nie hulp van die ANC regering nie. Pas geboorte beperking in sodat die een ras nie so baie vergroot nie. Stop met al die toelaes vir die kinders dit is waar die groot probleem lê, die ma kry die toelaag en ouma moet na die kinders kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.