Interdik, opleiding ná haatspraak

Lindsay Maasdorp. Foto: Facebook

Die Menseregtekommissie (MRK) het vandeesweek in die Wes-Kaapse hooggeregshof se sitting as gelykheidshof sukses behaal ná klagtes ontvang is teen Lindsay Maasdorp, woordvoerder van Black First Land First (BLF).

Die kommissie het verskeie klagtes ontvang oor uitlatings wat Maasdorp op sosiale media gemaak het.

Maasdorp het onder andere op 24 September 2016 op sy Facebook-blad tydens ʼn gesprek oor wit mense in Suid-Afrika die vraag gevra: “Wanneer sal ons hulle doodmaak?”

Op 25 September 2016 het hy op sy Twitter-blad geskryf: “Ek is van voornemens om wit mense dood te maak, en ek moet dit doen.”

Op 14 Desember 2018 het hy ʼn verklaring op Twitter gedeel waar hy die moord vier van ʼn bejaarde wit egpaar. Hy het bloot geskryf: “ratio: 5:1”. Dit verwys na ʼn vorige uitlating deur ʼn lid van die BLF dat vyf wit mense doodgemaak moet word vir elke enkele swart persoon wat doodgemaak word.

Lesego Eugene Raphalane, woordvoerder van die MRK, het gesê die gelykheidshof het die kommissie se aansoek Donderdag aangehoor en uitspraak gelewer teen die respondent.

“Maasdorp is beveel om enige oorblywende aanstootlike uitlatings van al sy sosialemedia-profiele te verwyder. ʼn Interdik is bekom dat hy nie enige uitlatings mag publiseer wat die moord op of geweld teen enige groep in Suid-Afrika bevorder nie. Hy moet ook sensitiwiteit- en diversiteitsopleiding ondergaan by ʼn geskikte instansie. Dié opleiding moet teen Desember 2022 afgehandel wees,” het Raphalane gesê.

Maasdorp moet ook die fooie betaal wat die MRK aangegaan het.

“Die kommissie glo dit is ʼn belangrike uitspraak in die kommissie se doelwit om alle vorme van haatspraak op rasse of ander gronde uit te wis.”

Maroela Media het vroeër berig Maasdorp het ook die dood van vier jong leerders van die Hoërskool Driehoek op sosiale media gevier. Hy het geskryf: “I would ‘mourn’ the deaths of the victims if they turned out to be black but ‘celebrate’ them if they were white.”

Vier leerders van die Hoërskool Driehoek is in Februarie 2019 oorlede en minstens 20 kinders beseer nadat die betonvloer van ʼn loopbrug by die skool ingegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Madz ·

…nou hoekom word HY nie in dit tronk gestop nie…. vir hoeveel jaar kom hy nou weg met sulke uitlatings…? Maar laat ‘n blanke persoon nou iets SOORTGELYKS kwytraak…. vra maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.