Israel: Ramaphosa vra vir opening van ‘humanitêre korridors’

President Cyril Ramaphosa (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Dit is die sesde dag ná die dodelike verrassingsaanval op Israel deur Hamas-militante en die konflik duur voort. Pres. Cyril Ramaphosa vra nou namens Suid-Afrika dat humanitêre korridors in die streek onmiddellik en onvoorwaardelik geopen word.

Ramaphosa het Woensdag ’n beroep op Hamas, die Islamitiese beweging wat die Gaza-strook beheer, asook op Israel gedoen om selfbeheersing aan die dag te lê en die geweld te staak.

Ramaphosa sê sy regering is uiters bekommerd oor die gruweldade wat sedert Saterdag teen burgerlikes in Israel en Palestina gepleeg word.

“Dit is noodsaaklik dat almal wat dringende humanitêre bystand benodig, voorsien word van die basiese lewensonderhoudende middele en dat menslike lyding verlig word.

“Ons gedagtes is by al die slagoffers se families en geliefdes gedurende hierdie gevaarlike tydperk.”

Ramaphosa moedig ook die internasionale gemeenskap aan om die proses na blywende vrede te steun wat ʼn lewensvatbare Palestynse staat sal verseker en wat in vrede saam met Israel, binne die 1967-internasionaal erkende grense met Oos-Jerusalem as sy hoofstad, bestaan.

“Suid-Afrika staan gereed om saam met die internasionale gemeenskap te werk en om ons ervaring van bemiddeling en konflikoplossing te deel, soos ons op die vasteland en wêreldwyd gedoen het.”

Gazastad (Foto: MAHMUD HAMS / AFP)

Vuurpyle reën steeds neer

Israel het Donderdag voortgegaan met aanvalle op Gaza nadat Hamas Saterdag die ongekende aanval op Israel geloods het.

Hamas-militante het op hul beurt nog vuurpyle (hierdie keer op Tel Aviv) afgevuur in reaksie op Israeliese lugaanvalle op twee vlugtelingkampe in Gaza. Die Palestynse groep sê Israel teiken nou spesifiek burgerlikes.

“Die besetting [Israeliese magte] het vanoggend slagtings in die Al-Shati- en Jabalia-vlugtelingkamp uitgevoer, wat talle martelare en beseerdes agtergelaat het,” het Iyad al-Buzum, woordvoerder van die Hamas-ministerie van binnelandse sake, aan AFP gesê.

Die Verenigde Nasies (VN) het teen laat Woensdagaand gesê Israel het met sy vergeldingsveldtog reeds meer as 338 000 mense gedwing om uit hul huise in die enklawe te vlug.

Eerste minister Benjamin Netanyahu van Israel en sy sentristiese politieke mededinger Benny Gantz het Woensdagmiddag aangekondig dat hulle ooreengekom het op ʼn noodeenheidsregering.

Netanyahu het gesê hy sal sy omstrede geregtelike hervormings wat Israel verdeel het, vir eers staak. Sy ekstreem-regse en ultra-Ortodokse Joodse bondgenote sal egter aan bewind bly.

Volgens die Israeliese weermag is 169 Israeliese soldate reeds in die gevegte dood en die liggame van 1 500 Islamitiese militante in herowerde gebiede gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

JohanEtz ·

BEPAAL JOU BY WAT IN JOU EIE LAND AANGAAN – MOENIE NAMENS MY PRAAT NIE CR!!
HOEVEEL ONSKULDIGE MENSE MOET IN SA VERMOOR WORD ALVORENS JY IETS DAADWERKLIKS GAAN DOEN??????????
HIER WOED LANKAL OORLOG ONDER JOU NEUS!!!

Marius ·

Sjoe… Beter kon ek dit nie stel nie… Stem 100% saam met jou. Los die ander lande Rama en sorteer die moorde in jou eie land uit… Bloed vloei en jy doen niks…. Los jy Israel uit, hulle doen wat nodig is om die vyand te uit te wis…vir altyd…..meer as wat jy kan sê….JY PRAAT VERSEKER NIE NAMENS SA PRAAT NIE BEPAAL JOU BY DIE ANC…

Delia ·

Ai Mnr die President. Hoekom spreek jy jou nie so duidelik uit teen wat in jou land aangaan nie. Soos wat jy nou hier doen op n openbare platform nie.Ek verstaan nie. Jou mense het ook humanitere hulp nodig IN JOU EIE LAND.
Hoekom is jy en jou regering nie openlik ook bekommerd oor die gruweldade teenoor jou land se mense, boere, vroue, kinders en mense van alle rasse. Help my hier, ek verstaan nie.

Manie ·

Komende van iemand wat nie eers sy eie land se krisisse kan hanteer nie.

Koos 100 ·

En wie se party woordevoerder Sondag nog hulle steun aan Hamas verkondig het, en die aanvalle regverdig het!

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Maar net nog ANC niksseggende wharra- wharra- wharra.

hpven ·

Asof die wêreld of enige een na die outjie sal luister. Die selfaangestelde raadgewer en regime leier wat sy eie land in ‘n moordende plunderende stukkende hool laat verval het!

Christian J M ·

O ja !!!
Die arme palastyne het no skielik nie kos en water en brandstof en krag nie ne!
Maar hulle het nog duisende vuurpyle ne !!!!
Vra vir julle leiers van HAMAS waar is die kos !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

007 ·

Praat jy Rampie, wie se land elke dag verder verkrummel en totniet gaan. Danksy jou kader ontplooiing en onbeholpenheid.

Saartjievandiebosveld ·

Agh rerig…Ramaphosa is bekommerd oor daai gruweldade…maar glad nie oor die gruweldade wat in sy eie land gebeur nie…Soos die 13jarige Seun wat sy ma wou beskerm het…wat deur monsters geskiet is…

Witbaard ·

Ergste van alles is dat die twak wat uit sy mond kom, mens nie eers kan rook nie.

piper ·

ramapara hou jou neus uit die sake en gee aandag aan 80 moorde per dag in jou eie land

Wildemien ·

Hoe nou ou Cyril? Ek dog dis alles okay aangesien Israel mos ‘n “apartheidstaat” is?

George ·

In jou eieland word kinder verkrag, gemartel en moor, maar jy worry oor Israel en Rusland. Nee wat, bly sommer daar.

Samuel ·

Ja Ramaphosa, jy is kamtig bekommerd oor gruweldade in ‘n ander land, maar die gruweldade wat daagliks in jou eie land plaasvind, pla jou min.

Pierre ·

Hier was Hamas die agressor en geen argument kan wat hulle gedoen het goed praat nie en verdien wat hulle kant toe kom, die “onskuldige” Palestein wat Hamas soveel jare huisves is indirek ook verantwoordbaar, moet my nie verkeerd verstaan nie, nie elke Palestein het bygdra nie maar daar was verseker mense wat hulle ondersteun en ander onderdruk om te praat.

Kobus ·

Ek soek nog na ANC wat die afmaai van konsertgangers deur Hamas veroordeel. Rampposa is skynbaar ‘n self aangestelde opperhoof vir vrede want hy sit heeltyd gereed met voorstelle en versoeke. Kamtig neutraal met die Russiese inval maar nou kies ANC blatant kant teen Israel. Daar sal nooit vrede wees nie.

Hector ·

Ag ou Cyril! Wat het jy te sê?! Die mense van jou eie land se menseregte word vertrap agv jou onbevoegdheid. In jou eie land kom die humanitêre in meeste van die gevalle nie tot sy reg nie agv jy en jou maters se stelery! Nou wil jy vir Netanyahu allerhande voorskrifte maak! Jy is heeltemal te groot vir jou skoene man!

miche ·

Dieselfde man hier wat ( op rekord en bevestig is) het ook gesê …dat wittes soos paddas in ‘n pot water gekook moet word tot hul een vir een uitspring.
Ai, Cyril.

Fran ·

Ag tog ou ramaramp! Wil altyd inmeng by ander lande maar jou eie land brand!

Jackie ·

Al val CR op sy knië voor die Palistyne neer en pleit dat hulle vrede met Israel maak, sal hulle nog steeds nie. Hulle, die Arabiere het sedert 1918 reeds 5 maal die geleentheid gehad om vrede te maak en Israel se bestaansreg te erken en elke keer NEE geskreeu.

Lesly ·

Nee, jy is verkeerd. Hy is nou net bekommerd omdat Israel vir Hamas baie swaar gaan straf en dit is wat hy wil stopsit. Hy wil die sy palestynse vriende laat swaar kry nie. Hy gee nie ‘n bloue duit om oor wat sy vriende aan Israel gedoen het nie.

Andries ·

6 dae na aanvang reageer CR. 600? Dae na Rusland inval swyg hy steeds. In Oekraine, maar veral in SA is (ook) geen krisis ni – dis mos maar hoe ons mense onder n ANC Regering moet (probeer) oorleef terwyl ‘hoogeplaastes’ in koninglike weelde leef…

melaney ·

CR het ‘n baie kort geheue. Hy het seker nog nooit soveel rook oor Gaza gesien nie. Nou bewe sy broek.

Jakes ·

Hierdie man hoort agter tralies. Daar gaan afskuwelike dinge aan in sy eie land en hy is te onbevoeg om iets daaromtrent te doen. Hoe meer hy dinge kwytgeraak hoe meer maak hy n gek van homself. Daar is geen medisyne vir sotheid nie.

JohanR ·

Ou Cyril jy het nog NIKS gese oor die musiek wees waar 260 afgemaai is, baie in die rug geskiet, en die Kibbutz waar mense se koppe afgekap is, en wat nog gruweldade. Nou dink jy jy kan aan Israel dikteer. Cyril jy is een GROOT grap!

Pieter9 ·

Wat ‘n Nar! Komende van die mees korrupte’ leiers-korps’ wat enige demokratiese land nog gesien het; en in hul af tyd kollegas op gereelde basis vermoor. Wat geen kommentaar lewer, ons praat nie eers van optrede, oor bv die moorde op bejaardes en boere lewer nie. Maar baie vinnig oor Israel iets te sê het: ons wag om te hoor hoe hy die onthoofding van babas deur Hamas gaan regverdig. Hy moet totaal geignoreer word.

Jannie van Niekerk ·

Nou waarom is oom Cyril nie bekommed oor die gruweldade wat Rusland teen Oekraine pleeg nie?

Republikein in die Wes Kaap ·

En hy was ook stil toe Okraïne reeds in 2014 ongeveer 14 000 Russiessprekendes in die ooste van Oekraïne vermoor, gewond en gemartel het.

voor ek vergeet ... ·

So ook bly ons media stil oor Oekraïne wat in 2014 die kanaal, wat 85% van Crimea se water voorsien, afgesny het. Dit het gelei tot akute watertekorte, wat eers weer herstel was ʼn dag na die Russiese inval in Oekraïne, op 24 Feb 2022. Een van Moskou se eerste strategiese skuiwe nadat hulle die land binnegeval het, was om die watertoevoer weer te herstel. Ironies, dieselfde Dnieper rivier wat Oekraine en die kanaal voer se oorsprong is in Moscow. Ons hoor nie altyd beide kante se stories nie…

Papsak ·

Asb Ramaphosa jy is meer bekommerd oor buiteland as oor jou eie land kyk hoe lyk SA brande moorde hongersnood hoe petrol duurder kos duurder bly plek maar jy doen niks omtrent dit nie maar jy is bekommerd oor goed wat jou nou regtig nie aan gaan nie jy net so onnooslik regtig

voor ek vergeet ... ·

Dis nogal moeilik om vir die Palestynse saak simpatie te hê terwyl die realiteit is dat Hamas die vergelding blatant uitgelok het. Wat sou jy doen, meneer die president, as so ‘n gekoördineerde, grootskaalse verrassingsaanval deur ʼn terreur-organisasie op Suid-Afrikaanse bodem en op onskuldige Suid-Afrikaanse burgerlikes geloods word – oorlogsmisdade pleeg, ‘n grondaanval op ongewapende jongmense uitvoer by ‘n opelugkonsert waar honderde koelbloedig geslag is, sommige slagoffers na bewering verkrag is, en ander ontvoer is om as menslike skilde te dien? Sou jy hierdie gruwelike slagting dan veroordeel? Of sal jy die slagoffers, soos nou, blameer? – Toemaar, ons hoor en sien reeds duidelik hoe jy en jou uitgebreide regering hierop reageer!

Ed ·

Israel is beryd om dit te doen inruil vir gyselaars se bevryding. Klink na ‘n billike offer vir my

Republikein in die Wes Kaap ·

MM kommentators kritiseer Ramaphosa, maar beskou hom steeds as”ons” president van “ons” land. Wil niks weet van alternatiewe nie. Hoop seker die VF Plus gaan beheer oorneem.

Helien ·

Mense ons moet begin bid en vertrou dat ons Vader die verkiesing na die regte party sal ly.

Johann ·

Sê die terroris aan bewind van sy anargie ANC. Hy en hulle ken van moord en verwoes en dreig en bomme en lafhartige teiken van weerloses. Só aan bewind gekom en bly so aan bewind. Kamerade in massa moord onder die vaandel van vryheid.

KB ·

Miskien moet daar ʼn “lorrydoor” vir hom en sy kaders oopgemaak word, en hulle saam met SA se steenkool oor die grens uitgevoer word om vir Put-In te gaan help in die voorste linies teen die Ukraïne (ek hoor Put-In sukkel met sy weermagsoldate se lojaliteit)!

Jaco ·

So die Palestyne mag afskei van Israel en ” ‘n lewensvatbare staat stig”. Dis ok. Maar die Wes-Kaap mag nie van SA afstig nie. Dis glo rassisme en apartheid. Hoe dan nou???

George ·

“condolences” nogal, vir n staat wat jy dan met so n pasie haat, hoe dan nou Cyril?

Anon ·

Bly stil jou heiden. Jy wat jou by die poppespel van die elite skaar sodat jou bas hopelik erêns langs die pad gespaar word. Jy wat totale anargie in jou eie land laat heers wil omverskoning vra om wie te probeer beïndruk? Hoeveel mense word daagliks vermoor, verkrag en geterroriseer in jou eie land
Bly STIL want jy is ‘n ruggraatlose NAR.

Vinny ·

Het ons uwe President nog nie agtergekom hoe boere en bejaardes in sy eie land afgemaai word nie. Vee eers voor jou eie stoep skoon.

Harley Davidson ·

Wie is ramaposa en hoe het hy enige sê oor wat in Israel moet gebeur of nie.

Petrus ·

Mnr die uwe Ramaphosa, gaan wees jy president in Palestina met sy spul terroriste ons sal vir Eerste Minister Netanyahu hier as President verwelkom dat hy ook die moordenaars, verkragters en rowers hier kan vasvat. Gaan leer gerus by hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.