Hof wys Guptas-aansoek van die hand

Hooggeregshof in Bloemfontein (Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

Die hooggeregshof in Bloemfontein het Donderdag die Gupta-broers se aansoek deur die verdediging om die staat te verplig om verdere besonderhede in die Nulane Investment-korrupsiesaak van R24,9 miljoen te verskaf van die hand gewys.

Volgens adjunk-regter-president Martha Mbhele het die staat genoegsame besonderhede verskaf aan die Gupta-broers, Islandsite Investment, verteenwoordig deur Ronica Ragavan, Ragavan in haar persoonlike hoedanigheid en Dinesh Patel.

Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê nadat regter Mbhele haar uitspraak in die staat se guns gelewer het, met betrekking tot die afdwingbare aansoek, het die verdediging ʼn aansoek ingedien dat ʼn spesiale aantekening op die hofrekord van beweerde onreëlmatigheid of onwettigheid gemaak moet word, ingevolge art. 317(1) van die Strafproseswet.

Uitspraak is voorbehou ten opsigte van die spesiale toegangsversoek deur die verdediging.

Die verhoor is tot 23 Januarie uitgestel en op die hofrol tot 3 Maart geplaas.

Patel is die swaer van Iqbal Sharma, ʼn hoëprofiel-sakeman en vennoot van die Gupta-broers, wat ook ʼn beskuldigde in die saak is.

Sharma en Patel is van die 15 beskuldigdes wat teregstaan op aanklagte wat verband hou met bedrog by die Vrystaatse departement van landbou.

Die saak spruit uit bedrog van R25 miljoen toe ʼn lewensvatbaarheidstudie in 2011 onreëlmatig toegeken is aan Nulane Investments 204, ʼn maatskappy wat Sharma besit en bestuur het. Die maatskappy moes binne sewe maande ʼn verslag vir die departement saamstel. Nulane het egter die werk aan Deloitte Consulting uitgekontrakteer vir R1,5 miljoen. Werk wat reeds deur Deloitte gedoen is, is na bewering ook na Gateway Limited uitgekontrakteer en hulle het R19 miljoen ontvang.

Die geld is van daar af na Islandsite Investments 180 oorbetaal – ʼn maatskappy wat die Gupta-familie besit en bestuur het.

Die NVG voer aan Sharma, Peter Thabethe, die voormalige hoof van die Vrystaatse departement van landbou, Limakatso Moorosi en Seipati Dhlamini, die voormalige finansiële beampte van die departement van landbou, het saamgespan om die geld, wat vir landelike ontwikkeling in die Vrystaat geoormerk is, te kanaliseer. Die geld is aan die Gupta-familie beskikbaar gestel.

Lees meer oor die saak hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Danie ·

Wie gaan betaal vir die uitgerekte koste bevele ?Ons belasting betalers.En dit gaan nog so 10 tot 15 jaar duur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.