Kaapse polisiebestuur betrek by probleme in blitspatrollie

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD)

Action Society se regspan het nou ʼn dringende skrywe aan die Wes-Kaapse polisie se bestuur gerig rakende die ineenstorting van die Wes-Kaapse blitspatrollie se radiokommunikasiestelsel.

Die drukgroep se regspan is ook opdrag gegee om ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) in te dien sodat Action Society tot die kern van die “veelvuldige probleme” in die Wes-Kaapse blitspatrollie kan kom.

“Dit is drie maande sedert Action Society die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aangespreek het oor sy versuim om aandag te gee aan hierdie kwessies, maar niks is gedoen nie. Action Society eis antwoorde,” sê Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society.

Maroela Media het in Oktober verlede jaar berig Action Society is deur lede van verskeie polisie-eenhede genader oor probleme met hul radiokommunikasiestelsels.

Cameron het toe reeds aangedui dat dit algemene praktyk geword het vir polisiebeamptes om hul persoonlike selfone – op hul eie koste – te gebruik om met mekaar te kommunikeer.

Volgens Cameron is die radio’s wat Wes-Kaapse polisiebeamptes gebruik in die 1980’s uitgereik en “kan dit nie byhou nie”.

“Bheki Cele stuur goeie polisiemanne na hul dood as hulle gedwing word om tonele wat aan oorlogsones herinner blindweg te betree. Hieroor kan ons nie ‘stilbly’ nie. Trouens, Bheki Cele moet aangekla word van die moord op elke polisiebeampte wat sterf weens onvoldoende hulpbronne om hul werk op die veiligste manier moontlik te doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Casper ·

Polisie bestuur voel vere vir hulle lede want hulle doen nie die werk nie en hulle het boonop lyfwagte wat hulle beskerm.Radiokommunikasie is van uiterste belang veral waar bystand vereis word.Cele hou hom doof oor klagtes maar as ‘n lid sterf besoek hy die families nie om vir hulle te sê dit is sy skuld nie maar om “medelye”te betoon.Hy is ongevoelig,onverantwoordelik en onverskillig teenoor sy lede.

Wondermaarnet ·

Cele kies wat hy hoor en sien. Solank hy die gravy train kan ry, gee hy nie om nie.

Jacobus ·

Ian Cameron gee Beke Cele gas want hy wil die Weskaap aftrek tot op die mislukkende vlak van die res van die land. Plaas hom in n staat van beskuldiging met seviele eise wat volg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.