Jhb-burgemeester in hospitaal

Geoffrey Makhubo, die uitvoerende burgemeester van Johannesburg (Foto: Joburg Government)

Die burgemeester van Johannesburg, Geoffrey Makhubo, is weens Covid-19-verwante komplikasies in die hospitaal opgeneem.

Luidens ’n verklaring wat deur sy kantoor uitgereik is, het Makhubo laat verlede maand positief vir die koronavirus getoets.

“Die burgemeester sal in die hospitaal bly totdat sy mediese span tevrede is met sy herstel,” sê Mlimandlela Ndamase, die kantoor se woordvoerder.

“Ons doen opnuut ’n beroep aan inwoners van Johannesburg om die nodige Covid-19-voorsorgmaatreëls na te kom.

“Dit sluit die dra van maskers en gereelde ontsmetting in. Inwoners moet ook by die vlak 4-inperkingsregulasies wat verlede Sondag deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is, hou.”

Maroela Media het Saterdag berig dat ’n rekordgetal van 24 270 nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika aangeteken is – die meeste hiervan in Gauteng (14 198).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Boekwurm ·

Dit is juis waarom ons almal die vaccine moet kry! Om sulke gebeure te verhoed sodat ons onsself as ook ons geliefdes kan beskerm teen hierdie aaklige virus! Die ding gaan net erger raak as ons nie almal saam staan nie en baie mense gaan sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.