Jhb-man gered wat in vleismeul by supermark vassit

(Foto: Verskaf/Emer-G-Med)

Nooddienspersoneel van Emer-G-Med is Woensdag omstreeks 09:00 na ʼn supermark in Johannesburg ontbied nadat ʼn man in ʼn vleismeul in die supermark se slaghuis verstrengel geraak het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê verskeie gevorderde lewensondersteunende ingrypingsmetodes was nodig om die man, vermoedelik in sy 30’s, te stabiliseer voordat hy versigtig deur Gauteng EMS Rescue uit die vleismeul gered is.

Toe hy vry is, is die besluit geneem om hom met behulp van die Netcare911-helikopter na ʼn spesialisfasiliteit te vervoer vir die bepaalde sorg wat hy benodig,” sê Van Reenen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.