Johannesburgse geboue verlig vir Israel

Die Ponte-toringgebou in Johannesburg het Donderdagaand met die Israeliese vlag verlig. (Foto: X)

Verskeie Johannesburgse geboue, waaronder die Ponte-toringgebou, was Donderdagaand met die Israeliese vlag verlig te midde van die voortslepende oorlog tussen Israel en die Palestynse terreurgroep Hamas.

Die oorlog het reeds duisende lewens aan albei kante geëis.

“Die Johannesburgse naghemel is verlig ter ondersteuning van Israel,” skryf die organisasie South African Friends of Israel (Safi) op sosiale media.

Dit is byna ’n week sedert Hamas ’n verrassingsaanval op Israel geloods het en Israel se vergeldingsveldtog duur voort.

Die Israeliese weermag het Vrydag alle inwoners van Gazastad gevra om hul huise te ontruim en suid van die gebied te gaan “vir hul veiligheid”.

Die Verenigde Nasies (VN) sê egter die massaverskuiwing van 1,1 miljoen mense in die noorde van Gaza na die suide van die enklawe is “onmoontlik”. Die VN het kort voor middernag van die opdrag te hore gekom en doen ’n dringende beroep dat dit herroep word.

Gazastad (Foto: MAHMUD HAMS / AFP)

“Die Hamas-terreurorganisasie voer ’n oorlog teen die staat Israel en Gazastad is ’n gebied waar militêre operasies plaasvind,” lui die aankondiging van die Israeliese weermag.

Die weermag waarsku dat hy in die komende dae aanvalle in Gazastad gaan loods, maar alles in sy vermoë sal doen om burgerlike teikens te vermy.

“Hamas-terroriste skuil in Gazastad in tonnels onder huise en geboue wat met onskuldige burgerlikes bevolk is. Jy sal slegs na Gazastad kan terugkeer wanneer ’n ander aankondiging gemaak word wat dit toelaat.

“Moenie die gebied by die veiligheidsheining met die staat Israel nader nie.”

Hamas het vroeër gedreig om gyselaars dood te maak sou Israel burgerlike teikens in Gaza sonder vooraf waarskuwing bombardeer.

Israel het reeds alle water, kos en kragtoevoer na Gaza gestaak in ’n beleg wat hy belowe het nie sal eindig totdat alle gyselaars bevry is nie.

“Humanitêre hulp aan Gaza? Geen elektriese skakelaar sal aangeskakel word nie, geen waterkraan sal oopgedraai word nie en geen brandstofvragmotor sal ingaan totdat die Israeliese ontvoerdes terug huis toe is nie,” het die Israeliese minister van energie, Israel Katz, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

miraclealigner ·

Mooi gebaar, maar onthou so paar dae terug het die ANC openlik steun toegegee aan Palestina (en by uitstek, Hamas-). So dit laat mens nou wonder, is die City of Joburg nie meer onder ANC bedwang nie?

57 Chevy ·

So waar n mooi gebaar . Lyk my al hoe meer S.A burgers se oë gan meer oop en laat nie meer toe om voor gesê te word deur cANCer nie .

Marthinus W ·

Slegs indien hulle God eer; lees Deuteronium 15 en Romeine 3.

piet ·

Die hedendaagse Israeliese bevolking is ver van die Israeliete van die bybel. Hulle is in elk geval nie Christene nie so hierdie verheerliking van Israel deur Christene wereldwyd is ‘n redelike vreemde storie. Slegs 2% van Israel se populasie is Christene, hulle is meestal Jode wat niks met die Nuwe Testament of Jesus te doen wil he nie.

Barney ·

Hierdie hele situasie is so hartseer en onnodig. Weereens die onskuldiges wat die meeste ly

Karinda ·

Absoluut, in oorlog is daar geen wenner nie. Meeste soldate is daar want dit word van hulle verwag, Leiers misbruik hul mag.

Nommer 7 ·

“…Forward he cried from the rear
And the front rank died…” (Us and them, Pink Floyd, 1973)

vuurvliegie ·

Kyk! Ek maak Jerusalem ‘n swaar klip vir die nasies, Elkeen wat hom probeer optel sal hom daarmee beseer.

Elmarie ·

Gareth Cliff het ‘n báie besonderse stuk oor hierdie ongelooflike wrede optrede van Hamas geskryf. Ek wens elkeen kan dit lees! In oorloë is daar nóóit enige wenners nie, selfs al dink sommige politici so. My hart gaan uit na elke Israeli

melaney ·

Palestina het telkemale na vele gesprekke met Israel geweier om enigsins ‘n ooreenkoms te onderteken. Hulle is dit duidelik dat daar nie enige plek op aarde moet wees met die naam Israel. Netanyahu se woordvoerder het dit weer vanoggend op RSG herhaal. Lyk my niemand slaan daarop ag nie.

Yolandie ·

Hamas is ekstrimiste en enige iemand wat hulleself wil probeer flous that hulle met terroriste, moordenaars en anaragiste kan onderhandel lewe in ‘n droom wereld. Palestina wil Israel se bestaan van die aardbol af vee en saam het hulle selfs hulle eie mense. My gebede gaan uit na Israel.

Marthinus W ·

Daar was n verkiesing, Hamas het gewen, Amerika en die wereld het gese dit tel nie. Nou is die bloed op hulle hande. Amerika en die Abraham Accords vernietig alles.

Truman Burbank ·

So rukkie gelede was daar ook n jhb gebou verlig. Twyfel of dit vir “Israel” was.

Truman Burbank ·

Dalk as jy bietjie verder as programering beweeg, sal jy sekere dinge beter verstaan

Pawiljoen Rot ·

My hart gaan uit aan almal wat geraak is, maar soveel meer die vrouens en veral die kinders. Dis net ondenkbaar dat sulke goed steeds in die 21ste eeue plaasvind.

PoppieK ·

Baie nice love dit……. MAAR dit terwyl SA se eie mense sonder krag sit (en dan nie eens te praat van water nie)

Estelle ·

Ek kan nie help om te bly dink aan die kerklied wat lui: “Here, maar wat van die kinders …?”

Annelize ·

Mooi so! Laat die ruggraat- en moreellose ANC maar op die draad sit, en al wat ‘n kommunis en terroris in hulle boesem vertroetel.
Die ANC praat beslis nie namens my nie. I STAND WITH ISRAEL!

Ai tog ·

Ek stem nie saam met Israel se besluit om onskuldige mense te bombardeer en hulle krag en water af te sny nie! Dit is ook volksmoord. Hammas is ‘n terroriste groep, hulle moet uitgewis word!

Truman Burbank ·

En die wat nie uitgestuur word, van beide kante, klink n whiskey op die situasie

Anonymouse ·

Mense in plaas daarvan om kante te kies in ‘n baie ingewikkelde situasie, gaan gee liewer jou familie vanaand ‘n ekstra druk en wees dankbaar dat hierdie nie die lot is wat julle in die gesig staar vandag nie. En as dit jou ding is, gaan se ‘n gebedjie vir al die onskuldige mense, waarvan baie kinders is, wat met hulle lewe gaan boet en geboet het. Onthou net hierdie is nie ‘n rugby wedstryd waar ons vir ‘n kant skree nie. Dis mense se lewens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.