Inentings nou ook verpligtend by UJ

Argieffoto van die Universiteit van Johannesburg

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) sê studente en personeel sal voortaan ʼn bewys van inenting moet lewer as ʼn voorwaarde vir registrasie en om die indiensneming van personeellede te bestuur.

Die universiteit se raad het verlede Donderdag tydens ’n vergadering besluit dat al sy kampusse en fasiliteite vanaf Januarie 2022 verpligte inentingsterreine sal wees.

Volgens Herman Esterhuizen, woordvoerder van die universiteit, gaan die universiteit se inentingsbeleid bepaal dat personeel, nadoktorale navorsingsgenote en studente hul inentingstatus aan die universiteit sal moet verskaf voordat hulle toegang tot enige kampus of fasiliteit sal verkry. Hierdie maatreëls is ook van toepassing op ad hoc-kontrakteurs, geïdentifiseerde belanghebbendes en besoekers.

“Hierdie uitkoms sal verseker dat die universiteit se personeel, nadoktorale navorsingsgenote en studente optimale toegang tot die universiteit se fasiliteite het vir doeleindes van werk, leer, navorsing, laboratoriumdienste en kliniese werk, terwyl die gesondheid en veiligheid van die universiteit se gemeenskap en sy belanghebbendes beskerm word,” sê Esterhuizen.

“Die behoefte aan optimale toegang tot die kampusse en fasiliteite het deurslaggewend geword, deels vanweë die sosio-ekonomiese omstandighede van die universiteit se studente. Daarbenewens vereis sommige leerprogramme persoonlike betrokkenheid vir navorsing en ervaringsleer.”

Esterhuizen sê vrystellings op mediese of godsdienstige gronde sal oorweeg word.

“Dit is egter belangrik om daarop te let dat die universiteit die regte van individue sal opweeg teen die kollektiewe regte van die groter universiteit‑ en omliggende gemeenskap. Aangesien die kollektiewe regte voorrang geniet, kan die regte van individue beperk word, ingevolge artikel 36 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.”

Die Universiteit Stellenbosch (US) het Maandag aangekondig hy beplan ook om ʼn reël in te stel wat studente en personeel sal verplig om bewys van inenting te lewer as ʼn voorwaarde vir registrasie en indiensneming. Die Universiteit van Kaapstad het ook onlangs die groen lig gekry om inentings hier verpligtend te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Swerwer ·

En so kry die ANC alweer sy sin met die verpligte inentings wat nou oral afgedwing word.

Frik ·

Absoluut diskriminerend en ongrondwetlik, maak nie saak hoe hulle die storie spin nie!
Gaan iemand opstaan teen hierdie diktators wat maak net wat hulle wil of gaan dit maar daar gelaat word?
Hulle misbruik die grondwet en mislei mense en as dit maar daar gelaat word, beteken die grondwet en ander wette absoluut niks nie en kan ons maar die grondwet opskeur en weggooi.
Lyk my demokrasie beteken niks nie en arrogante diktators slaan nou die kitaar!

Samuel ·

Daar is in elkgeval twee soorte wette: een vir die ANC en ‘n ander vir gewone landsburgers.

piet ·

Nie ongrondwetlik nie. Die individu se regte is nie absoluut nie, die regte van die bree gemeenskap is belangriker en dra meer gewig. Dis hoekom die gemeenskap in sy geheel (wat individue insluit) “beheer” word met allerhande wette, of die individu nou daarvan hou of nie. Vir die bestaan van ‘n geordende gemeenskap staan die regte van die bree gemeenskap voorop.

VaalDonkie ·

Die handves van menseregte beskerm die regte van die individu, nie die “gemeenskap” nie, ou rooie

Thom ·

Dit is wonderlik dat universiteite weereens die toon aangee weg van die middeleeuse benaderings af !

VaalDonkie ·

Ja, net soos wat Ikeys nou maak of manlik en vroulik nie bestaan nie.

Philip ·

Die mense wat op die forum ander mense probeer verkleineer met hulle vernederende kommentaar is uiters selfsugtig en ongeskik.Ek praat namens ek en my vrou wat oumense is maar wat kan verstaan dat daar in ons gesin en vriendekring ook mense is wat kan verskil van ons sienswyse daarom weier hulle om hulle te laat inent maar hulle bly steeds ons gerespekteerde dierbare vriende.

VaalDonkie ·

ja weet jy, as mense hoflik met my is, is ek hoflik met hulle. Ek is gekant teen die menseregte vergrype, nie die inenting self nie.

Geregtigheid ·

WAT MENSE WAT ALLERGIES IS VIR MEDISYNE? WAT GELOOFSBESWARE? KOM HIER NOU N SKEIDING?

Jacob ·

Die vraag is, hoe kan jy mense verplig om eksperimentele middels te neem? In die Nederlande is meer as 75% inge-ent maar hulle sien die ergste vlaag van Covid-19 nog. Hier sit ons met mense wat in die oudersomsgroep van die bevolking val wat die minste vatbaar vir Covid-19 is, en nou wil UJ hulle dwing om met middels ingespuit te word wat nie werk nie en bes moontlik nie veilig is nie.

Eerstens, die Covid-19 entstowwe verhoed mense nie om die virus op te doen en te versprei nie. So wat is die nut daarvan? Tweedens is daar volgens die WGO se webtuiste reeds meer as 2 457 000 newe effekte as gevolg van die Covid-19 entstowwe oor die afgelope jaar aangemeld.

My voorstel aan studente wat nie deel wil wees van die eksperiment nie, om elkeen te gaan en ‘n saak aanhangig te maak teen UJ by die Menseregte Komissie.

Gerra ·

Wat n grap!! Mense word gedwing om ingespuit te word, maar sal steeds met n masker moet loop en hul afstand van mekaar moet hou. En kom n nuwe variant, word al die ingespuite lede verbied om sekere plekke te betree….

Frank ·

Maar Herman Esterhuizen, jy kan NOG STEEDS siek word, al is jy ingespuit (“ge-ent”). Ingespuite mense kan NOG STEEDS Covid jou toe oordra. So, as dit jou dag is GAAN jy siek word.
Ek verstaan regtig nie hierdie redenasie nie.

Kwikkie12 ·

‘n Federale regter in Amerika (The New York Times)het verpligte inentings in al 50state in Amerika vir gesondheiswerkers geblok hierdie week asook in meer as ‘n dosyn state het die hof werkgewers geblok wat verpligte inentings vir meer as 100werkers per werksplek wou afdwing.

Erik ·

Mooi so! Enige plek van ‘intellek’ behoort inentings verpligend te maak.

Elize ·

Wat is die doel van kwytskelding? As een kwytgeskeld word dan hoef niemand mos gehoor te gee nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.