Inhuldiging van president ‘gaan peperduur wees’

loftus6

Loftus Versfeld

Ten spyte van die land se ekonomiese toestand en armoedevlakke het die presidensie aangekondig dat die inhuldiging van die land se nuutverkose president op 25 Mei die grootste en duurste in die geskiedenis gaan wees.

Boonop gaan munisipaliteite – waarvan die oorgrote meerderheid nie genoeg geld het om behoorlike dienste te lewer nie – miljoene rande betaal om inwoners van reg oor die land na die Loftus Versfeld-stadion in Pretoria te vervoer sodat die sitplekke darem vol is – wat beteken huisvesting en kos gaan ook uit die sukkelende munisipaliteite se beperkte geldbronne moet kom.

Die presidensie het opdrag gegee dat 2 000 mense uit elk van die nege provinsies na Pretoria gebring moet word om die stoele vol te sit en dat munisipaliteite daarvoor moet betaal. Daar is tans geen aanduiding dat opposisiebeheerde munisipaliteite so ʼn opdrag sal uitvoer nie.

Wat dit alles gaan kos, is tans onseker, maar dit gaan duur wees. Loftus Versfeld het sitplek vir 51 762 mense. In 2014 het minder as 10 000 mense oudpres. Jacob Zuma se inhuldiging by die Uniegebou bygewoon.

Volgens die DA kan die inhuldiging belastingbetalers maklik R120 miljoen uit die sak jaag.

Oudpresidente Nelson Mandela en Thabo Mbeki is ook by die Uniegebou ingehuldig in min of meer soortgelyke seremonies as Zuma s’n, hoewel Mandela baie meer internasionale hooggeplaastes getrek het.

Oudpres. Kgalema Motlanthe en pres. Cyril Ramaphosa is albei sonder fanfare of veel onkoste by Tuynhuys in Kaapstad ingehuldig. Die laaste president in die vorige bedeling, FW de Klerk, se inhuldiging was sonder koste of vertoon in die NG Kerk Universiteitsoord in Pretoria.

Volgens die presidensie vind vanjaar se inhuldiging op Loftus Versfeld plaas om groter openbare deelname te verseker. Daar is ook ʼn tema vir die hele spoggerige affêre: “Ons vier almal saam 25 jaar van vryheid, hernuwing en groei vir ʼn beter Suid-Afrika.”

Die DA het by monde van sy hoofsweep, John Steenhuisen, en sy leier in die nasionale raad van provinsies, Cathy Labuschagne, gesê die idee is geldmors – geld wat ʼn beter lewe vir die land se armes kon help skep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Alida ·

Beter lewe vir wie? Net die parlementslede leef in weelde. Hulle eie our people brand die land af oor beloftes wat 25 jaar gelede gemaak is en niks gekry het nie. As mens mooi dink kan mens hulle ook nie verkwalik nie. Die vandalisme is baie sleg. Hulle “rent a croud” om alles te verwoes. Wat as CR nie inkom nie en Mmaine wen gaan daai geld nog beskibaar wees. Kom ons wag en kyk.

Theresa ·

Ag vaderland… vir entertainment sal daar altyd geld wees maak ni saak hoe sleg dit in die land gaan nie. Miljoene word gemors vir 1 dag van “plesier”

Snoopie ·

Kom nou, hy is mos President. Die magtigste pos in Suid-Afrika. Verdien hierdie status dan geen toekenning van julle? Waarom altyd klippe gooi.

Jacques ·

@Snoopie – Dit is nie klippe wat gegooi word nie , MAAR die bietjie wat belasting betaal se geld . Geld wat beter spandeer kan word .

Db ·

@Snoopie. Hoop jy kry ook een van daardie gratis sitplekke plus die verniet vervoer

Willem van der Merwe ·

Solank dit nie uit syeie sak kom nie is dit OK,hoeveel van daai miljoene gaan ook nog verduister word ook

Alida ·

En dieselfde CR het die vloedgeteisterde gebiede besoek!!!! Het hy nie oe in sy kop nie. Daai mense sit in die koue en is honger met NIKS. God slaap nie.

Jana ·

Hy was net daar om goed te lyk en stemme te kry. Hulle het nie oë in hulle koppe nie en hulle kan nie ‘n bloue duit omgee nie. Die feit dat hy mense se lyding sien, en nogsteeds die land se geld mors op nonsens is vir my baie erg. Beter hy het nie KZN gaan besoek nie.

AndrewL ·

Indien ‘n ander party se lid ingehuldig word kan hulle die onkostes maar verdubbel, feesviering sal groot wees.

Joe Olivier ·

Dis weereens n geval van 90% van die kostes moet gedra word deur 10% wat nie vir die regerende party stem nie.

Ja Nee ·

Ja Joe dit bly maar die waarheid. Welsynstaat waar die minderheid die meerderheid versorg en dan word die minderheid behandel soos bywooners

M ·

Geen probleem. Geld is nie n kwessie nie. Ek wou so graag gaan, maar daar is nie meer plek op die bus nie.

Mf ·

Dit maak my woedend om te dink hulle wil so baie geld spandeer op ‘n partytjie maar ons mense by die kus sit sonder ‘n heenkome. Ons president voel so jammer vir hulle met sy vroom gesig staan hy en luister na die mense. Maar kyk partytjie gaan ons hou!!

Talie ·

Die mense het nie n benul van geld nie. Daar is heeltemaal teveel belastinggeld nog beskikbaar.

Deloris ·

Slaan my met n pap vis??. Di k net die chaos, misdade, inbrake .. hoeveel van daardie mense gaan terug? Duidelik het ramie nie n benul van armoede in die land nie. Dis pure oorigheid?

Jo B ·

Ek neem kennis dat dit R120 miljoen gaan kos. Wat van die arme mense wat alles verloor het na die vloede in Natal en Oos Kaap… hulle is in elende gedompel en die groot baas en sy tjommies gaan party hou…. hulle sal nooit verander nie. Elkeen vir homself en die duiwel vir die res.

Skroef ·

Die president is mos n ryk man. As hy makietie wil hou kan hy dit mos sommer uit sy gatsak betaal.

Sanna ·

Wat van ‘n seremonie op die Kaapse paradegronde voor die kameras en mooi papierpoppe as toeskouers? Al wat en wie ontwrig sal word is taxi bestuurders en ‘n paar smouse. Indien dit reen dan sommer ‘n koppie Milo vir elk en klaar.

marco polo ·

R120miljoen? Dis nie eens n miljard of biljoen nie, kleingeld vir die kripvreters.

Hennie ·

Lekker man, lekker! Kan net dink hoeveel korrupsie ter sprake gaan wees! En dan nog geld vir die kommissie van ondersoek na die tyd!

lulu ·

OMW
ek net ge worried oor hoe gaan LOFTUS lyk as hul klaar is daar

Henk ·

Ja,die laaste “christen” president het selfs die kerk bedrieg!

J ·

Ag wat wereldwyd is dié soort ding peperduur. Obama – $160-170mil insluitend $45mil vir galas. Trump – $107 mil. Wereldwyd. Maar in SA waar jy miljoene beloof om geld beter te bestee…so te mors. Nee wat, as jy ANC stem en sleg leef, GEEN SIMPATIE.

Annie ·

Skroef, ek stem 100 % saam met jou. Hy het geld en kan vir sy eie party betaal.
Hierdie is n sinnelose vermorsing van geld. Ag toemaar outjies, moet nie dat die stress julle beetpak nie. Ons as belasting betalers sal daarvoor opdok.

Santjie ·

Het julle my toestemming om my geld te gebruik vir dit? NEE!!

Dries Moolman ·

Wat ‘n grap! Die tema moet eerder wees, kom ons vier 25 jaar van vrees, diskriminasie, korrupsie en verval!

ida louw ·

Snoepie, jy gaan seker in die voorste gestoeltes sit, aangery natuurlik en wag vir jou bord kos. Plaas dat die geld vir Eskom gegee word wat hulle wil spandeer vir een dag, maar jy leef seker in weelde?

M ·

SjN. Jou vraag is baie relevant. Die uitslag gaan nie anders wees nie, al stem almal vir die popcorn party.

Johan ·

Dis lekker om grootdoenig te wees as dit jou pas en die belastingbetalers betaal vir die skouspel!
Jy kan die ANC vertrou dat die ANC van vandag en die ANC van more nie sal verskil nie…. Die soustrein sal bly loop….

Mooi Man.. ·

Dit klink vir my asof hulle ons waarsku dat indien die belasting weer opgaan dan was DIT die rede..
Dis darm een ding wat goed gedoen kan word.. kuier en party!

christine ·

Dit is belaglik wonder wie kry almal van daai geld .
CR N GEWONE MENS NES ONS GEE GELD VIR ARM WIT OUMENSIES .

honourable member ·

Hulle families gaan weer die miljoene rande se tenders kry vir die kos en alles.

Genieve ·

Hiers n land wat besig is om uit mekaar te val mense wat honger lei en mense wat huise soek kyk waat wil hulle geld spandeer Eskom is ook halfpad ani bankrot gaan maar julle blaas ons belasting geld so ek skaam my regtig hier nie nie eens ordentlik werk nie skep werk met dai geld CR.

humor ·

Die soort van vertoon is maar eie aan die Afrikamens. Die geskiedenis van Afrikalande bevestig dit. As jy dit nie het nie dan moet jy uitspattig vertoon. Die diepliggende daarvan is maar sielkundig van aard.

jonathan ·

Julle almal gaan so aan oor die geld wat gemors gaan word en en en
Is die regtig nuus hoekom is julle so verbaas
dinge werk al lankal so in die land

As daar nie geld gemors nie moet dit in die nuus kom

Julle gaan aan oor iets wat julle nie kan verander nie want Niemand kan meer staan nie hulle is vir ons n voorbeeld hoe n mens moet staan

Hou op moun en begin iets doen

Vermeulen ·

JIPPIE!
DIT TERWYL DAAR MENSE IS WAT NIE KOS, KLERE OF BLYPLEK HET NIE.
BELAGLIK!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.