Hond dood, nóg een kritiek ná bye-aanval

Leah die Labrador is nog in ‘n kritieke toestand nadat bye haar aangeval het. (Foto: Verskaf)

ʼn Gesin van Westonaria in Gauteng moes met groot hartseer van een van hul honde afskeid neem, nadat ʼn swerm bye die honde Donderdag aangeval het. Een van die honde is steeds in ʼn kritieke toestand in ʼn dierehospitaal.

Maryka Willemse (23) het Donderdagmiddag van die skool af teruggekom waar sy skoolgee en een van hul hondjies in die voorste deel van die erf aangetref. “Ek kon nie verstaan hoekom sy daar was nie en het gedink die hond het seker maar oor die muur gespring. Toe ek in die agterplaas kom, sien ek die ander drie honde word aangeval deur ʼn swerm bye,” vertel sy.

Willemse, wat saam met haar ma en ʼn ander familielid in die huis woon, het die honde probeer help en is self in die proses gesteek. “Ek het met die twee groter honde, twee Labradors, veearts toe gejaag. Die twee kleiner hondjies, ʼn bokkie-hondjie (miniatuur-Dobermann) en ʼn Jack Russel, het gaan wegkruip en ek kon hulle nêrens kry nie.”

Die Jack Russel, Sandy (hooffoto), het intussen aan haar wonde beswyk. Leah, een van die Labradors, is nog in ʼn kritieke toestand by die veearts. “Ons weet nie of sy dit gaan oorleef nie. Die Labradors is nog maar sewe maande oud en het nie mooi verstaan wat met hulle gebeur het nie.”

Willemse sê sy skat daar was nagenoeg 200 bye wat die honde aangeval het. “Die bye kom uit ʼn skoorsteen aan die bure se huis. Ons het al gekla oor die bye, maar hulle doen niks daaraan nie,” sê Willemse.

Sy sê die gesin vrees nou dat die bye hulle of die honde weer sal aanval en het dus mense ingeroep om die bye te kom uithaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Veerpyltjie ·

Regtig ‘n klomp swartgallige klakouse! Waarvan wil julle lees? Slaan die berigte wat jy nie wil lees nie oor, so maklik soos dit! My simpatie is by die arme hondjies en hul eienaars…….

Anna ·

Ai, so jammer oor al die negatiwiteit. Julle sou seker gelukkiger gewees het as dit weer een of ander politikus se skandes was. ???? Maryka, ons is dankbaar dat jy nie meer bysteke gekry het nie. Ons is diere-mense en ons harte huil saam met julle oor die verlies van n hondekind. Is die bokkie hondjie darem ok? Sterkte en ons hoop Leah word gou beter.

Charms ·

Anna baie dankie ja sy is en Cooper die ander Lab hul by huis.

MK ·

Die geel en swart gestreepte wasp bye is n indringer spesie van Australie, en baie aggressief.
Hulle maak neste in/onder dakke pype ens. As dit warm is gedurende die dag is hulle baie aktief en soek dan water en insekte. Soggens voor sonop sit almal rondom die nes, dit is dan wanneer ons hulle gif spuit en die neste afhaal. Ek is al verskeie kere gesteek, dit brand erg, so kan my net indink as n klomp van hulle op n hond moet toesak. Hulle kom weer terug en herbou die nes, as jy nie almal bymekaar kan doodmaak nie.

Charms ·

MK baie dankie vir die inligting ek het die bure gevra om daai skoorsteun te seel, hierdie het ons baie hartseer en verdriet gegee dan praat ek nie eers van uitgawes maar ons sal enige iets doen vir die waarvoor ons life is as gesin.

Jo ·

Shame, so sad. Hulle is pragtig, ek hou hulle en julle in ons gebede, hoop regtig Leah maak dit, sy pragtig. Sterkte

Wanda ·

Agge nee, so jammer om te hoor. My jack russel/ worshond hondjie was gesteek deur 1 by ruk terug en haar hele gesig het opgeswel, moes haar veearts toe vat vir kortisoon inspuiting en allergex pille., Ek het groot geskrik, so kan net dink hoe erg dit moet wees om n hond se te verloor shame

anton ·

Jy se jy skat 200 bye het hulle getakel……..
Ek dink nie dit is moontelik om n swerm bye te kan tel nie…….
Swerms kan duisende wees. Se maar net.

@anton ·

Al gehoor van “figure of speech”? Baie jammer om te hoor van julle verlies en sterkte vir Leah

PJC ·

Ek dink hierdie was gewone heuningbye. Hulle kan baie aggresief wees. Perdebye of wespe kom nie in sulke groot getalle voor nie. Ek is al deur albei gesteek en ek dink nie ń perdeby kan sommer iemand se dood veroorsaak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.