Kabeldiefstal kos Jhb miljoene

Een van die talle voorvalle van kabeldiefstal wat die afgelope ruk in die stad aangemeld is. (Foto: City Power)

Die Johannesburgse metroraad het sedert die begin van die maand altesaam 170 voorvalle van kabeldiefstal ten bedrae van meer as R2,2 miljoen gehad.

ʼn Maand tevore is 206 voorvalle van kabeldiefstal aangemeld.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê die meeste van dié voorvalle het plaasgevind terwyl fase 2-beurtkrag in werking gestel is, hoewel “kabeldiefstal plaasvind selfs terwyl die ligte aan is”.

Mpho Moerane, burgemeesterskomiteelid vir omgewing en infrastruktuurdienste, het sy kommer oor die toename in die getal voorvalle van kabeldiefstal te kenne gegee.

Tussen Woensdag en Sondag is 43 voorvalle van kabeldiefstal in die stad aangemeld.

Moerane het ʼn beroep op wetstoepassingsagentskappe, die polisie, metropolisie, die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), buurtwagte en gemeenskapspolisiëringsforums gedoen om saam met City Power te werk om die vlaag te stuit.

‘n Vermeende kabeldiefstal moes hospitaalbehandeling kry nadat hy ernstige brandwonde opgedoen het. (Foto: City Power)

Altesaam 41 verdagtes is sedert Julie verlede jaar in verband met voorvalle van kabeldiefstal in hegtenis geneem, van wie twee die afgelope maand en 11 in Desember.

“Sedert die begin van die finansiële jaar het ons R14,4 miljoen se kabels verloor. Dit sluit nie die koste van die herstelwerk aan die infrastruktuur of die onderdele in nie,” sê Mangena.

“Kabeldiefstal kos die stad nie net miljoene in verlore inkomste nie, dit verontrief ook klante, sakeondernemings en veral klein ondernemings, op ʼn tydstip wat die land ook deur Covid-19-beperkings gaan.”

As deel van die pogings om die plundery te stop, is City Power besig om koperkabels met aluminiumkabels te vervang wat nie van veel waarde vir kabeldiewe is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris dupreez ·

Maar Cele hou hom op met twak soos branderplank ryers toe te sluit in plaas daarvan om na regte misdaad te kyk

Kokerboom ·

Kabeldiefstal moet as verraad teen land geklassifiseer word en hoogs moontlike straf opgele word

Deon ·

Werkloosheid wat deur die staat veroorsaak word moet ook as verraad teen die landsburgers verklaar word…. Daar is n kabel wat nie eens waarde as alluminium het nie wat hulle ook kan gebruik, “kwena kabel” is die kabel se naam.

Gert ·

Koper moet verbied word by metaal handelaars sodat daar geen mark vir dit is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.