Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die paartjie het Saterdagaand omstreeks 21:30 in North End in Port Elizabeth in ʼn motor gesit toe ses gewapende verdagtes hulle genader het. “Die paartjie is in die kattebak van die motor gedwing voordat twee verdagtes met hulle weggery het.”
Volgens Naidu is die paartjie na ʼn strand in Port Elizabeth geneem waar die 21-jarige vrou glo verkrag en die 28-jarige man ʼn paar meter van die motor doodgeskiet is. Die verdagtes het die vrou hierna in die middestad afgelaai. Naidu het gesê die saak is kort hierna onder die polisie se aandag gebring.
“’n Taakspan is onmiddellik op die been gebring en ʼn grootskaalse soektog is na die verdagtes en vermiste man begin met die ondersteuning van die blitspatrollie, die lugvleuel, ʼn soek- en reddingspan en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI).” Volgens Naidu is die man se liggaam omstreeks 12:30 Sondag in die see naby Brighton Beach gevind.
Die slagoffer se motor, ’n goue Polo Vivo, is nog nie gevind nie. Enigiemand wat die polisie met inligting kan bystaan, kan kapt. Killian bel by 083 391 2377 of konst. Nkaza by 082 442 1384.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Daai PE is ‘n evil plek. Kyk net al die walglike dade wat daar plaasvind. Alison, Jade en nou hierdie jong couple. Skandelik. Bring terug die doodstraf vir hierdie misdadigers
Die boosheid van Suid-Afrikaanse kriminele is walglik. Daar is net geen perke nie, geen vrees vir die gereg nie. Maar stem word daar vir die ANC gestem.
Alison se duiwels aanbidder aanvallers het volgens die SA wet reeds hul tyd gedoen. Hulle kom dus kort kort voor vir parool. Die regter het wel aanbeveel dat hulle nooit parool mag kry nie. As hulle gevang word sou die doodstraf al gepasde staf wees vir hierdie monsters, anders is hulle weer eendag op straat.
Wat gaan die DA doen om die plek reg te ruk?
Ek hoop regtig die DA gaan hulle beloftes nakom! Sal daar ooit einde kom aan die wreedheid en moord?