Jong motorfietsryer sterf in tref-en-trap

(Argieffoto: ER24)

ʼn Jong motorfietsryer is Vrydag in ʼn vermeende tref-en-trap-botsing in Ladysmith in KwaZulu-Natal dood.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24-nooddienste, het paramedici omstreeks 16:32 op die toneel in Newcastleweg aangekom.

“Die 23-jarige man en sy motorfiets is in die middel van die pad aangetref. Paramedici het hom ondersoek en bevind dat hy verskeie beserings opgedoen het. Daar was niks wat vir hom gedoen kon word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Meiring het gesê die bestuurder van die voertuig wat teen die motorfiets gebots het, het glo na die botsing van die toneel gevlug.

Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hercules ·

seker ‘n taxi, onbevoeg en sonder lisensie, maar die SAPD arresteer ‘n blanke man in Senekal!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.