Honderde skole loop onder vandale deur

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn Totaal van 397 skole het sedert die instel van die landwye afsondering onder vandalisme deurgeloop.

Dit sluit in inbrake en die buit van duur toerusting asook die afbrand van skole.

Die departement van onderwys het die afgelope drie weke gevalle van vandalisme in verskeie provinsies aangemeld. Daar is reeds 73 skole in Mpumalanga gevandaliseer en 67 in Gauteng. Altesaam 57 skole in die Wes-Kaap, 55 in Noordwes, 39 in die Noord-Kaap en 34 in KwaZulu-Natal het ook al sedertdien onder vandalisme deurgeloop. In die Vrystaat is 16 gevalle aangemeld, gevolg deur die Oos-Kaap met 26 gevalle en Limpopo met 30 gevalle.

Die algemene teikengebiede in die skole is die administrasieblokke en voedingsentrums om rekenaartoerusting en voedselitems te steel.

Angie Motshekga, minister van onderwys, het die voorvalle van vandalisme, inbrake en verwoesting by skole in die onderskeie provinsies ten sterkste veroordeel.

Sy het die inhegtenisneming van 44 verdagtes in verband met inbrake en vandalisme by skole in Gauteng verwelkom. Twee verdagtes is ook intussen vasgetrek in verband met inbrake by skole in KwaZulu-Natal.

Sy het die polisie geloof vir die harde werk wat hulle verrig om die skuldiges vas te trek.

“Dis teleurstellend dat kriminele elemente in ons gemeenskappe die infrastruktuur, wat behoorlike ruimtes vir opvoeding moet wees, van hul eie kinders verwoes. Ons sal toesien dat elke skuldige vervolg en vasgetrek word sodat geregtigheid kan geskied,” het Motshekga gesê.

Die departement moedig die gemeenskap aan om die polisie steeds in kennis te stel van enige misdrywe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Die Wolf ·

Met hulp van die gemeenskap(buurtwagte) so u die % baie laer gewees het. So kry vir julle.

johanf ·

Stem 100%……wag tot woonhuise geteiken word, ek kry die alleen blywende oueres jammer….

AmY ·

As jy nou reeds nie respek het vir ander se goed nie, sal jy nóóit ooit respek hê vir enigiets nie.
Nie vir jou meerdere of mindere nie.
Nie vir jou baas nie.
Nie vir jou ouers / skoonouers nie.
Nie vir jou vrou nie.
Nie vir jou kinders nie.
Nie vir gesag of enige wette nie.
Nie eens vir jouself nie.

Rodger17 ·

Wie is te bedank?Cele en cyril!Kry vir julle!Gaan bedel sommer weer by china

Boortor ·

Kry vir julle!! Sommer hande en streepsakke vol! En moenie my vra of ek weet wie dit gedoen het nie. Cele se cowboys sal GEEN hulp van my kry nie. Al weet ek. Ek is nou sienende blind tot cele homself verwyder.

Sarel ·

Amy… dankie een van die beste kommentare wat ek lank tydcgelees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.