JHB-begroting: Minder geld vir dienslewering, meer vir salarisse

Johannesburg (Foto: Stad Johannesburg)

Die voorgestelde begroting vir die Stad Johannesburg behels dat befondsing van noodsaaklike dienslewering soos elektrisiteit en die opgradering van infrastruktuur gesny word. Dit terwyl ʼn salarisverhoging vir die burgemeester voorgestel word. Johannesburg word tans deur ʼn ANC-koalisie regeer.

Dié begroting sal na verwagting Donderdag tydens ʼn raadsvergadering voorgelê word. Volgens Herman Mashaba, voormalige burgemeester van Johannesburg en stigter van The People’s Dialogue, stel dié begroting voor dat geld vir verskeie noodsaaklike dienste met miljoene rande en in sommige gevalle met tot 80% gesny word. “Soos die begroting nou daaruit sien, voorspel dit net swaarkry vir die inwoners van Johannesburg. Die agterstand in die opknapping van infrastruktuur sal vererger en dienslewering in Johannesburg sal heeltemal ineenstort,” sê Mashaba

Herman Mashaba, voormalige burgemeester van Johannesburg.

Indien dié voorstelle goedgekeur word, sal die volgende afdelings en projekte se begroting soos volg gesny word:

  • City Power van R1 miljard tot R738 miljoen.
  • Die departement van vervoer van R1 miljard tot R683 miljoen.
  • Installering van openbare beligting van R50 miljoen tot R30 miljoen.
  • Die herbou en opgradering van paaie van R300 miljoen oor twee jaar tot R113 miljoen oor drie jaar.
  • Beplande vervanging van rioolstelsel in sentraal-Johannesburg van R180 miljoen oor twee jaar tot R10 miljoen oor dieselfde tydperk.
  • Beplande vervanging van die waterpypleidingstelsel van Johannesburg, Midrand, Roodepoort en Sandton elk met tussen R85 miljoen en R65 miljoen gesny oor twee jaar.

“Daar is geen twyfel dat Covid-19 ʼn groot impak op munisipale finansies gehad het nie, maar dit is duidelik dat die Stad Johannesburg geen poging aangewend het om uitgawes te herprioritiseer eerder as om geld vir dienslewering te sny nie,” sê Mashaba. “As bewys hiervan stel die begroting salarisverhogings vir die burgemeester en hoofsweep voor wat meer is as die maksimum vergoeding vir ampsdraers soos deur die departement van samewerkende regering en tradisionele sake vasgestel. Die verhoging is ook baie meer as inflasie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Fedup ·

Don’t blame the virus, mashaba.
It’s not a thinking organism.
Anyhoo, i for one cannot understand why they get raises, as there isn’t money.
Now the joburg citizens will have to stay without none or half wit services.
But then again, what do one expect from clowns.

Barbara ·

Wat is nuut in die ANC en ons regerig. Pas net hul eie sakke vol geld op en ????bank toe. Terwyl wat oor is van SA nog verder laat onder gaan. Kan die mense wat ANC stem nie wakker skik nie. Ons kan net bid vir ons land vir ń beter regering wat regtig omgee en nie net aan hulself dink nie.

Stofdonkie ·

“Beplande vervanging van rioolstelsel in sentraal-Johannesburg van R180 miljoen oor twee jaar tot R10 miljoen oor dieselfde tydperk.” Hier kom groot k&$. Maar as al die uitgawes gesny word kan die salarisse ook maar gesny word want hulle gaan dan minder werk doen?

Johanncb ·

Hulle moet net besef hoe minder diens gelewer word, hoe minder geld kom in vir salarisse ook! Die kraan gaan vinnig begin droogloop! Belastingstakings lê en loer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.