Die voormalige KwaZulu-Natalse eiendomsagent Penny Sparrow het Maandag weer in die Scottburgh-landdroshof verskyn.
Lees meerAlles vir Maandag 15 Augustus 2016
‘Bonnie en Clyde’ gevonnis vir moord
Craig Smeddle en sy vrou, Bridget, wat deur die plaaslike media “Bonnie en Clyde” gedoop is, is Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op die 71-jarige Robert Symons.
Oorsaak van Puk-student se dood bekend
Die oorsaak van Ettienne de Villiers (19), die eerstejaar-Puk-student wat Vrydag dood aangetref is in sy woonstel, is Maandagaand bekendgemaak.
Video: Digitale woordeboek vir gebaretaal
Die Nasionale Instituut vir Dowes het ‘n unieke projek begin. Dit is die samestelling van ‘n digitale woordeboek vir gebaretaal wat veral gaan fokus op die verskillende dialekte van die land se amptelike tale.
Grondgrypers buite Brits verwyder
Die sakeregtewaghond AfriSake het Maandag in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die balju van Brits en die Rooimiere talle onwettige grondgrypers sowat 6 km buite dié dorp suksesvol verwyder.
Rowers skiet op Muldersdrift-egpaar
ʼn Egpaar van Muldersdrift aan die Wes-Rand is Sondagoggend in hul bed op hul kleinhoewe gewond toe rowers vyf skote op hulle afgevuur het.
Oud-sportminister oorlede
Makhenkesi Stofile, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur en oud-sportminister, is in die ouderdom van 71 dood.
[Foto’s] Dié fikse oupa sit nie sommer nie
ʼn 68-jarige oupa van Texas in die VSA het die afgelope week die monde laat oophang toe hy passasiers op ʼn trein in Rio gewys het dat nie almal van sy ouderdom oud of kranklik hoef te wees nie, nadat ʼn medepassasier hom ʼn sitplek vir bejaardes aangebied het.
Die wêreld in foto’s – 15 Augustus 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
JacarandaFM kondig nuwe omroepers aan
JacaradaFM het Maandag aangekondig dat twee nuwe omroepers, onder wie ʼn voormalige Mej. Suid-Afrika, van 1 September by dié stasie aansluit. ʼn Aankondiging is ook gemaak oor Bridget Masinga se plaasvervanger.
Agt vermeende stropers in hul spore gestuit
Agt vermeende renosterstropers is oor die naweek in drie afsonderlike voorvalle in Limpopo in hegtenis geneem.
[Wen] Tops at Spar-wynskou: Wyn en lees loop saam
ʼn Goeie boek en ʼn glas wyn gaan hand aan hand. Maak van 25 tot 27 Augustus ʼn draai by die Tops at Spar-wynskou in die Menlyn Park-winkelsentrum in Pretoria om uit te vind presies hóé goed dié twee bymekaar pas.
Thulsie-tweeling is ‘regmatig’ in hegtenis geneem
Die Johannesburgse landdroshof het Maandag beslis dat die tweeling wat daarvan beskuldig word dat hulle terreuraanvalle beplan het, se inhegtenisname regmatig was.
Bejaarde in Krugerwildtuin vertrap
ʼn Bejaarde man van Limpopo wat Vrydag vermis geraak het, se liggaam is in die Krugerwildtuin opgespoor nadat hy vermoedelik deur ʼn olifant vertrap is.
Zephany Nurse: Twee families bots buite die hof
ʼn Onderonsie het Maandag buite die Wes-Kaapse hooggeregshof ontstaan tussen die familie van Zephany Nurse en die familie van haar ontvoerder.
Ai tog, al die kakiebos tussen die taalblomme
Ry nou maar Weskuslangs, deur Namakwaland, die Richtersveld in en luister hoe praat mense die mooiste Afrikaans. Luister hoe kleur mense in die Noordkaap en Karoo die taal in. Hoor hoe praat die storievertellers en die plaasvolk wat, spierwit grys en soms tandeloos, in Afrikaans jou die mooiste prentjies laat sien.
Tradisionele leier vas vir bendegeregtigheid
Kgoloko Morwamoche (32), die stamhoof van die Madibong-nedersetting in Limpopo, staan saam met twee medepligtiges tereg vir die moord op ʼn 27-jarige man wat van diefstal verdink is.
Vrou vermoor: Huldeblyk aan ’n uitgelewerde
“Laurika verdien dat haar storie gehoor word, al is dit ná haar dood.”
Tronkbewaarders erg beseer ná gevangenes hulle takel
Die polisievakbond Popcru het Maandag gesê ʼn personeeltekort is die rede vir ʼn geveg die afgelope naweek tussen gevangenes en tronkbewaarders waartydens bewaarders ernstig beseer is.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 15 Augustus 2016
Karen Zoid maak vandeesweek plek vir Burgerd Botha in die nommer 1-posisie op die Maroela Media Afrikaanse Top 20.