IRR waarsku Sanral oor ‘boelie gedrag’

(Argieffoto: ANA)

Die Instituut vir Rasseverhoudings (IRR) het Maandag die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gewaarsku oor die gevolge van sy dreigement om die hernuwing van motoriste se voertuiglisensies te blok indien uitstaande e-tolskuld nie vereffen word nie.

Maroela Media het vroeër berig dat Sanral dié waarskuwing op sy webtuiste geplaas het wat stipuleer dat motoriste met e-tolskuld se lisensieskywe weerhou sal word totdat die balans betaal word.

In ʼn brief wat aan Sanral gerig is, het die IRR gesê dat sulke bedreigings ʼn vorm van burgerlike afpersing is, dat dit ekonomiese ontwrigting kan veroorsaak asook verdere druk op belastingbetalers plaas wat vooruitsigte vir ekonomiese herstel kan ondermyn.

Die IRR se brief volg ná sy #StopCitizenAbuse-veldtog wat verlede week van stapel gestuur is. Dié veldtog is daarop gemik om burgerlike geregtigheid te laat seëvier. Aspekte wat in dié veldtog aandag kry is burgerlike intimidasie en dreigemente, korrupsie, die misbruik van belastinggeld en die wegkalwing van burgerlike vryheid.

Volgens Michael Morris, mediahoof by IRR, toon navorsing dat belasting in Suid-Afrika tot die hoogste vlak in die geskiedenis van die land gestyg het.

“Baie gesinne betaal meer as die helfte van hul inkomstes aan belastingheffings, asook sekondêre en tersiêre belasting.”

Die IRR waarsku dat ʼn groot deel van huishoudings in die land reeds ʼn krisispunt bereik het. Baie gesinne kan nie meer basiese dienste, kos en skoolgeld bekostig nie, wat nog te sê om hul e-tolskuld te vereffen, sê Morris.

“In plaas daarvan om nog meer geld uit huishoudings te probeer kry, moet die regering struktureel hervorm word sodat korrupte amptenare uit die staatsdiens verwyder word om vervolg te word.”

Die IRR het ʼn beroep op motoriste gedoen om melding daarvan te maak indien hul voertuiglisensies geweier word as gevolg uitstaande e-tolskuld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bernard ·

Sou hulle dit met my waag, betaal ek die bedrag in trust by my prokureur in – met bewys van inbetaling en ‘n beëdigde verklaring dat die skurke die betaling geweier het

Gert ·

Sanral gaan sorg dat niemand lisensies gaan uitneem nie hulle kry genoeg uit die brandstof heffing

VaalDonkie ·

hulle stuur mos 7 jaar gelede vir my ‘n e-Tol rekening hier in die Kaap. Die foto is van ‘n vragmotor en my kar is ‘n twee-deur koepee. Die nommer wat hulle het, is bv. CY 123456, maar myne is CY 123455. Ek bel toe maar en vertel vir hulle dat dit hulle fout is, nie myne nie. WRAGTAG moet ek ‘n beedigde verklaring gaan maak, en dit per geregistreerde pos aan hulle stuur. En hulle wil nog altyd die geld he, maar bied darem aan om dit om te sit in “krediet” op my E-tol rekening (ek woon in die Weskaap en stel nie belang om in gauteng te gaan rondry nie). Hulle kan look skyt. Ek sal sonder ‘n lisensie rondry as ek moet. My kar trek nie aandag nie. ek sal Laaaaank daarmee wegkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.