Jong Gautenger verdwyn in see

Kampsbaai (Argieffoto)

’n 23-jarige man van Gauteng word vermis nadat hy Donderdag in die omgewing van Kampsbaai in die Wes-Kaap deur seestrome meegesleur is.

Luke van Riet, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Bakoven, sê ooggetuies het kort ná 13:00 hulp ontbied nadat ’n swemmer tussen die Kampsbaai-strand en die Glen-strand onder die water verdwyn het.

’n Plaaslike branderplankryer het vergeefs probeer om tot by die man te kom voordat hy onder die water verdwyn het.

Plaaslike nood-en-reddingspanne fynkam sedertdien dié strook see en ʼn helikopter is ook reeds ingespan om die owerhede in hul soektog by te staan.

Daar is tot dusver geen teken van die man nie.

Van Riet sê die polisie se duikeenheid sal die soektog voortsit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Soos JM, hoop ek ook hy oorleef. Vir mense wat nie die see ken nie, UITERS BELANGRIK om te onthou, ‘n seestroom is nie breed nie. (70m -100m gemiddeld) So indien jy in’n seestroom beland, moet nie probeer terug swem nie, want dan veg jy teen die golwe en put jouself uit. Swem in lyn met die strand om uit die stroom te swem, waarna jy terug strand toe swem.

piet ·

In lyn met die strand bedoel jy seker parallel met die strand. Makliker gese as gedaan. Die meeste mense raak paniekerig wanneer die stroom hulle te diep inneem maar dis gewoonlik makliker om uit die stroom te kom as jy dieper is.

Frank John ·

Binnelanders moet maar liewer ini vlak water swem. Naby die stand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.