Kaapstad-waterkrisis: Optrede teen watervermorsing geëis

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Die VF Plus het in ʼn skrywe Helen Zille, die premier van die Wes-Kaap, versoek om maatreëls in te stel en streng op te tree om die vermorsing van water te beëindig.

Dr. Corné Mulder, leier van die VF Plus in die Wes-Kaap, het in ʼn verklaring gesê dit volg nadat ʼn videogreep op sosiale media geplaas is waarin gesien kan word hoe mense lang rye hoofsaaklik minibus-taxi’s in die straat was terwyl water in die straat afloop.

Mulder het gesê dit is “totaal onaanvaarbaar” dat mense toegelaat word om oënskynlik ongemeterde, gratis water op groot skaal vermors terwyl diegene wat vir water betaal, onder streng beperkings staan en boonop beboet word indien hulle die beperkings oorskry.

“Die VF Plus versoek mev. Zille om streng maatreëls in te stel en toe te pas wat informele ondernemings sal verbied om water te vermors,” het hy gesê.

“Die mense op die video het duidelik kennis geneem van die stad se besluit dat informele woongebiede nie deur Dag Zero geraak sal word nie. Dit is onaanvaarbaar en daar moet opgetree word. Die VF Plus sal hieroor ʼn wakende oog hou.”

Today I personally went to Film WATER WASTERS !!! Ep.1What’s your thoughts Cape Town …I will be going to more areas, RICH & POOR in the next few weeks!City of Cape TownHEART FMGOOD HOPE FMCape TimesKfm 94.5Democratic AllianceCape Argus

Posted by Gershwin Williams on Tuesday, 23 January 2018

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hoe nou?

Hoe nou? Die krane sal nooit leeg word! Skokkend maar waar dat daar nie vir more voorsiening gemaak word, daarom die geld by munisipaliteite wat ontbreek vir instandhouding en uitbreiding. Die neseiers opgebou reeds hiervoor het sedert 1994 verdwyn.

Frikkie

Die vraag is.. Gaan hulle optree, hoogs waarskynlik nie anders word daar verseker weer klippe gegooi en afgebrand.

MC Van Zyl

Totaal onaanvaarbaar! Soveel wette maar meerderheid steur hul daaraan nie!

Johannes

Darem snaaks wie dit is wat probeer spaar en wie dit is wat net mooi niks voel en bly mors…. luister net na die woongebiede wat genoem word. Kyk net na die video.

Ronel

Dit om as geen verrassing nie. In Kroonstad was ons in dieselfde bootjie nie te lank terug nie (okay ons is ‘n dorp. Daai is stad ens….) feit is water gaan opraak. Any way. In ons straat woon ‘n polisieman wat lekker sy tuin gestaan en natlei het net voor ons krane opgedroog het. Ek het by hom gestop en gevra of hy weet van die waterbeperkings en die -krisis. Hy het dreigend nader gekom. Sy vet vinger in my gesig gedruk en gesê whatch it white b.tch, I know where you live. NEt daar het ek kliphard in sy… Lees meer »