Hulp van militêre dokters ingeroep tydens staking

(Foto: Nehawu/Facebook)

Gesondheidspraktisyns van die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens (SAMGD) sal vandeesweek nog by verskeie staatshospitale regoor die land hand by sit, terwyl Nehawu sy landwye staking voortsit én selfs verskerp.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het verlede Woensdag verskeie gesondheidspraktisyns op versoek van die departement van gesondheid na verskeie staatshospitale gestuur.

Dít nadat stakers gesondheidsdienste só erg ontwrig het dat daar vir staatspasiënte se lewens gevrees word. Minstens vier pasiënte se dood word sedertdien met die staking verbind.

Brig.genl. Andries Mokoena Mahapa, woordvoerder van die SANW,  het Maandag bevestig dat die praktisyns ingevolge die Nasionale Rampbestuurswet vir so lank as nodig in staatshospitale ontplooi sal word.

Mahapa het egter nie bekend gemaak watter hospitale tans militêre gesondheid- steun ontvang nie.

Maroela Media het vanoggend berig dat Nehawu sy staking Maandag verskerp om sy erns te wys teenoor die “arrogante” regering, wat volgens die vakbond sou poog om die rol en belangrikheid van staatsamptenare wat aan die voorpunt van dienslewering staan, te onderskat.

Nehawu se lede staak sedert 6 Maart en die regering het die stakers herhaaldelik gewaarsku om nie die lewering van gesondheidsdienste te belemmer of skade aan eiendom aan te rig nie. ʼn Hofbevel is ook in dié verband bekom en werkers is gewaarsku dat diegene wat nie vir werk opdaag nie, nie betaal sal word nie.

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het met teleurstelling kennis geneem van Nehawu se aankondiging dat hy die staking gaan verskerp en weer eens ʼn beroep op die werkers gedoen om vreedsaam te betoog en hulle te weerhou van geweld en intimidasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Amelia ·

Ag wat kry vir julle wie stem anc en wil nou huil Verbied alle unies dan kan dinge dalk weer reg geruk word maar nou ja als word toegelaat geen nagevolge

Sarel ·

Neem aan NEHAWU sal nie vir enige lewensverlies aansoreeklik gehou word nie

domheks ·

Nou waar is cele? Hy moet mos toesien dat hulle NIE afbreek en vernietig nie! Nou vang hy eerder dronk bestuurders! waar die kameras is. Ou cr se gatgabba!

Manie ·

Ekskuus, kom weer, is dit dieselfde militêre dokters wat nie eers per e-pos kan kommunikeer nie omrede hulle e-posse nie werk nie? (Beskik kwansuis nie oor internet toegang nie) Dieselfde militêre dokters na wie jy moet ry om dokumentasie af te haal net om dit self van die een vloer in dieselfde hospitaal per hand na ‘n ander vloer te neem omrede dokumentasie tussen 2 vloere in dieselfde hospitaal verlore raak? Is dit dieselfde dokters wat jou vir hardlywigheid behandel en ‘n gewas op ‘n orgaan miskyk na ‘n MRI skandering? STERKTE

Peach ·

Manie, na die swak mediese behandeling wat jy moes verduur, is ek bly jy lewe darem nog.

Peach ·

Manie, na al die onaangename mediese behandeling wat jy moes verduur, is ek bly jy lewe darem nog.

Truman Burbank ·

Minstens vier pasiënte se dood word sedertdien met die staking verbind. Maar as hulle terug gaan werk toe, is alles vergewe. Die feit dat gesondheids werkers toegelaat word om te staak, spreek boekdele

Johann ·

En so hap die ANC se eie magsmal skoot hondjie hom in sy eie gesig. Dis wat gebeur as “georganiseerde arbeid” oorgeneem word deur georganiseerde misdaad.

Sean ·

Die regering het beheer verloor en dit pla hulle nie Hulle het privaat dokters of vlieg sommer gou buiteland toe

TruthDealer ·

Pla dit jou spesifiek dat hulle Rusland toe gaan? Sou Amerika vir jou aanvaarbaar wees? Laat ek jou vertel wat vir MY aanvaarbaar sou wees. Lede vd parlement, insluitende die president, behoort net na SA STAATSHOSPITALE toe te gaan. Dit behoort n vereiste te wees dat al die grootkoppe in die regering n vorm moet teken dat hulle NET in staatshospitale behandel mag word. Ek kan jou wed, as dit die geval was, was al ons staatshospitale bitter vinnig weer op Eerste wêreld vlakke.

My Mening ·

Ek was onder die indruk dat alle gesondheidswerkers ‘n eed aflê. Deesdae word alles mos vir die geld gedoen, lankal nie meer omdat dit ‘n roeping is nie. Dit het nou net ‘n “job” gewerk met lekker voordele…..voorwaar hartseer!

Truman Burbank ·

Juistement. As jy baie geld soek, moet nie n eerbare beroep kies nie.

Casper ·

Hulle mag nie die lewering van gesondheidsdienste belemmer,hulle doen dit in elk geval en wat word aan hulle gedoen, net mooi niks.No work no pay dan staak hulle daaroor ook en kry hulle pay.

Theunis ·

Stem saam met alle kommetaar alreeds gelewer. Die is nou baie duidelik dat die huidige regering geen beheer het oor SA nie, ‘n Skande dat die regering nie meer bereid of in staat is om verantwoordelikheid te neem oor ‘n persoon se lewe nie, nie te min te verwys na die totale grondwet nie, alle grondwettelikke wette kan nou geskrap word.

Spyker ·

Ek het nie meer veel tyd hier op Aarde nie en ek hoop dat ek nie totale ineenstorting van gierdie land gaan beleef nie.
My hart bloei vir my kinders en kleinkinders.
Hulle verdien dit nie

annie ·

So, waar is Cyril en sý ministers? Besig om na die nuwe minister van energie se belange om te sien… hom gelukkig in te rig? Die prez was ‘n unieleier wat hierdie tipe gedrag aangemoedig het. Hy kan mos nie nou skielik daarteen optree nie. Met sy ‘opleiding’ van hoe, is die stakers nou getrain om te complain en Cyril se land gaan nou wys wat is die gevolge van hierdie roete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.