Huiseienaar steek ‘inbreker’ met mes dood 

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Huiseienaar van Bethelsdorp in die Oos-Kaap het verbete teruggeveg teen twee mans wat sy huis binnegedring het en het in die proses een van die mans noodlottig gewond.

Die 55-jarige man en sy vrou was Vrydagaand omstreeks 21:00 in die kombuis besig in hul huis in Greenfields toe hulle ʼn harde gehamer aan hul voordeur gehoor het,” het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Twee mans was buite die deur en het daarop aangedring om toegang tot die huis te kry. Die eienaar het hulle toegang geweier, waarna hulle die deur en ʼn venster begin oopbreek het.”

Die twee mans het die huis binnegekom en ʼn geveg het tussen die eienaar en die verdagtes, wat met ʼn mes en ʼn panga gewapen was, uitgebreek. “Die verdagtes het glo gedreig om die eienaar met die mes te steek, waarna hy homself met ʼn mes bewapen het om hom en sy vrou te beskerm.”

Een van die verdagtes, ʼn 19-jarige man, is tydens die geveg met ʼn mes in die bors gesteek en is op die toneel dood. Die ander man het hierna weggehardloop. Die oorledene is intussen geïdentifiseer as Luthando Ndude, ʼn buurman van die huiseienaar.

Volgens Naidu is die ander verdagte se identiteit bekend, maar is hy nog nie in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord teen die huiseienaar en ʼn saak van huisbraak teen die verdagtes.

“Die huiseienaar is nie in hegtenis geneem nie en sodra die ondersoek afgehandel is, sal die saak na die direktoraat vir openbare vervolging verwys word om te besluit of die huiseienaar aangekla gaan word.”

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Muffin ·

Hoop regtig nie die huiseienaar word vervolg nie. Baie braaf gewees. Die inbreukers was gewapen en moet ook aangekla word vir poging tot moord op huiseienaar en sy vrou.

Arno Scheepers ·

Uitstekend MENEER. Jy het jouself en jou vrou beskerm. Hoop jy is ongedeerd en mag die trauma gou vergete wees.

Ivana ·

Hoe kla jy iemand aan wat homself en sy vrou verdedig teen die blikskottels. Wat het hulle in sy huis gesoek – ingebreek en gewapen. Hu het gekry wat hy verdien het, dit was of hy of die eienaar en sy vrou

Get him ·

Die man het net homself verdedig. Wat wil die gereg hê moet ons doen as twee mans met mes en panga jou wil aanval, in jou huis? Dan is daar nog die vrees dat jou vrou verkrag kan word, dink hulle mens moet met hulle redekawel en hulle smeek? Die man het ook nie beplan om te moor nie en heel moontlik geen vorige kriminele klagtes teen hom nie. Nee wat, self-verdediging en dis dit. Voorspoed meneer. Dit kan met enige een van ons gebeur en dan moet mens deur soveel onnodige stres gaan.

Outoppie ·

Selfverdediging en nou het hy sommer moord gepleeg. Wat soek hul in sy huis

Stormjaars ·

Die klag van moord is standaard. Die saak sal dan bevestig dit was noodweer. Geen tronk geen rekord.

Willehond ·

Hoekom inbreker in aanhalings tekens? Hulle het mos ingebreek? Of noem ons dit deesdae vriendelike gewapende gaste?

Kolle ·

Rowers word ook ‘rowers’. En alles is skynbaar of klaarblyklik, huisbraak as hulle wapens gebruik het en almal is na bewering vermeende ‘oortreders’…

sons ·

Presies wat ek ook wou weet.Hulle breek die deur af maar word “inbrekers”,genoem.Miskien sou “voornemende moordenaars”meer vanpas gewees het.

Abe ·

Willehond +sons,
Die huiseienaar SE hulle het ingebreek, maar is dit so? : Moontlike scenario: huiseienaar nooi buurman en maat oor vir potjie brug teen hom en sy vrou. Gesellige aand, hulle besluit om vir geld te speel. Gedurende die verloop van die spel kom die huiseienaar agter die buurman kul. ‘n Woordewisseling ontstaan. Dit ontaard in ‘n geveg en die huiseienaar steek die buurman dood met ‘n mes. Die maat vlug. Huiseienaar en sy vrou besluit om n leuen te vertel om sy bas te red. Hy breek die deur af, bel die polisie en se hy het n geveg gehad met twee inbrekers en het een (buurman) in noodweer gedood.

Onnie ·

Wag eers voor julle di ou n bells gee. Iets klink ni reg ni, di inbreker was sy buurman.???

Chris Ws ·

Dis irrelevant.Dit kon ‘n familielid ook gewees het.’n Inbreker is ‘n inbreker ongeag.

Cherokee ·

Heeltemal reg, Onnie. Inbraak was dit wel, maar waarskynlik nie terwille van roof nie.

Johan ·

Die landswette is net absoluut belaglik! Sterkte aan die huiseienaar, hy het reg gedoen. Ek bid jou alle seën toe.

Zoro ·

Jou woning is die plek waar jy die veiligste moet wees uit alles en almal se pad – dan kom dié tipe rampokkers en bedreig jou veiligheid – nou moet jy hel deur gaan om nog aangekla te word omdat jy jou gesin en eiendom beskerm. Pure twaak – kla die eienaar danaan vir straflose manslag en kla .

Neels ·

Nee die een misdadiger het aan beweeg en die ander een gaan staats getuie word. Die huis eienaar moet aangekla word want hy het n beskermde spesie uit die samelewing gehelp

James ·

Saak van moord teen eienaar??? So mens moet eerder stil staan en laat die aanvalers n saak van moord kry. Huis inbraak??? En nie gewapende huis in braak nie. Wel all is lost met die land.

Ella ·

So, dit tel nie dat hulle die huis met geweld ingekom het en hy homself en sy mense verdedig het?
Die regstelsel in die land is net so siek soos die regering.

Cherokee ·

Natuurlik tel dit Ella. In sy guns.
Julle mense verwag dat die polisie net die huiseienaar se storie glo en die saak afsluit sonder enige ondersoek. Dìt is juis wat siek sou wees, as die stelsel gewerk het soos julle wil hê dit moet werk. Wie sê die huiseienaar vertel die waarheid? Wie sê wat hy vertel is die volle waarheid? ‘n Halwe waarheid kan ‘n blatante leuen wees. En miskien is dit wel die waarheid, maar ten minste moet dit bewys word.

Kas ·

Daar moet ‘n moord dossier ge-open word maar cie staat sal nie vervolg nie.Dit was noodweer.Slegs ‘n nadoodse ondersoek sal gedoen word.Mooi so ou grootte.Baklei terug.

Meisie ·

Ag jinne as nog 1 persoon se hulle was nie daar vir koek en tee, braak ek. Dis nou regtigwaar al afgesaag.

Cherokee ·

Daar is vele sulke rympies wat gespoeg en plak word, Meisie. Daar is heelwat meer daarvan waaroor ek voel soos jy beskryf.

EksienBraaksel ·

Ek neem aan hulle was nie daar vir koek en tee nie?

Chris Ws ·

Knap gedaan!Dis ‘n inbreker wat nie weer sal inbreek nie.Sy maat sal volgende keer tweekeer dink.

Selfverdediging ·

As hy n sker gebruik het, soos die skoolseun wat n ander skoolseun doodgsteek het, was hy onskuldig! Dan het hulle gespeel, nes die skoolseun!

Liz ·

Nee jinne regtig!! Wat beveel hulle HULLE wil IN Sy huis inkom, SY mense dreig !met panga en mes????? Dan word een van hulle (oortreeders) gesteek in eiuenaars se huis, Sy veilige hawe waar hy niemand pla nie, en hy moet nou aangekla word????
Dis sommer a simpel storie finis en klaar !!!

Katie ·

Die aanhalingstekens in die opskrif sou korrek wees indien die inbreker
nie regtig ‘n inbreker was nie. Dit is taalkundig verkeerd om dit te gebruik om ‘nog nie offisieel skuldig bevind) te insunieer nie.

Miekie ·

Hierdie is nou rerig te erg vir my. Hoe kan die eienaar van moord aangekla word as 3 mans die deur afbreek en met eienaar begim stoei met messe en ‘n panga. Hulle was in sy huis want hulle het die deur afgebreek. Dis omdat al die skurke en boewe met moord wegkom en die eienaars hulle self verdedig dat SA is waar hy is. Groot gemors

PeetVos ·

Hoe in die lewe kan ‘n saak van moord teen die huieienaar ondersoek word?
Hierdie is selfweer. Die man het sy en sy vrou vir wie se lewens hy gevrees het, probeer beskerm? Dit is is belaglik!!!

Abe ·

Peet Vos,
Een scenario (wat ondersoek kan word) : Buurman en maat kuier by huiseienaar se vrou terwyl hy uithuisig is. Hy kom onverwags tuis en betrap buurman by sy vrou. Hy vererg hom vir die buurman en steek hom dood met n mes. Die maat vlug. Huiseienaar breek die deur af. Hy bel die polisie en se dat hy met twee inbrekers baklei het en een in selfweer doodgesteek het. Intussen sweer hy die vrou die dood voor oe dat sy sy storie moet bevestig.

Swanna ·

Ek stem met onnie. Wag vir die res van die storie wat nog gaan volg Hierdie is nie ‘n gewone huisbraak nie. hier is iets agter diè storie.

Piet parys ·

Wel hulle was inbrekers . As my buurman met n mes en panga by my aankom en breek in nadat hy vir my gese het ek moet oopmaak sou hy ook beslis nie eers binne in my huis gekom het nie . Dink daar was kwaai buurmanskap betrokke.

Koos de Meyer. ·

Man hy kan maar probeer om my deur af te breek as ek in die huis is. Ek sal nie ‘n mes gebruik om my self te verdedig nie. Ek weet nie hoeveel van die inbrekers gaan lewendig daar uit nie.

Abe ·

Swanna,
Jy en Onnie is heeltemal reg. Lees my antwoord aan Peet Vos (hierbo) vir n moontlike scenario.

Dassie ·

In ‘n saak waar die “moord” uit noodweer gepleeg is bv. Self defence is dit standaard om ‘n Geregtilike Doodsondersoek te open, nie Moord nie.

Ongebuurtes ·

Dit is juis oor hierdie tipe bure wat ons Afrika verlaat het en nou in ‘n veilige, netjiese, skoon en beskaafde land woon waar die bure net soos ons lyk. Julle sal maar na die ankerdorpe moet trek en hoop die hordes bure trek nie saam nie.

Niklaas ·

Ek is maar bly ek het nie sulke bure nie. (Wel, nog nie ). Hulle het nie toegang tot die huis probeer verkry vir tee en koekies nie.

Chris ·

Niklaas daai tipe bure is onder die bleekvelle ook . Ek het noodgdwonge jare terug vir n paar maande langs sulkes gebly en kon maar net my kop skud vir hulle gedrag . Omtrent doid Hugo bel die polisie storie wat onlangs die rondte gedoen het

Francis Linström ·

Ons regstelsel is lagwekkend. Die inbrekers gewapen met panga en mes word aangekla vir inbraak terwyl die persoon wat homself en sy vrou verdedig aangekla word vir moord. Meer agterstevoor kan dit nie wees nie.

Willem Grobler ·

Dis tyd dat hulle ‘n wet maak om messe te lissensiëer – die goed is gevaarlik man!

Susan Kruger ·

Hkm as ons terug baklei is daar altyd issues van skuldig wees? Se gat hy het n goeie job gedoen wat goed is vir die een is goed vir die ander. Tyd dat ons begin opstaan

Sussie ·

So die “inbreker” klop eers aan jou deur wetende dat jy tuis is en wag dat jy oopmaak. Jy maak nie oop nie en hulle breek die deur af. Klink maar vreemd vir my????

Abe ·

Sussie,
Bly jy eet nie alles vir soetkoek op nie. Die storie bly vir my ook maar snaaks.

Tinus ·

Sal myself en gesin ook beskerm, hulle teiken die 50 plussers. Maak nie saak wie nie, n ou by my huis inbreek het hy alle wette oortree en dan sal ek intree …. genoeg is genoeg.

Michael P ·

Oooooo by die verkeerde huis ingebreek. Well done. Huis eienaar.

Thinette ·

Sover ek al gelees het kan jy nie tronk toe gaan as jou of iemand in jou huis se lewe in gevaar is en hulle wappens het nie en soos hul se die mans was gewapen en het bevestig hul gaan die eienaars vermoor. Kyk dis nou hoe die land van ons is , sy eie buurman wat dit doen. Hoop die slapgat word gevang en die oom bly vry want dis self verdediging.

Heksie ·

As my buurman deur die venster breek om by my uit te kom gaan ek hom definitief skiet, want sy intensies is nie goed nie!

Kwesbaar ·

Scenario buurman het met 19 jarige se stukkie gelol en was arrogant toe kom buurman oor om hom te waarsku dinge loop skeef iemand sterf en die buurman skree inbraak en selfverdediging!

Attie. ·

Ons dink mos altyd dis net ons wat vermoor word en bewapen onsself met vuurwapens. Die arme mense het dieselfde probleme as ons maar het nie alarms en rewolwers om hulself te beskerm nie. Dis net ‘n paar persent van swart mense wat sorg dat swart en wit in angs lewe. Immers kon die man sy gesin beskerm maar hy sal altyd oor sy skouer moet kyk of die ander boosdoeners hom nie dalk volg nie. Ons mense kla met die brood onder die arm….soms.

Grobler Steyn ·

Uit berig kon mens aflei dat beide partye swart moet wees anders sou jy die woorde in hegtenis en staat staan borgtog teen

Piesang ·

Ja kla hom aan, want hoe durf hy hom en sy vrou in hulle eie huis verdedig!

Ian Smith ·

Dis ‘n wolhaarstorie! Mense breek in terwyl die eienaar in die huis is?? Hulle is gewapen, hy is nie?? Hy kry ‘n mes en steek een dood?? As jy my vra het die huiseienaar ‘n woordewisseling met sy gaste gehad, een doodgesteek, en toe sy eie voordeur oopgebreek voordat hy die polisie ontbied het met sy wolhaarstorie.

Dries Moolman ·

Daar is heel duidelik BAIE meer agter hierdie storie as wat tans berig word. So ons sal maar wag en sien. Dalk was die ‘inbrekers’ eintlik slagoffers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.