Hofmeyr, Petzer in hof weens ‘openbare geweld’

Willem Petzer, Devon Hofmeyr en Tewie Wessels. (Foto: Isabel Venter)

Devon Hofmeyr, Willem Petzer en Tewie Wessels het Maandag saam in die distrikshof in Groblersdal, Limpopo, op aanklagte van openbare geweld verskyn.

Sowat vyf swaar gewapende polisiebeamptes was teenwoordig toe hulle in die beskuldigdebank verskyn het.

Maroela Media verneem die vierde verdagte, Dries Olivier, kon nie in die hof verskyn nie want hy het ’n siekbrief by die Groblersdal-polisiekantoor ingedien.

Wessels, Hofmeyr en Petzer het al drie vroegoggend al met hul tasse aangemeld by die polisiekantoor waar hulle toe in hegtenis geneem is.

Luidens die voorlopige klagstaat sal hulle onder meer tereg staan op aanklagte wat verband hou met openbare geweld en die verhindering van ’n polisiebeampte in die uitvoer van sy pligte.

Die drie was op 24 Januarie deel van ʼn betoging buite die landdroshof in Groblersdal waar Piet Groenewald (63) en Stephan Greeff (27) verskyn het. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle ’n werker aangerand en na bewering ʼn veiligheidshond op hom losgelaat het.

Sowat ʼn 100 betogers, meestal van die Bittereinders-beweging, het op die dorp toegesak met die Transvaalse Vierkleur van die destydse Zuid-Afrikaansche Republiek, om hul vrylating te eis. Die optoggangers en polisielede het haaks geraak en Francois van der Merwe, ʼn leier van die Bittereinders, is in hegtenis geneem.

Die staat het Maandag aangedui borgtog sal teengestaan word.

Die drie se verdediging het egter kapsie gemaak en gesê hulle is gereed om voort te gaan met ’n borgtogaansoek omdat al drie se adresse reeds deur die polisie bevestig is.

Volgens die staat is dit nie die geval nie en moet die ondersoekbeampte in die saak nog die drie se wonings besoek om die adresse te bevestig.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Jannie ·

Dit is net so jammer dat ander blankes wat GLAD NIE deel van hul beweging is nie ook nou gesien word as 1 van hulle. En hoekom misbruik hul ‘n vorige vlag vir hul gewin? Maak jou eie vlag ou perd en swaai dit rond. Want weet jy hoekom? Hul wil verdeeldheid saai. So al asof ons nie genoeg daarvan het nie.

Henry ·

Watse loutere onsin is dit? Dat die staat mense se huise moet besoek om die adresse te bevestig? Vir enige ander doeleindes is ‘n munisipale brief dan genoeg? En verder, Isabel, hoewel ek nie met die gedrag van die mense aldaar saamstem nie is jou beskrywing van “die Bittereinders wat op die dorp toegesak het” iets wat as “gelaaide taal” bekend staan. Jy insinueer daarmee dat die mense soos aasvoëls of vlieë op iets toesak en dus dat hul in die eerste plek nie daar gehoort het nie. Onthou, op daardie stadium van die saak het almal nog op beperkte kennis van die saak gewerk. Vir hulle was hulle bloot daar om ‘n volkslid te ondersteun.

George ·

@Jannie, presies, hulle kon met die landsvlag opgedaag het inplaas van n ou vlag, hulle het goed geweet wat dit gaan veroorsaak.

Pieter ·

Sal graag wil weet van presies gebeur het, was daar enigge geweld betrokke ?
Die eff en anc , mag bokspring voor die hof, maar in die geval word hulle sommer gearresteer? Ons wonderlikke land met sy dubbelle standaarde

George ·

@Henry, om n “volkslid” te ondersteun, n moordenaar bedoel jy, n voortvlugtende wat slegs 3 jaar gesit het van sy 20jaar? Hulle het toegesak.

bolletjie blom ·

Daar is alreeds soveel haat en nyd. Julle dade het dit nou net vererger. Baie van ons is net so moeg vir hierdie rasse ding maar ons hou ons eerder maar in want anders sit jy met jou bas in die tronk.

Ina ·

Die Here slaap nie. Die 2 seuns word soos kriminele behandel. Daar word op hulle afgery en Polisie lag. Ek wonder net “Wie is die slang in die gras”

Andre ·

Kry julle baie jammer, reg of verkeerd. Ongelukkig is julle nie lede van die EFF, want dan sou daar GEEN vervolging wees! Dis tragies!

Colet ·

Ek stem nie saam met die vlae wat gebruik is nie maar defnitief met die samekoms van mense om hulle mede mens te ondersteun. Daar was voor af goedkeuring bekom vir hierdie optog en wat het gebeur… Die polisie het uit hul pad gegaan om dinge moeilik te maak. Hoekom het die polisie nie die ANC en EFF ook gekeer om die dorp in te kom met hulle optog te nie? Hoekom is die man wat een van die Boere raak gery het, waar die polisie gestaan en kyk het, nie gearesteer nie? Dubbel standaarde…

Papsak ·

Wat vir my so ironies is van die besigheid nou word drie sommer ook aan gekla en moet toe gesluit word net soos Groenewald en sy seun maar is mos wit maar die beste van als is die EFF mag doen en skree en aan gaan soos hulle wol hulle wird noks maar niks gedoen hoe dan nou werk regverdig daar is net op gekom vir ons mense EFF kom op vir hille mense nou hoe nou julle koppe clutch regtig seker weer n swart Landros dan kan jy mos verstaan hulle wil nou wys hulle kan en daai een het nie eers iets oor gekom hy kewe en nie dood nou wat nou julle is pateties klaar!!!!!!!!

Piet parys ·

Openbare geweld . Seker die grootste klug net om hulle lewens te ontwrig . STERK STAAN MANNE . Die korrupte regering het dit weereens bewys hoe pateties hulle is . ….Miskien het hulle julle gemis ????

Oujongvrou ·

Haai jinne, so dis hoekom daar nie polisie is wat kan help as daar gebel word nie. Hulle is besig om wonings te besoek van al die kriminele. Dan kry n moordenaar R500 borg. Hahahaaaa

George ·

@Piet, daai Francois mannetjie is op video gevang met geweld, meet as een keer.

George ·

@oujongvrou, presies! Piet Groenewald het 2 moorde gepleeg, landuitgevlug en toe slegs 3 jaar gesit van n 20jaar vonnis.

Danie ·

Ek hou van Tewie maar sal graag vir hom en die bittereinders n boodskap wil stuur. Tewie jy het nou die dag vir briekmerke gese julle wil julself nie skaar by die ou manne nie want ons dink ons is altyd reg. Nou wil ek vir jou se ons ou manne weet iets wat jul jong manne nie weet nie en as jy jou by ons ou manne skaar dan sou jy nie nou in arres gewees het nie. Jy bly deel van my volk en daarom sal ek vir jou en die ander bid, maar wanneer jul uitkom dan kom klop maar gerus aan by ons oumanne want ons was daar.

Oosieoos ·

Wat a klugspel klomp lafaards wat nou onskuldige mense opgesluit omdat die mense op hul reg staan binne die wet ter ondersteuning van mense wie hulle goed ken. Dan kry jy hier die papbroeke wat klip gooi maar nog nooit opgestaan het vir a saak nie net so patetiese swakkeling

Daniel ·

Aitog… nat agter die ore wil net baklei! Waar is julle self-beheersing en maniere? Sulke sogenaamde ‘boere’ wil net wys hulle is ‘sterk’, maar julle is regtig dom in julle eie krag! So jammer om respek vir julle te verloor.

ES ·

Ek voel jammer vir die manne – maar daar is ‘n les hieruit te leer. Wag eers voordat jy sommer net iemand ondersteun omdat hul ‘n Afrikaner is. Julle het ‘n man ondersteun wat ‘n krimineel is, sonder om eers die feite te bekom. Nou word julle geassosieer met die krimineel. En manne – hou op om vlae van die ou tyd te waai – julle soek mos nou vir moeilikheid!

Ek is self ‘n prokureur – en, nou vra ek julle – het julle regshulp aangevra voordat julle deel van hierdie gemors geword het? Want jou prokureur sou vir jou baie mooi en vinnig vertel het dat die ou vlae jou in die moeilikheid sou bring.

Sterkte manne, ek hoop die regter gaan regverdig wees, want die aanklaers gaan nie wees nie (en is alreeds nie).

Christina ·

As julle nie daar was nie, hoekom aanmerkings maak. Gaan kyk gerus na video’s van Willem Petzer wat daardie dag gemaak was. Sterkte aan die manne, ons bid vir julle.

Louis ·

En wat van die swarte wat tussen die boere ingejaag het met sy motor.hoekom het die polisie nie hom in hegtenis geneem vir poging tot moord nie.maar hul het eerder gestaan en lag daaroor.

Gustav ·

Wel, een ding wat Francois, Willem, Devon en Tewie reggekry het, is dat die ruggraatloses, die ontroues en die moddergooiers uit hulle gate kruip, in kritiek blaf of miaau en dan weer ewe selfvoldaan terugkruip in die bedompige ideologiese hool waaruit hulle kom.
Dis reg. Bly daar. Snik en prewel. Ons is min, maar ons het julle nie nodig nie.
Ons staan by Francois, Willem, Devon en Tewie

Rayman ·

George gaan drink jy en jou 2 boeties liebenberg en niehaus bietjie teetjies en dink verder hoe sleg julle die afrikaner kan maak, wat het jy al gedoen om die land beter te maak behalwe om swak komentaar te gee oor jou mede afrikaners. Sies man

JN ·

Sommiges sê hul mag nie met enige ou vlag opdaag nie? Nê, Sê wie? Die land is al klaar so kommunisties opgeneek onder die Anc dat selfs die geindoktrineerde blankes hensoppers sê nee, nee hul mag nie dit doen nie, hoe der waag jy jou opinie lig as blanke in Suid Afrika?
Hoe kan jy as n blanke saam stem met jou eie onderdrukking onder die huidige stand van sake?
Ek kry so skaam vir die spesifieke lafhartige sogenaamde Afrikaners.
Maar ironies genoeg hul eie blanke regte en reg tot vrye spraak as blanke word vertrap en vermorsel! Maar hul sê bly stil?
Lafharte!Waai die ou Repupliek van Suid Afrika se vlag en jy is n rassis, waai die vierkleur en jy is n probleem maker..
Nee man soveel skeinheilige lafharte..
Wat beteken die nuwe landsvlag nie behalwe onderukking van blankes met rassistiese ondertone van payback for wayback en totale verval van alles nie!
Dit is eintlik hartseer die verval…

Woes ·

@JN wat het die oranje blanje blou vir die meerderheid van die land beteken ?

Casper ·

Ja ,as hierdie manne in die regte oorlog was op die grens waar daar bomme om jou geval het,jy voortdurend moes uitkyk vir landmyne en jou vyand in die gesig staar voor jy hom doodskiet dan sal hulle besef dit was alles pure verniet want ons is op die ou einde deur ons eie leiers verraai.

Gaitsigubib ·

Piet Groenewalt is volegens my kennis generaal Tienie Groenewalt se seun. Dit is dus nie vergesog om te glo dat hier politiek betrokke is nie. Volgens sy weergawe van gebeure het hy die 2 mense uit selfverdediging doodgeskiet en een gewond. Ek verstaan op daardie punt in 1990 was hy in die sekuriteit besigheid. Die getuies was volgens my swak maar 2 lyke het Groenewalt se lot bepaal. Uiteraard moet sy verlede in ag geneem word in hierdie saak maar die res dui op n heksejag en niks anders nie. Die bokshombende het meer twak aangevang as hierdie mense. Alles skreeu ten hemele van dubbel standaarde.

piet ·

Die jong manne moet dalk vir oom Julius vra of hulle nie aan een van die effers se betogings kan deelneem nie sodat hulle kan leer hoe om met die polisie te werk in daai omstandighede. Ek skryf hul protesprobleme toe aan onervarendheid.

René van Hermanus ·

Ek ruik ‘n rot hier. Hoekom nou skielik hulle aankla nadat sekere mense daar verskyn het en probeer septer swaai het?
Staan STERK Willem, Tewie en Devon. Hier is onderduimse dinge teen julle. Ons staan by julle.

piet ·

ES – Een van die voorramme in die optog was ‘n afgetrede prokureur as ek dit nie mis het nie…

Jan Jacobs ·

Woes, n infrastruktuur wat gewerk het, genoeg skole, skoon hospitale, n spoorweg net werk wat reg gewerk het, meer werksgeleenthede en geen beurtkrag.

Nicky ·

Rayman ek stem saam jou en die ander ons het nie die modder gooiers nodig nie

Tsek! ·

Tipira Afrikaner – ipv saamstaan veroordeel eerder die wat iets probeer doen – of hoe Joiner Jannie?

Gaitsigubib ·

Ek het ook jou vorige vrae aan my probeer antwoord, George. Op jou vraag of ek anders sou redeneer oor n plaasmoord, se ek beslis Ja. Tydens n plaasmoord is iemand mos vermoor? Plaasmoorde gaan gewoonlik gepaard met onbeskryflike geweld op weerlose mense. Hierdie hele hekseja kom na n beweerde aanranding. Ek moet se dat ek egter nie baie beindruk was met die snytjie op die man se been nie. Ek sien geen ooreenkoms tussen dit en n plaasmoord nie.

WynandM ·

Sterkte manne, jammer julle word so onregverdig behandel in ‘n verkiesingsjaar vir politieke doeleindes. Wat maak dit nou saak watter vlag hul gebruik het?!

Anci ·

Rasse verdeeldheid word deur politici aan alle kante gedryf vir eie gewin om hul retoriek te steun. 95% van Suid-Afrikaners is verdraagsaam teenoor mekaar se verskille en behandel mekaar met respek. Tog vanaf die politieke verhoë en media word ander prentjies geskets.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ou ZAR en later Transvaal is begrawe. Die Bittereinders beskik nie oor die vermoë en kennis om Oom Paul se verlede te laat herleef nie, met of sonder ‘n vlag. Afrikaners daar is ‘n minderheid op ‘n vervalle en sinkende skip wat nie gered kan word nie. Die jongmans moet diep dink oor die pad vorentoe en eerder help om Orania op te bou. Gate en slote grou is beter as om met SAPS lede te stoei.

Gerhard ·

Die jong manne gee my hoop vir my volk . My volk is nie dood nie hy lewe en met hulle kan ons die toekoms ingaan

piet ·

Jan Jacobs, jy kan nie infrastruktuur en dienste tydens Apartheid met nou vergelyk nie. Feit is dat 80% van die hulpbronne daardie tyd gebruik is vir blankes wat slegs 10% van die bevolking beloop. So met die blankes het dit klopdisselboom gegaan terwyl die res moes krepeer van ellende. Die koek is nou baie groter om regverdig verdeel te word. En net om ‘n voorbeeld te noem, gedurende Apartheid het minder as 50% van die bevolking elektrisiteit gehad.

popsa ·

Ja, René. Jy ruik sekerlik reg. Maar elke rot kry sy dag. Só kom al die verborge agendas aan die lig en die ware kleure en geure kom glashelder tevoorskyn. Mens word mos geken aan jou vriende…
Terselfdertyd raak bitterbekke, joiners en die beste stuurmanne aan wal vele dwaashede kwyt. Maar Jan Celliers het gesê hy hou van ‘n man wat sy man kan staan. Bitterlik min van diésulkes oor vandag. En goud moet dan op die geleë tyd getoets word. In die vuur. Ware goud sal dit beslis maak. En wyser en suiwerder en kragtiger anderkant uitstap. Gideon met sy driehonderd krygers het.

Jacobus ·

Ek hoop al hierdie manne kan hul onskuld bewys dan dagvaar julle die rook uit die staat uit.

Theuns ·

Dit is vir my altyd hoe die sogenaamde “ons was daar” geslag die mees neerhalende kommentaar op ons jong seuns te lewer het, wyl hulle die brawe “browns” was wat die land in 92 alreeds in die hande van onse volk se vervolgers oorgegee het sonder enige vorm van stryd, optog of vlag. Daar is reded dat vandag se jongmanne vir julle lag en nie ‘n druppel respek het vir julle nie. Julle grens mentaliteit werk nie in SA nie. Slegs verset soos wat Willem en kie bied gee vir ons hoop. As julle ‘n bydra wil lewer gaan wys vir ons “julle was daar” sommer môreoggend by Groblersdal, maar julle is vreeslik braaf op die kommentare. Daar is vanaand moeders wat rou oor hulle brawe seuns wat opstaan in ‘n nuwe SA wyl die breebors lam knieë vorige geslagte tevergeefs kommentaar lewer tot die dag van hulle eie begrafnisse. Jy hoef nie met alles saam te stem wat hierdie jongmanne doen nie, maar ek herinner julle ons eie mense het vir Jopie Fourie ook tereggestel en ‘n 100 jaar kater kyk ons terug met spyt. Julle eie kinders, kleinkinders en agterkleinkinders gaan ook met nyd en spyt omsien na wat julle nou doen. Groete en seënwense.

Paul ·

Ai ou Piet onglukkig word die koek nie gedeel grootste deel van koek gaan na kaders en hulle mense kry ook net gedeelte van die krummels

Jan Jacobs ·

Piet jy bly in lalla land, al die swart woongebiede, letwel nie plakerskampe nie het krag en lopende water gehad. Hulle het hulle eie tuislande ook gehad wat ook goed toegerus was.

Gaitsigubib ·

Piet ek dink jy sien die verlede uit die oe van n mens wat niks vir homself wil of kan doen en seker ook in die toekoms sal aanhou om alles met n goue lepel te verwag. Dis waar dat die Afrikaner opgetree het in sy eie belang. Wat onwaar is is dat alle nieblankes so “gekrepeer” het. Die tuislande het enorme tax voordele gehad as jy n besigheid daar sou begin en blankes het die rekening daarvoor betaal. Toe niemand daardie voordele gebruik nie toe steek Sol Kersner maar sy hand op. Die Boere het eers behoorlik onder die jeuk van armoede en lyding gekom tussen 1948 en 1961. Vanaf die 60’s het hulle miljoene bestee om die tuislande te ontwikkel. Dit was allermins perfek en ek verstaan sommige klagtes, maar mens kan ook nie tot in ewigheid ander beskuldig vir jou eie ellende nie. Wat het dit alles in elk geval tedoen met mense wat sonder enige rede in die tronk gesmyt is?

B ·

Die oneweredigheid van die staat se reaksie op hierdie drie mense se optrede is kommerwekkend. Dieselfde oneweredige, hardhandige optrede was tydens die Senekal betogings gesien.
Daar word ń duidelike boodskap aan minderhede gestuur: die meerderheid kan wegkom met moord (letterlik en figuurlik), maar jy, minderheid, jy sal die volle hand van die gereg ervaar as jy een voet misplaas.
Ek dink daar is ń duidelike vrees van die regime (en die regime se ondersteuners in die buiteland) vir ń Afrikanervolk wat teen hom mobiliseer. Die lesse van die tweede Vryheidsoorlog mag dalk uit ons geskiedenis klasse geneem gewees het maar die regime weet steeds van die gevaar.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die feit dat kerke, die VF Plus en Solidariteit nie betrokke is nie sê baie.

EkJokeNet ·

Sou gedink het hierdie mense sou iets geleer het uit die Senekal optog in 2020

piet ·

Kan iemand vir my verduidelik wat die punt is om die ou vierkleur rond te swaai? Ek bedoel wat het dit met die huidige demokrasie te doen, die boere republieke bestaan nie ers meer nie. Wil die bitterpille hierdie republieke terughe?

Kloekie ·

Waar was die swaar gewapende polisie beamptes toe die moordenaar/verkragter/ontvoerder ontsnap het terwyl hy die dieetkundige besoek in mamelodi hosp?
Get your priorities straight!

Oupa Avril ·

Gustav ek stem ???? saam met jou. Hierdie klomp slap ruggraatlose mense wat nou sulke opmerkings maak, het geen trots vir hul volk of kultuur nie. Hulle gaan die eerstes wees wat hulle broekke bevuil as die massas optrek teen die blankes. Sit maar op julle rusbank ek kritteseer die mense. Niemand het julle nodig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.