Instrukteur ernstig beseer in vliegongeluk

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

’n Vlieginstrukteur is Sondagoggend ernstig beseer toe die ligte vliegtuig waarin hy en ’n leerlingvlieënier gevlieg het, aan die brand geslaan en naby Bronkhorstspruit in Gauteng neergestort het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê nooddienste is net voor 12:00 na die toneel op ’n vliegveld in die area ontbied waar die ligte vliegtuig met die mans daarin geval het.

Rescue Care-nooddienste het die vliegveld intussen as die Rhino Park-vliegveld geïdentifiseer.

Volgens Herbst het die enjin van die vliegtuig vermoedelik onklaar geraak en aan die brand geslaan. Die 47-jarige instrukteur het ernstige beserings in die voorval opgedoen. Die 52-jarige leerlingvlieënier het geringe beserings opgedoen en het vervoer na ʼn hospitaal van die hand gewys.

Die vlieënier is wel na ʼn hospitaal gehaas vir mediese behandeling, het Herbst gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Chris Ws ·

Ai ai! Mag die instrukteur volkome herstel van sy beserings.Dis duidelik die instrukteur het ‘n noodlanding inderhaas moes doen daarom is die wiele afgebreek.Die wrywing van die vliegtuig romp op die grond en moontlik ‘n brandstof lekkasie agv van die harde landing het waarskynlik die brand veroorsaak.Sterkte aan die instrukteur en ly leerling.

Cherokee ·

Die polisie ondersoek die voorval? Julle is nie ernstig nie!
Sê eerder Departement Burgerlugvaart doen die ondersoekwerk.

Sak ·

Beseer. Dood. Verongeluk. Beseer. Magtig man. As ek Maroela oopmaak deesdae is dit al wat ek sien. Ongeluks berigte. Dis tragies ja. Maar dis wragtig nie nuus nie…

Cherokee ·

Nou presies wàt Sak, sou jy beskou as nuus? Gesprekke oor die Desember vakansie? Askies vir hierdie teregwysing, maar die nuus is gewoonlik nie mooi nie. Wens dit was anders. Maak Maroela se ‘goeie goed’ jou homepage. Soos jy wens ek ook dìt was die hoofnuus.

chrisjan ·

Piper Cherokee is nie die veiligste vliegtuigie om ‘n noodlanding mee uit te voer nie.Hy het ‘n hoe snelheid nodig om in die lug te kan bly – anders as die Cessna.Maar ons is dankbaar niemand is dood nie.Sterkte aan diie beseerdes.

Piloot ·

chrisjan, dis ‘n Carl Babst Raven.

(Ook, na watter Piper model verwys jou opm?)

Kwagga ·

Gaan my verstand te bowe hoe slim sommige mense kan raak as dit by vlieg ongelukke kom…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.