Juwelierswarewinkel in Klerksdorp beroof

(Foto: Shutterstock)

Vyf verdagtes is Donderdagaand in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by ʼn juwelierswarewinkel in Klerksdorp.

Volgens inligting het drie gewapende verdagtes vroeër die dag by die winkel by ʼn winkelsentrum betree en die verkoopspersoon met ʼn vuurwapen gedreig, sê lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie.

“Die verkoopspersoon kon ontsnap en die verdagtes het verskeie juweliersware gebuit. Hulle het in ʼn wegkomvoertuig met twee ander verdagtes van die toneel gevlug.”

Met behulp van die Syntell-kameragroep is die verdagtes se voertuig op die N12 in die rigting van Wolmaransstad opgemerk.

“Die taktiesereaksie-eenheid van die Dr Kenneth Kaunda-distrik en Wolmaransstad-polisie het die voertuig onderskep en die verdagtes in hegtenis geneem.”

Beamptes het beslag gelê op die gesteelde goedere.

Die verdagtes, tussen 28 en 41 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn op aanklag van sakeroof.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het al die eenhede geloof wat saam gewerk het om seker te maak die verdagtes word aangekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SjN ·

Dit raak nou al n weeklikse instelling en so arrogant dat hul nie eens maskers dra nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.