Kaapstad kap Ramaphosa oor afwenteling van polisiemag

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

President Cyril Ramaphosa het ’n geleentheid laat verbygaan om leierskap te toon in die bekamping van misdaad.

Só het Geordin Hill-Lewis, Kaapstadse burgemeester, gesê nadat Ramaphosa op ’n parlementêre vraag gesê het die Grondwet maak voorsiening dat die veiligheidsdiens van Suid-Afrika uit ’n enkele polisiediens bestaan.

“Ek doen ’n beroep op Ramaphosa om nie ons gemeenskappe wat daagliks in vrees vir geweldsmisdaad leef, in die steek te laat nie en ons versoek om plaaslike wetstoepassing met meer polisiëringsmag te bemagtig, te ondersteun. Ons stryd is teen misdadigers, nie politici nie.”

Na aanleiding van Ramaphosa se antwoord oor die afwenteling van polisiëringsmagte na provinsies en metrorade, doen die Stad Kaapstad nou ’n beroep op die ministers van polisie en justisie, Bheki Cele en Ronald Lamola, om formeel te reageer op sy versoek om meer polisiëringsmagte.

Hill-Lewis het Cele spesifiek gevra om ’n oordrag van polisiëringsmagte aan die stad ingevolge artikel 99 van die Grondwet te oorweeg.

“Dit bots nie met die grondwetlike voorsiening vir ’n enkele polisiediens nie, aangesien die Grondwet dit toelaat dat die polisie verskillend gestruktureer word op nasionale, provinsiale en munisipale vlak.

“Saam kan ons meer vuurwapens en dwelms van die strate verwyder, en die talle tragedies en lewens wat onnodig verlore gaan, voorkom. Dit gaan daaroor dat kinders veilig buite kan speel, en dat inwoners eenvoudige vryheid van beweging en ’n kans op ’n beter lewe het. Ons kan die polisie help om misdaad te bekamp en Kaapstad saam veiliger te maak.”

Die stad het reeds sy eie munisipale polisiediens en poog om dit meer magte te gee.

“Die stad belê net in hierdie boekjaar alleen in meer as 230 nuwe wetstoepassers en metropolisiebeamptes en honderde miljoene rand in misdaadbekampingstegnologie in die stad – van kameras tot hommeltuie, met ’n rekord R5,4 miljard-veiligheidsbegroting vir 2022‑’23.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Cherokee ·

Jy praat so asof dit ‘n werklike opsie is, en nie slegs ‘n droom van die inwoners.

Republikein in die Wes Kaap ·

Cherokee, dis ‘n realiteit. Maar doer in die Last Outpost sal julle dit nie verstaan nie.

capie ·

‘n Onafhanklike Weskaap is die beste ding wat ooit in die land kan gebeur. Die DA is egter te ver ingekruip by die anc

Kokerboom ·

Welgedaan Kaapstad. Onthou net prestasie in ANC oë word beloon met strafpunte.
Wees wakker..een van die dae sit res van SA bevolking in Weskaap agv jul prestasie en stem vir ANC

Elméne ·

Ek bid net dat die mense wil WAKKER word en besef dat hoe gouer dit gebeur hoe beter. VERGEET hoe oud jy is, dink aan jou NAGESLAG!!!

Di ·

MISDAAD is iets waaroor hierdie korrupte skelms hulle nie steur nie. TE BESIG om geld te verduister en nuwe planne te maak om meer in te palm. Wag totdat een van hulle eie familielede sterf aan die hand van hierdie einste misdadigers, DAN sal hulle sien en voel waardeur ons moet gaan. O tog, het vergeet dat daar BILJOENE betaal word om die korrupte spul en hulle families dag en nag te beskerm met ONS GELD

Gretha ·

Ja want dit gaan baie goed met hom anders as meeste Suid Afrikaners

Elméne ·

Ja want sy beursie word net voller by die dag. Wonder of hy dink hy gaan daardie dollars sal kan saam neem hel toe!

john ·

The ANC stel nie belang om misdaad te bekamp hoe groter die gemore met hoe meer kom hulle weg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.