‘n Groep organisasies wat in die jagbedryf betrokke is, het onlangs bymekaargekom om die koalisie vir volhoubare gebruik vir Suider Afrika (SUCo-SA) te stig.
“Ons stigterslede is geweldig trots om ʼn splinternuwe organisasie bekend te stel wat ʼn nuwe benadering tot ʼn gevaarlike bedreiging vir ons bedryf gaan volg,” sê dr. Herman Els, voorsiter van SUCo-SA.
Volgens dié organisasie is die uitgangspunt om die toekoms van biodiversiteit en die mensdom se beskermende rol daarin te verseker, maar het hy ook die taak op homself geneem om bedrieglike persepsies oor die bedryf te beveg.
“Modernistiese neigings wat met onkunde en verkeerde inligting gekombineer word verskil heeltemal van wat bewaring deur volhoubare benutting regtig beteken,” sê hy.
“Hoewel die samelewing begin erken dat plastiekbesoedeling in ons oseane ʼn verwoestende uitwerking het, besef ons nie dat die plastiekafhanklikheid van ʼn welgestelde, gevorderde en verstedelike samelewing, wat van die natuurlike en onontwikkelde wêreld verwyder is, nog meer omvattend en potensieel verwoestend is nie.”
Els sê verder dat ʼn betreurenswaardige neiging stadig met die aanvang van die nywerheidsrevolusie begin het en veral in die afgelope aantal jare met die vinnige, kubergedrewe lewenstylveranderings toegeneem het. “Dit het die tipiese en veral ‘Westerse’ stedeling heeltemal in ʼn stryd geplaas met die feit dat die mensdom maar net een spesie op die planeet is waar biodiversiteit oor millennia ontwikkel het om volledig geïntegreer te word.
“Die ‘circle of life’, wat so verkeerdelik in ʼn gewilde Disney-fliek voorgehou word, het nooit ontwikkel om die menslike spesie buite rekening te laat nie. Dit is egter presies wat die anti-verbruikers en veral diereregte-aktiviste met hulle vreemde leerstellings in die kele van ʼn goedgelowige publiek probeer afdruk. Ons is nie net waarnemers van die lewe op hierdie planeet nie – soos ʼn kind wat vir ʼn goudvissie in sy bak kyk nie.
“Ons is, en was altyd bedoel om ons plek in die kring van die lewe in te neem en elke poging om ons daaruit te sluit sal ʼn verwoestende uitwerking op die biodiversiteit van die planeet hê. Daarbenewens sal dit negatief op die psige van die mensdom inwerk wat ʼn sterk behoefte het om tot die natuurlike orde te behoort.
SUCo-SA het gesê hy sal met enige persoon of organisasie saamwerk, waar en hoe dit ook al sal help om sy saak te bevorder.
Die koalisie se doelstellings word in die kernverklarings uit sy grondwet saamgevat:
- Die term, volhoubare gebruik, beteken om met insig die hernubare biodiversiteit verantwoordelik te gebruik, asook die elemente wat dit ondersteun, sodat dit nie sal lei tot die uitputting van die hulpbron nie.
- In ag genome die oorheersende invloed van ʼn verstedelikte en geïndustrialiseerde samelewing op ons denke, media en beleidsvorming, staan die stigters van SUCo-SA saam sodat ons erfenis, waardes, bewaringsvoordele en die welstand van almal verseker kan verseker. Ons wil die voortdurende, volhoubare gebruik van hernubare, natuurlike hulpbronne bevorder sodat ons toekoms veilig kan wees.
SUCo-SA sê hy sal poog om ander eendersdenkende organisasies regoor Suider-Afrika in te sluit, mits hulle belange by wildlewe, marinehulpbronne, plante, bioprospektering of gemeenskap- en tradisionele gebruike het.
SUCo-SA het ʼn gesamentlike ledetal van meer as 70 000.
Die stigterorganisasies van SUCo-SA met hulle verteenwoordigende, uitvoerende lede is die:
Konfederasie van jagverenigings van Suid-Afrika (CHASA) met Stephen Palos as ondervoorsitter
Nasionale jag- en skietverenigings (Natshoot) met Herman Els as voorsitter
Professionele jagtersvereniging van Suid-Afrika (PHASA) met Dries van Coller as sekretaris-generaal
Suid-Afrikaanse valkejagvereniging (SAFA)
Suid-Afrikaanse roofdiervereniging (SAPA)
Suid-Afrikaanse taksidermie en leerlooiery-verenging (SATTA)
Suid-Afrikaanse voëljagvereniging
True Green Alliance (TGA) met Ron Thomson as uitvoerende lid en
Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA)
Die “tree huggers” verstaan nie dat uitdunning die veld wat deel is van die sirkel, ook beskerm moet word nie. Oorbewyding gaan sommer van nature dan self omtrent alles uitdun. Ek jag nie self nie, maar jag haal gewoonlik die diere uit wat nie as die bestes beskou word nie en maak die trop se bloedlyn sommer beter ook. Die veld word dan ook beter onderhou.
Korreksie vir jou. Daar word op die beste diere teiken geskiet. Langste horings, grootste liggaamsmassa. Vir ‘n diere teikenskieter is net die beste god genoeg
Ek gee rerig nie om as iemand ‘n bok, of bokkie jag vir die vleis of vir ‘n bietjie biltong solank daai skoot reg tref en die dier nie ly nie. ‘n Opgestopte wild boud is lekker, en wild biltong net soe. Wat my gekry het was die dom vrou wat ‘n kameelperd geskiet het, en toe die hart uitgeruk het en daar met hom gestaan en spog het
So jy gee rêrig ook nie om as ‘n persoon in die Verre-Ooste honde skiet solank hulle geeet word?
Waarom nie?
Mmmm Rudolph – die is ‘n klasieke voorbeeld van ‘n strooipop argument.
Puik idee Krappies & kie. Sterkte met die aksie.
Waarom sien ek nie SA Jagters en Wildbewarings Vereniging se naam hier nie?