Jesse Clegg se lewensmaat verloor kankerstryd

Jesse Clegg en sy lewensmaat, Dani Cooperman, saam met hulle dogtertjie, Mylah. Dani het haar stryd teen kanker verloor. (Foto: Facebook/Jesse Clegg)

Jesse Clegg, sanger en seun van die ontslape musikant Johnny Clegg, het Donderdag die afsterwe van sy lewensmaat, Dani Cooperman, op sosiale media aangekondig.

Luidens Jesse (34) se Facebook- en Instagram-inskrywings is Dani verlede jaar met kanker gediagnoseer.

“Dit is met diep hartseer dat ek die nuus van die afsterwe van my pragtige Dani deel. Sy is verlede jaar met kanker gediagnoseer en het met ongelooflike moed en grasie ʼn stryd tot die einde gevoer,” skryf Jesse.

“Haar siel het aanbeweeg na die volgende groot avontuur en sy het nou vrede. Sy sal gemis word deur haar familie en vriende en die talle lewens wat sy aangeraak het. Sy was die liefde van my lewe en ʼn ongelooflike ma vir ons dogter, Mylah. Haar pragtige gees lewe voort.”

Jesse en Dani het in Maart verlede jaar ʼn dogtertjie, Mylah Thandolwethu, verwelkom.

“Help ons asseblief om haar te verwelkom in hierdie wrede, gekke, pragtige wêreld,” het Jesse destyds gesê.

Jesse het in Julie 2019 sy pa, Johnny, aan pankreaskanker afgestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Delia ·

So jammer Jesse. Sy was so jonk nog. Jammer dat jy jou dogtertjie nou sonder jou vrou moet grootmaak. Kanker is n nare siekte.

Naomi ·

Sterkte vir jou en pragtige Mylah wat agter bly mag God ook vertroosting bied vir jul en familie sterk wees????

Willem Hendrik ·

Jou pa was my n rolmodel van respek en assimilasie. Sy musiek steeds deel van n nuwe wereld moontlik te wees. Ons voel met jou mee Jesse en hoop jy maak jou meisiekind groot met jou algehele liefde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.