Joernaliste geskok oor vreemde mediakonferensie

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Verslaggewers is Sondag tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg gedwing om hul skoene uit te trek en te kniel voor tradisionele leiers van Venda.

Die eienaardige perskonferensie het gehandel oor ʼn berig verlede week in die Sowetan-koerant dat Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, ʼn vrou as geskenk ontvang het.

Mudzi Wa Vhurereli ha Vhavenda, ʼn groep tradisionele leiers en genesers van Venda, het aan verslaggewers opdrag gegee om hul skoene uit te trek en te kniel sodat hulle ʼn kulturele ritueel voor die aanvang van die konferensie kon doen. Meeste verslaggewers was geskok oor die opdrag, maar het dit gedoen sodat die konferensie kon voortgaan.

Lede van Mudzi, in helderkleurige klere, en twee kaalborsvroue, het deurgaans bly buig en luid gejil voordat ʼn lid gepraat het. Die ritueel het soms glo vereis dat hulle op die vloer moet gaan lê.

Slegs een persoon in die groep, Gladys Nethengwe, kon bietjie Engels praat. Sy het voor die perskonferensie aan die verslaggewers gevra of enigiemand vir hulle kan tolk, aangesien hulle almal Tshivenda praat. Sy was onder die indruk dat die verskillende mediagroepe hul eie tolke sou hê. Ondanks die taalprobleem het sy in Tshivenda met die perskonferensie begin, maar die verslaggewers het haar onderbreek. Sy is uiteindelik oorreed om te tolk wat elke lid sê.

Een van die kaalborsvroue, Vanessa Mutswari (23), is ʼn kollegestudent wat glo aan Motsoeneng as ʼn geskenk oorhandig is. Mutswari sê sy is aan iemand anders verloof en die berig van 13 Junie in die Sowetan is nie die waarheid nie. “Ek sê met my eie mond, ek is nie aan enigiemand gegee nie,” het Nethengwe namens Mutswari getolk. “Dit is nie Venda-tradisie nie. Ek is trots op my kultuur en wie ek is. Ek was nie halfkaal nie. Dit is ʼn shedo [Tshivenda tradisionele drag]. Ek sal dit bly dra.”

Sy sê die berig in die Sowetan het probleme vir haar veroorsaak en het bykans haar voorgenome huwelik verwoes.

Mutswari is ʼn ywerige sokkerspeler en skoonheidskoningin en het gesê die lewe sal voortgaan ondanks die berig en sy sal dit weer met haar aanstaande eggenoot bespreek.

Nethengwe, wat vir ander lede van Mudzi getolk het, het die bewering, dat 10 meisies voor Motsoeneng geparadeer is, ontken. Sy het gesê daar was slegs vier meisies deel van die geleentheid en twee was begeleiers.

“Wat gesê word, is nie die waarheid nie. Volgens Venda-wet moet jy geskenke gee indien iemand jou besoek. Ons het ʼn koei aangebied. Ons het ʼn koei en ʼn kalf vir die hele SAUK gegee. Dit was nie vir ʼn spesifieke persoon nie,” het sy gesê. Sy het verduidelik die meisies het die geleentheid verlaat om Motsoeneng te begelei om sy geskenke vir hom te wys.

“Ons harte bloei weens die leuens,” het Nethengwe namens ʼn lid getolk. “ʼn Vrou kan nie aan ʼn gewone persoon gegee word nie. Slegs ʼn stamhoof kan twee of meer meisies kies indien hy vooraf met die ouers gereël het.”

Sy sê die Venda-koning, Toni Mphephu Ramabulana, wat nie deel is van hulle groep nie, was ontsteld en hartseer oor die mediaberigte.

Die Sowetan het die berig met ʼn foto van Motsoeneng langs die vrou en die koei gepubliseer. Sapa het die storie van die Sowetan gedra.

Die groep het daarop aangedring om Sondag ʼn geskrewe reaksie aan die Sowetan en Sapa te oorhandig. Hulle het verslaggewers van die Sowetan en Sapa afsonderlik opdrag gegee om na vore te kom en die dokument te kom haal. Ná baie teenkanting van die verslaggewers, het Mudzi geëis dat die dokument geneem sal word, aangesien dit hulle reaksie is op dít wat hulle as “leuens” beskryf.

Die leiers het die verslaggewers opdrag gegee om te kniel om die dokument te ontvang terwyl ʼn ritueel uitgevoer is. Verslaggewers het geweier, maar is aangesê hulle kan nie voortgaan indien hulle kniel nie. Iets wat soos graan lyk is op die dokument gestrooi en daarna is iets opgesê wat soos ʼn gebed klink.

Die kaalborsvroue het op die vloer langs die joernaliste gaan lê terwyl die ritueel uitgevoer is.

Die graan is daarna van die papier af in ʼn pot laat val en die kaalborsvroue het die papier aan die joernaliste oorhandig.

Die Sowetan het verlede Vrydag berig dat tradisionele stamhoofde in Venda ʼn vrou, koei en kalf aan Motsoeneng oorhandig het as geskenk. Die koerant het berig dat 10 vroue voor hom in Thohoyandou, Limpopo, gaan staan het sodat hy ʼn vrou kon kies. Motsoeneng en ander hoofde van die SAUK was in die omgewing om met Mudzi te vergader.

“Daar was ongeveer 10 meisies en hulle is voor hom geparadeer om van te kies,” het Humbelani Nemakonde, uitvoerende sekretaris van Mudzi, aan die Sowetan gesê. “Al die meisies was saam met hul ouers daar. Hul ouers het geweet wat gaan gebeur en almal het ingestem.” Die groep het Sondag Nemakonde se aanhalings ontken en gesê dit is onwaar. Die groep eis ook dat die berigte teruggetrek sal word. -SAPA

Lees ook:
Ondersoek ingestel ná SAUK-hoof vrou as geskenk ontvang
SAUK-hoof kry vrou as geskenk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

10 Kommentare

Dick Davel ·

Pieter F Bruwer se gedigte.
Nongqawuse se spook loop weer

Daar’s niks nuuts onder die son nie:
alles wat is was immers alreeds
en hoe meer dinge verander
hoe meer bly hulle dieselfde….
Veral hier in donker Afrika-
die land van voorvadergeeste-
waar lewendes werklikwaar
deur dooies voorgeskryf word,
die horendes vir dowes luister
en blindes oor siendes heers-
hier bly bygeloof die koning.

Daarom volg millennia en eeue
mekaar steeds eentonig op-
sonder enige vooruitgang-
daarom bly armoede oorheers,
weens al die onkunde en vrees,
want niemand leer uit foute nie
als is mos die skuld van towery.
Steeds bly regeer geweldenaars
sonder enige teken van gewete
en/of besef van reg en verkeerd.
Steeds bly ongebreidelde haat
jeens die witman weens afguns –
omdat hy uit die niet uit steeds
onbegryplik welvaart kan skep-
diegene wat dink dat die haat
aan apartheid gewyt kan word
ken nie hulle geskiedenis nie-
apartheid was immers te wyte
aan blanke vrees vir dié geweld,
en ten spyte van mooi praatjies
was die vrese toe geldig gewees-
die spook van Nongqawuse loop
immers alweer diep bloedspore
dwarsdeur hierdie suiderland.

Wie nie vir Nongqawuse ken nie
sal haar gees nog intiem leer ken.
As sangoma sou Nongqawuse
in April van agtien ses en vyftig
beweer sy’t drie voorvadergeeste
in die bos langs ’n rivier ontmoet.
Die geeste sou aan haar gesê het
die Xhosas moes al hul vee slag
en ook al hulle oeste vernietig.
In ruil daarvoor ondernam hul
om uit die doderyk terug te keer
om die gehate witman te verdelg
en hom uit die land uit te verdryf-
nes Dingaan dekades vantevore
reeds by Bloukrans probeer het.
Dan sou die voorvadergeeste ook
reuse vet vee-kuddes saambring
om die dooie beeste te vervang,
die oeste sou uit die niet verskyn
en die Xhosas skatryk sou word
om vir altyd voorspoedig te lewe.

Toe die destydse hoofman Sahili
hiervan hoor was hy baie verheug
en het dit as geleentheid gesien
om sy mag te kon vergroot deur
die Xhosavolk om hom te verenig
en hulle, aangedryf deur honger,
as ’n desperate massa op te roep
en dan teen die blankes op te werp
om hul te vermoor en uit te delg-
hul oorblyfels landuit te verdryf
en besit van al hul skatte te neem.
Hy sou die opdrag gee dat almal
Nongqawuse se geeste gehoorsaam.
Eers moes hul net hul vetste beeste
vang en vrekmaak maar die geeste
was glad nie tevrede gestel nie;
Nongqawuse is terug rivier toe
en kwam terug met die boodskap
dat daardie voorvadersgeeste –
nog steeds meer beeste sou eis.

‘n Derde keer keerde sy terug-
die keer met die opdrag dat
alles moes dood -elke laaste dier-
alle oeste moes vernietig word,
eers as die proses afgehandel was
sou al daardie voorvadergeeste
op ’n gegewe datum terugkeer
saam met nuwe beestekuddes
en al die ongesaaides begin blom
lang vergete dooies sou opgewek
en al die siekes sou genees word.
So kragtig was die brutale drang
om witmense almal uit te moor
dat die Xhosasvolk gehoor gegee’t:
ongelooflik soos dit mag klink om
al hulle eie vee so vrek te maak
en al hul eie oeste te vernietig.

Toe daardie aangewese dag egter
sonder enige teken sou verbygaan
het hul besef dat die geeste nie
van plan was om terug te kom nie
dit was demone wat die lewendes
maar net die doderyke ingehelp het-
derduisende sou van honger sterf-
oorlewendes sou by die witman
om redding en hulp moes aanklop-
dieselfde witman wat hulle wou
uitmoor en van die aarde verdelg
en daardie hulp en sorg is waarom
die Xhosavolk tot vandag bestaan.
Tog loop Nongqawuse se spook weer
en steeds bly die haat teen die witman
bly daardie strewe om hul uit te delg
om so al hulle welvaart te kan roof
In Zimbabwe het sy reeds die land
wat die witman deur sy harde werk
eens tot broodmandjie uitgebou het
ekonomiese en finansieel verwoes-
hul eie mense aan honger uitgelewer-
net om die witman te kan vernietig.
Nou loop sy ook helder oordag weer
in die land ten suide van die Limpopo
en haar opdrag en doel bly duidelik:
verdelg en verdryf al die witmense
deur ten alle koste met alle middele
hul bates te onteien en op beslag te lê
dit waarvoor eeue lank gewerk is:
vermoor boere waar jul hul ook kry
brand al hulle plase af en beset dit
al lei dit ook tot grootskaalse honger.
Sluit die myne deur stakings en deur
onrealistiese looneise, verwoes dorpe
omskep hul stede in plakkerskampe
vernietig hul dorpe en gemeenskappe.

En weer ding honger mee teen haat
wie gaan die wedloop dié keer wen-
kom daardie nag van die lang messe
waaroor hulle so om konkas fluister
om Suid-Afrika deel te maak van
die uitgelese lys volksmoordlande:
Bosnië, Armenië, Ukraine, Rwanda…

Daar’s niks nuuts onder die son nie:
alles wat is was immers alreeds
en hoe meer dinge verander
hoe meer bly hulle dieselfde.
Veral hier in donker Afrika-
die land van voorvadergeeste-
waar lewendes werklikwaar
deur dooies voorgeskryf word,
horendes vir dowes luister
en blindes oor siendes heers-
want bygeloof bly die koning
en sy dienares Nongqawuse
se spook loop deur die land.

Trippie ·

Goeie more Dick, ek merk jy lees ook Pieter se gedigte – dis uit die boonste rakke, voorwaar ‘n digter/skrywer om op trots te wees.

Elizabeth ·

@Trippie – so BLY as ek lees ander lees ook gedigte – hoop jul almal lees die wat op Maroela gepubliseer word ook Min dinge word so mooi gesê as in ons eie pragtige taal!

Trippie ·

@Elizabeth : Absoluut, jy neem die woorde uit my mond ! Ons eie pragtige Moedertaal !

Ek wil jou graag komplimenteer met jou bydraes hier op Maroela – ek lees dit altyd.

Henrietta Klaasing ·

Word ons “gereed gemaak” om Cyril Ramaphosa as president te ontvang? ( Hy is ‘n Venda). Vreemd dat daar skielik so baie aandag aan hul kultuur gegee word ….

Leslie ·

Ek hoor vanoggend op Radio 567 Tino Kammie se program dat plaas boere en besighede die helfte van hulle plase en besighede aan hulle werkers gee, dit sal baie goed wees as Radio 567 die eerste stap neem?

AmY ·

Ons word klaar voorberei vir Cyril (wat toevallig Venda is) om die land te regeer.

Ek sien swaar en baie donker dae vir ons.

Al kap hulle ook my kop af, ek buig net voor God.

Theresa ·

En Suid-Afrika se sirkus word al hoe groter en die “vermaak” al hoe meer…………….

Sollie ·

Die hemele behoed ons… die “student” wat nou dan mos bietjie geletterd behoort te wees siende sy in ‘n kollege is, loop nog ewe kaalbors want dis tradisie! En hoe het die storietjie nie heeltemal verander nie -asof mens dit nou kan glo! As dit nie soveel opslae oral gemaak het sou sy steeds, glo my, nog aan Motsoeneng “behoort” het – of sy nou verloof is aan iemand anders of te not. Hulle glo mos maar aan veelwywery en sulke goete – dis t r a d i s i e!

Elizabeth ·

@Trippie – ditto – lees joune ook, dankie vir kompliment op die Maandag! Ons het die mooiste taal en weereens, so bly as ander mense gedigte ook lees. Seuns/mans veral is mos half allergies daarvoor :) – maar as hul ouer word dan sien hul soms hoe lieflik dinge in ons taal gesê word. Geniet jou week!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.