Jong SAners van die wêreld se mees romantiese reisigers – opname

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Nuwe navorsing toon dat jong Suid-Afrikaners dalk van die mees romantiese reisigers ter wêreld is.

ʼn Onlangse opname deur die Flight Centre Travel Group toon dat 63% van Suid-Afrikaanse “zillenniërs” (Generasie Z en millenniërs) aktief na romantiese konneksies soek wanneer hulle oorsee reis.

Jong Suid-Afrikaners wat aan dié opname deelgeneem het, blyk meer romanties te wees as respondente van Kanada (41%), Australië (40%) en die Verenigde Koninkryk (23%).

Sowat 45% van sogenaamde zillenniërs in die vier lande het aangedui dat ʼn vakansie die perfekte plek is om liefde te vind.

Dit blyk egter dat dit meer mans (53%) is wat romanse in die buiteland ervaar het as vroue (42%).

“Hierdie passie om liefde oor grense heen te vind, spruit dalk uit Suid-Afrikaners se gevoel van avontuur en openheid vir nuwe ervarings,” sê Euan McNeil, besturende direkteur van Flight Centre Travel Group South Africa.

“Die diversiteit van kulture en landskappe regoor die wêreld bied die perfekte agtergrond om betekenisvolle konneksies te maak.”

Volgens Flight Centre Travel Group word solo-reise ook al hoe meer gewild namate mense die geleentheid aangryp om ʼn konneksie met hulself te maak terwyl hulle nuwe bestemmings ervaar.

Die meerderheid zillenniërs wat aan die opname deelgeneem het, het gesê hulle is geneig om alleen te reis (60%).

Mans (64%) was egter meer geneig as vroue (56%) om te sê dat hulle alleen sal reis.

Die gewildste soort solo-reistogte onder die respondente was ʼn sogenaamde sielsoektog gefokus op selfontdekking (54%), ʼn reflektiewe reis wat kontemplasie moontlik maak en bewustheid van die self bevorder (54%) en ʼn kulturele reis wat dieper konneksies tot gevolg het (49%).

“Ons navorsing toon dat mense liefde in die buiteland soek en vind – met mekaar en met hulself,” sê James Kavanagh, uitvoerende hoof van Flight Centre Travel Group Global.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.