Hooggeregshof besluit nou oor Senekal-man se borgtog

André Pienaar (51) tydens die betoging buite die hof op Senekal.

André Pienaar, ʼn sakeman van Senekal, het hom nou tot die hooggeregshof in Bloemfontein gewend in ʼn poging om op borgtog vrygelaat te word.

Pienaar staan tereg op aanklagte van openbare geweld, aanhitsing tot geweld en poging tot moord.

Hy is in hegtenis geneem nadat chaos by die Senekal-landdroshof uitgebreek het waar twee mans in verband met die moord op Brendin Horner verskyn het.

Horner, ʼn 21-jarige plaasbestuurder, se liggaam is op ʼn plaas in die omgewing van Paul Roux gevind nadat hy wreed daar vermoor is. Twee vermeende veediewe, Sekwete Mahlamba en Sekola Matlaletsa, is ná sy dood in hegtenis geneem.

Talle mense het tydens dié twee se hofverskyning na die hof opgeruk en ʼn polisievoertuig is omgestoot en het aan die brand geraak, terwyl skade ook aan die hofgebou aangerig is.

Ilanie Oberholzer, Pienaar se regsverteenwoordiger, het bevestig dat sy aansoek om appèl teen die landdroshof se besluit om sy borgtogaansoek van die hand te wys, Donderdag in die hooggeregshof aangehoor word.

Pienaar moet weer op 20 November in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Aai ·

Andre die staat is bang jy weer in Senekal more so hulle sal jou nie maklik borg gee.Sterkte

Anon ·

Ag toe, asof borgtog met voorwaardes nie toegestaan mag word nie. Ons almal weet waaroor dit eintlik gaan.

Persheks Adri ·

Nee!!!

Die regering sal mos nou ‘n voorbeeld van hom maak. My vraag bly steeds:

Hoekom word Malema en kie nie toe gesluit vir die skade en petrol bomme by Clicks nie??? Plus al sy ander oortredings… O ja, hy’s mos bo die wet met sy rassisme en haat spraak!

gatgogga ·

Ek dink hy is bo die wet DANKSY sy rassisme en haatspraak.

Kokerboom ·

Dis ‘n siek sage en onverbloemde rassisme aan staat se kant. ANC wil ‘n punt maak.

Maggies ·

Hulle gáán ‘n voorbeeld van hom maak om ons ander te waarsku.

Cornelius ·

Dis blatante rassisme. Hy het niemand vermoor of aangeval nie maar alles word nou gedoen om hom agter die tralies te kry vir n lang period want hulle is bang vir hom.

Aai ·

Ons wat nie veel van apartheid weet sal nou maar moet deurloop.

Aai ·

Dat ons nie so lekker lewe vandag het soos in die apartheid se tyd en bewys my verkeerd?

Andre ·

Dit is sleg ne.Die enigste manier vir hom om nou ‘n regverdige verhoor te kry is as hy meskien per toeval ‘n wit regter kry wat reg aan die arme man kan laat geskied.Die hele regstelsel is nou by ‘n punt waar dit nie meer saak maak wat die meriete van jou saak is nie maar eerder wat jou RAS is.Wat het gebeur in die eens mooi SA wat ‘n voorbeeld vir baie ander lande was ? Die ANC.

Nie Verbaas ·

Sy borgtog word nie toegestaan nie, tog aan moordenaars word borgtog sonder denke toegestaan.

Magda ·

Poging tot Moord – Julle het nog niks gesien as dit dalk of dalk nie eendag uitbreek.

Jaco ·

Presies wat het hy gedoen? Het iemand hom iets sien verkeerd doen?

Maggies ·

Blykbaar ‘n vroulike polisie aan die keel beetgekry. Wil die bewys egter sien voor ek dit glo. Hofgeboue behoort kring televisie te hê.

Aai ·

Dit is op video waar hy haar wegstamp die polisievrou het seker die res vertel.

Anet ·

Kan julle asb. meer spesifiek wees as julle sê Donderdag? Is dit vandag of volgende week?

Mossel ·

Die artikel net na hierdie een is van n polisieman wat n pick en pay bestuurder teen grond vasdruk erg slaan , dat n ander polisieman hom moet aftrek van die slagoffer in reigerpark.. maar hy moet in hof verskyn op aanklag van aanranding? Waar is HIERDIE poging tot moord klag dan.. ??? Waar kom die klag van poging tot moord dan vir senekal boer ??? Rasistiese regering terrosriste !

Herpiet ·

Hulle se Andre het die selle aan die brand gesteek terwyl daar gevangenis in was. Glo nie daar is bewyse nie

Hennie J ·

Die aanhoor van die uitspraak was werklik kommerwekkend vir my as witman. Die
magistraat het ook gestotter en gehakkel tydens die lees van die uitspraak, tot so n mate dat ek twyfel of dit hy was wat die uitspraak geskryf het. Kom ons vertrou dat n Regter tot n meer logiese gevolgtrekking sal kom.

johanf ·

Sterkte, ons bid dat jy borg sal kry, onder meer, sommer alle klagtes teruggetrek word…..

Cindy ·

HIerdie saak is ‘n goeie voorbeeld van hoekom die doodstraf nooit nie kan terug gebring word in hierdie kommunistiese land van ons nie!

Natasha ·

Die kriminele kan petrol oor die boere gooi en hulle met messe steek en word aangekla vir roof, maar ‘n boer wat nie eens ‘n wapen uitgeruk het nie word aangekla van poging tot moord? Onthou net dat die hof nou ‘n persepsie skep van hoe daar teen enige geweldadige optogte voorentoe opgetree gaan word en dis insluitend die EFF.

Wakkerslaper ·

Dit is duidelik dat die terroriste regime ons regstelsel gekaap het en dit nou inspan om ons Boere by te kom. Ek hoop u apel slaag Mnr. Pienaar maar ek sou nie my asem ophou nie…

david ·

Pres Ramaphosa is gister aangeraai om twee REGTERS af te dank…..hy kan gerus na ‘n hele paar magistrate se name kyk….Buthi Mlangeni kwalifiseer definief…..en ook ‘n hele paar ander…!

Cecilia ·

Ek kyk na d foto en ek sien nie eers n wapen aan d man nie. So hoe en wie se lewe het hy nou bedreig?
D SAPS gòoi skok granaat tussen vreedsame betogers in en jaag weg. Maar daar word nie eers na hulle gekyk nie. N Kasper jaag op n onskuldige vrou en haar kinders af maar niemand se n woord nie.
Onse eie ou Malema rand n SAPS lid aan en loop nog steeds vry rond en word toegelaat om haatspraak en geweld aan te moedig.
Is ou Cele bang vir Malema? Of is Malema nog op ANC payroll?

BABSIE ·

wat my woedend maak is die feit dat toe Mnr Pienaar nie borgtog toegestaan is nie en sy vrou begin huil in die hof, die polisiemanne (ek sal nou maar nie kleur noem nie) vir haar begin lag het!!!!

Servaas ·

Dit is absoluut duidelik dat daar van hom n voorbeeld gemaak word om die blanke mense in toom te probeer hou.

Anon ·

As die een beskuldigende in die Brendin Horner saak na 16 arrestasies vry rond kon loop wil ek graag weet hoe die staat sy kriminaliteit 16 keer oorgesien het. André Pienaar het die reg tot borgtog nes enige ander persoon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.