IVP wil EFF-man glo laat vermoor

Marshall Dlamini, sekretaris-generaal van die EFF. (Foto: pa.org.za)

Die EFF sê die polisie het aan die party bevestig dat “senior leiers” van die IVP glo planne beraam om die rooi barette se sekretaris-generaal, Marshall Dlamini, in ʼn sluipmoordaanval te laat vermoor.

Volgens die EFF dui “betroubare intelligensieverslae” dat sommige senior IVP-leiers glo dat Dlamini eiehandig aanspreeklik is vir die gesamentlike besluit wat die EFF geneem het om mosies van wantroue teen IVP-burgemeesters in verskeie munisipaliteite in KwaZulu-Natal van stapel te stuur en te steun.

“Die EFF verwerp met minagting die planne om ons sekretaris-generaal of enige ander leier vir selfsugtige en eng politieke doeleindes te vermoor. Ons neem hierdie berigte nie ligtelik op nie, aangesien KwaZulu-Natal al geruime tyd bekend is vir talle politieke sluipmoorde, ʼn gebruik waarmee die EFF hom vereenselwig en wat ons sedert ons stigting tien jaar gelede veroordeel,” sê Sinawo Thambo, nasionale woordvoerder van die EFF.

Volgens die EFF kan geweld nooit as instrument vir politieke oorreding gebruik word nie.

“Ons doen ʼn beroep op die IVP, sy leiers en lede om hulle te weerhou van geweld as maniere om politieke verskille op te los. Suid-Afrika gaan ʼn nuwe era binne waar politieke partye soms gaan verskil oor hoe die regering op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak saamgestel word  en geweld kan nie as wapen gebruik word nie.”

Hulle respekteer die IVP se besluit om nie EFF-regerings in verskillende munisipaliteite in KwaZulu-Natal te steun nie en vandaar die “logiese en rasionele besluit” om IVP-regerings nou uit te stem in munisipaliteite waar die EFF die party vantevore gesteun het, sê Thando.

“Die EFF bly ʼn krag om mee rekening te hou en het een van die grootste en beslissendste suksesse en groei in KwaZulu-Natal en die res van die land aangeteken. Geen intimidasie of bedreiging sal ons voortgesette groei en voorspoed van ʼn ekonomiese emansipasie-beweging in die wiele ry nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Harley Davidson ·

Hoe lag ek nou die woord intelegensie hoort nie in dieselfde sin as polisie nie en die eff leierskap moedig geweld aan elke dag maar as dit hulle affekteer dan is dit verkeerd.

Retha ·

Ek stem 100% met jou saam. Maar laat ek liewer maar tjoepstil bly.

Elize ·

Hoekom kerm hulle. Malemma blaas elke dag geweld en moord aan maar noudat die wiel draai wil hulle huil soos die klein seuntjies wat hulle is :)

Heinrich ·

“Volgens die EFF kan geweld nooit as instrument vir politieke oorreding gebruik word nie.”.
Maar dan is “Kill the Boer, kill the farmer”, en “We are not calling for the slaughtering of white people … at least for now.” nie van toepassing hier nie…

Waarnemer ·

Soek die rooi barette nou weer bietjie media dekking?Sies media 24 julle skeep ou mslena en sy kaders baie af!!!

Sean ·

Hahahaha wat n sirkus Die wiel draai en jy kan op net soveel tone trap

Ruby ·

“Volgens die EFF kan geweld nooit as instrument vir politieke oorreding gebruik word nie.”

Net as dit hulle pas, verder blaas hulle geweld en moord op boere aan…Kill the boer.

Piet parys ·

So nou bewe die eff . Die zulu s sal nie julle nonsens vat nie . Miskien moet die Zulu vir julle n lied sing soos julle vir die boere een sing .

Stofdonkie ·

Die EFF is teen enige optrede wat in ooreenstemming is met hulle eie optredes. Hulle hou niks daarvan as ander met hulle maak soos hulle maak met ander nie.

Sê maar net ·

Ek praat geen moord goed nie….dis sonde en nie ‘n oplossing nie, maar EFF moedig moord op ons boere aan , maar kan nie dreigemente teen hulself vat nie….ironies.

Althes ·

Hahaha, lag ek nou lekker!!! Wat? Intelligensieverslae, bestaan daar nog behoorlike intelligensie strukture?
Hoeveel integriteit het daardie verslae wel? Is dit nie maar ñ politieke sokkerbal wat gespeel word soos dit die manteldraaiers pas nie?

Leana ·

Het Malema dan nie nou die dag gesê jy moenie bang wees om te moor nie?

Brombeer80 ·

Partye wat in glashuise bly, moes nie klippe begin gooi het nie. Nou is hulle te bang om te maai wat hulle gesaai het. En nou wil hulle jammer gekry word omdat n party hulle wil terug boelie?

My siening ·

Geen skade is betrokke hier kan klaar kom sonder meer van hulle!

Jannie van Niekerk ·

Goeie genade maar hierdie spul wannebe soldate kan darem lekker lieg.

christo ·

Wat jy saai sal jy maai. Die EFF gun mos niemand wat verskil van hulle ‘n plek in die son nie. Nou hardloop die boelies SAPD toe. Pateties!
Die EFF wil als met geweld regkry en vanaand se staatsrede sal nie anders wees nie.

Yvonne ·

Belaglik…die EFF is juis die mense wat almal wil opsweep….hoe dan nou??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.