Janusz Walus keer dalk terug Pole toe

Janusz Walus (Foto: Twitter)

Dit is nog nie duidelik wat van Janusz Walus gaan word wanneer hy binne dae op parool vrygelaat word nie. Die Poolse immigrant se Suid-Afrikaanse verblyfreg is egter reeds jare gelede teruggetrek en die moontlikheid bestaan nou dat hy gedeporteer sal word.

“Die departement van justisie en korrektiewe dienste het nog baie werk om te doen voordat daar met enige duidelikheid oor moontlike scenario’s gepraat kan word,” het Chrispin Phiri, woordvoerder van die departement, Woensdag aan Maroela Media gesê.

“Daar is ʼn aantal tegniese dinge waarna die departement moet kyk. Daar is ook ʼn paar internasionale verhoudingsaspekte wat oorweeg moet word.”

Die Konstitusionele Hof het Maandag reeds gelas dat Walus binne tien dae op parool vrygelaat sal word. Ook Walus se regsverteenwoordiger, Julian Knight, is egter in dié stadium nog onseker oor sy kliënt se toekoms.

“Ek weet nie wat die departement gaan doen nie. Dit hang van hulle af.”

Walus, volgens sy regspan die mens in Suid-Afrika wat nog die langste agter tralies is, is al sowat 28 jaar lank in aanhouding en het sedert 2011 reeds verskeie kere onsuksesvol aansoek gedoen om parool.

Dít ten spyte daarvan dat die paroolraad langer as ʼn dekade al aanbeveel het dat Walus op parool vrygelaat word. Min. Ronald Lamola het egter elke keer geweier.

“Die wet is die wet en moes uiteindelik toegepas word,” sê Knight egter nou nadat sy kliënt uiteindelik parool toegestaan is.

Walus het Hani in 1993 voor sy huis in Boksburg doodgeskiet. Hy en Clive Derby-Lewis is in dieselfde jaar albei die doodstraf vir die moord op Hani opgelê. Die vonnisse is later na lewenslange tronkstraf omgeskakel. Derby-Lewis is in 2015 op mediese parool vrygelaat en is in November 2016 dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Maggies ·

Dit sal veiliger vir hom wees om in ‘n ander land te verdwyn. Ek hoop hy ly hierna ‘n rustige lewe.

Christine ·

Stem saam, want hier gaan hy binnekort deel van die 79 statistiek wees. Sy vlug moet ‘n geheim wees en wanneer hy vrygelaat gaan word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit gebeur dikwels dat lande bloot weier om burgers met kriminele rekords terug te ontvang. Dan word hulle staatloos en bly die verantwoordelikheid van die gasheerland. Vraag is: Waarom het Pole nie versoek dat hy op parool uitkom toe hy gekwalifiseer het nie? Dis tog immers hul burger.

Danie ·

My vriend dis beter weg van SA.Hier sal jy nooit rus en vrede ervaar nie.Die wanbelans rakende misdaad hier sal nooit vrede bring nie.

Cherokee ·

Hy behoort onder beskerming vrygelaat te word.
Miskien sal die regering permanente lyfwagte aanstel (ag ja okày okày!).

JohanR ·

Cherokee is dit net die land se mense wat besef hoe useless die ANC is, of weet die ANC self hoe useless hy is?

BullsBabe ·

Ek sal verseker terug gaan na my land toe as daar hoop is….hier in SA gaan hy dit vereker nie maak nie….Ons Suid-Afrikaners self se lewens is elke dag in gedrang…..en net met die Here se beskerming staan ons nog.

Jack ·

Met Pole se ervaring van kommunistiese onderdrukking behoort die Pollse regering vir Janus Walus ‘n standbeeld op te rig en hom ‘n pensioen toeken.

Gaitsigubib ·

Hy het heelwat aanhangers in Pole. Daar is ons inheemse politiek minder relevant, hulle sien hom as ‘n man wat teen marxisme was en n man wat ‘n politike gevangene was. Nou met die oorlog teen Rusland dink ek hy mag dalk met ope arms verwelkom word in Pole.

gpsa ·

Kan aan geen rede dink waarom hy in SA sal wil aanbly nie. Selfde vir ander mense met burgerskap in ander lande, hoekom bly hulle hier?

Anel ·

So bly vir hom. Eintlik moet hy 10 jaar se skadevergoeding van Lamola eis, in sy privaat hoedanigheid, wat die hof het al 10 jaar tetug parool toegestaan en hy het geweier. Dink hy is bo die wet! Sterkte mnr Walush vir die res van jou lewe in Pole!

Betsie ·

Ek ken Janusz en het hom elke maand besoek in Kgosi Mapuru Medium. Hy kan nie hier bly nie. Die beste sal wees, deporteer hom. Hy het sy familie daar.

Nettie ·

Betsie, is hy en sy prokureurs bewus van al die openlike doodsdreigemente teen hom op Twitter? Asseblief waarsku hulle. Hy verdien om sy laaste jare in vrede en veiligheid uit te leef. Sê vir hom baie van ons glo hy het sy straf uitgedien en verdien nou sy vryheid.

Vrijburger ·

Noem aan hom die konsep van ‘Go fund me’, ek is seker hy gaan fondse / pensioen nodig he.

Gaitsigubib ·

Bets se vir hom hy is n yster. Ons wens hom voorspoed toe en hy moet versigtig wees.

marius ·

Magoos Bar se moordenaar en ander bomplanters het as gevolg van hul sogenaamde politieke oorwegings helde status gekry . Laat hy terug na sy land van herkoms want hier sal sy lewe net verdere hel wees .

Wakkerslaper ·

Ek sou presies dieselfde gedoen het Mnr. Walus
Die eens vooruitstrewende, wêreldklas Suid Afrika van die verlede, is nou ‘n tipiese Afrika-hool van pes en ellende en korrupsie en geweld, en is baie vinnig oppad na ‘n volslae kommunistiese staat, dit waarteen ons juis so hard baklei het. Alles verniet… uitverkoop deur die links-liberales wat graag wou onderhandel met terroriste en kommuniste. Sterkte in Pole.

Gerhard ·

Ja dit is baie waar en dan sal sy moordenaars op R1000 borg vrygelaat word en die saak sal dan net verdwyn

JohanR ·

Ek is seker daar is al klaar ‘n hit uit op hom. Hani se vrou was dik kwaad dat Zondo hom vry gelaat het.

whatever ·

Hoop nie hul wag nog 28 jaar voor hul besluit nie. Patetiese spul!

wim ·

Janusz Walus het in1981 van die kommuniste uit Poland gevlug. Daardie commies is sedertdien uitgeskop. As die plaaslke komrats hou nou verder wil straf moet hulle hom hier hou om op die vrot vrugte van hulle revolusie te oorleef.

annie ·

Mmmm…. Chris is nie eers Hani se regte naam nie. Dit was sy oorlede broer se naam wat hy om duistere redes syne gemaak het. Vreemde geskiedenis. Dit is twak die vreeslike tegniese probleme. Zuma kon dadelik die pad vat as dit korrektiewe dienste pas. Hani se glo skatryk weduwee speel nou Medusa in die hoop dat sy ons regstelsel kan rig.

Aai ·

As ek hy was sal ek nou net eet of drink wat sy prokureer vir hom gee.

Niklaas ·

Niks hou die man in SA nie . Blykbaar geen kind of kraai hier. Verhuis terug Pole toe , en sommer spoedig ook , is my raad aan hom.

Swerwer ·

Ek sou ook beslis teruggegaan het Pole toe as ek hy was want daar het hy ‘n kans om sy laaste jare op aarde dalk te kan deurbring maar beslis nie in ons land nie.

Nettie ·

Ek hoop van harte sy familie kry die Poolse regering om sy veiligheid te verseker dat hy veilig uit die tronk terug huis toe kan gaan na hulle toe. Want daar is reeds openlik dreigemente gemaak as hy uit die tronk stap.

Jaco ·

Ek wens ek kan gedeporteer word. Eerlikwaar, as ek ‘n waarborg van verblyfreg in Europa, Amerika, Kanada, Australië, Brasilië of Argentinië kan kry, selfs met NET die klere aan my lyf, is ek MÔRE weg. Daardie lande het ook probleme, maar hulle is darem almal sonder:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Swak onderwys
Min of geen munisipale dienslewering
Regstellende aksie en BEE
En en en

Nettie ·

Ja, maar jy gaan net eers WW3 wat waarskynlik nuclear gaan draai, moet oorleef. ;-)

piet ·

Hoe ver is jou vlugtelingstatus aansoek? Hierdie dinge gaan nie self gebeur nie, jy sal self die inisiatief moet neem. ‘n Gemoanery elke dag op Maroela hoe sleg SA is en hoe graag jy oorsee toe wil vlug, gaan niks help nie. DOEN IETS!!! So terloops my broerskind is met net ‘n tas in sy hand Kanada toe, sonder dat hy werk gehad het (hy het egter die proses deurloop om aansoek te doen en so aan). Omtrent dadelik werk gekry en skynbaar doodgelukkig. JY KAN OOK MAAR DAN MOET JY SELF IETS DOEN. WAT HET JY SOVER GEDOEN OM UIT TE VIND HOE JY HIER KAN UITKOM???

Republikein in die Wes Kaap ·

piet, jou broerskind is seker nog jonk. Maklik die nodige punte gekry. Waarskynlik ook ongetroud en sonder kinders. Kon maklik sy werk bedank en geen huis om te verkoop nie. Wanneer jy jou 40s nader sal jy sukkel om die nodige punte te kry. Wat Jaco noem is georganiseerde deportasie, waar jy gehelp word om te hervestig. Dit is nie noodwendig ‘n geval van asiel of vlugtelingstatus nie. Dit moet op regeringsvlakke hanteer word. Intussen moet jy maar die gemoanery verduur. Jy kla ook gereeld oor toestande in die land, maar kom nooit vorendag met alternatiewe planne nie.

My siening ·

Sterkte man hoop jy kom vinnig weg want zuma se kind wat mag sê net wat sy wil het gesê hulle gaan jou dood maak en groot hoed sal jou ook nie help nie, so hoop jy kom veilig uit!

SjN ·

Janusz, klim die eerste vlug, jy is swak en onregverdig behandel, die misdadigers regeer en besluit soos dit hul pas, voorspoed en sterkte.

Lillian ·

Wie wil elke geval hier bly? Almal wat kan verkas, as ek hy was sou ek bly gewees het om hier weg te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.