Joubertina-moord: Man verskyn in hof

Maritza van der Linde. (Foto: Facebook)

Die 46-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy Maritza van der Linde (43) Dinsdag in ’n apteek op Joubertina in die Oos-Kaap met ’n mes doodgesteek het, het Donderdag vlugtig in die landdroshof op die dorp verskyn.

Marthinus Wessel van der Linde (46), Maritza se vervreemde man, word van moord en poging tot moord aangekla.

Maroela Media het vroeër berig Marthinus is glo die apteek binne en het Maritza gegryp. Haar ma, Drusilla Vorster (61), en verskeie werkers was ook in die apteek.

Die polisie het vroeër gesê hy het glo al die werkers beveel om die apteek te verlaat en Maritza en Vorster na ʼn agterkamer gedwing. Marthinus het die twee vroue na bewering daar met ʼn mes aangeval.

Maritza is op die toneel dood. Vorster is ná die voorval na ʼn hospitaal vir behandeling geneem.

Die polisie het Marthinus by die apteek aangekeer. Die motief vir die aanval vorm deel van die polisieondersoek.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het gesê die saak teen Marthinus van der Linde is tot 30 Maart vir verdere ondersoek uitgestel. Hy bly intussen in aanhouding by die St. Albans-gevangenis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Michael ·

Die afskrik middel is nie meer daar nie ,maak dit reg en die tipe misdaad sal stop.

Marius ·

Wat gaan aan met ons samelewing van vandag, kan mense nie net in vrede met mekaar saam lewe nie. Die aantal moorde wat deur geliefdes, vervreemde geliefdes, familielede en vriende gepleeg word is skokkend.

Genis ·

Dis skrikwekkend hoe geweld seevier… Dis asof lewe nie meer n betekenis het nie… As jy nie gelukkig is nie, beweeg aan… dis regtig siek om iemand so van kant te maak…niemand hier wen nie..

Magda ·

Dis reg dat hy in aanhouding bly = maar as ek MAG vra – hoekom word almal wat nie Moord pleeg in aanhouding gehou nie- Party word sommer n n paar dae op borgtog vrygelaat – hoe werk dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.