Kataza dalk na Limpopo gestuur

SK11, oftewel Kataza. (Foto: NCC Environmental Services)

Die Stad Kaapstad het Dinsdag met die Kaap die Goeie Hoop se Dierebeskermingsvereniging (DBV) vergader oor Kataza, een van Kaapstad se bekendste bobbejane, se toekoms en moontlike verskuiwing na ʼn rehabilitasiesentrum in die Limpopo-provinsie.

Luidens ʼn verklaring uitgereik deur die stad het die DBV tydens hierdie vergadering bevestig dat indien Kataza, beter bekend as SK11, se gedrag nie verbeter nie, hulle ʼn aansoek by Cape Nature sal indien om hom te verplaas na die rehabilitasiesentrum waar hy weer in die natuur vrygelaat kan word nadat hy gerehabiliteer is.

“Dit blyk dat Kataza die afgelope paar dae gepoog het om na Tokai te gaan, maar ongelukkig het hy steeds nie die Tokai-trop bereik soos ons verwag het nie, en ook nie met sy geboortetrop geïntegreer sedert sy terugkeer na die Kommetjie-gebied op 12 November nie.

“Soos ooreengekom met die DBV, sal ʼn aansoek om ʼn permit om Kataza na ʼn rehabilitasiesentrum in die Limpopo-provinsie te laat verplaas, voortgaan.”

Die stad het nie die aansoek om Kataza na ʼn toepaslike rehabilitasie-fasiliteit te verskuif, teengestaan nie, en wag op die uitslag van Cape Nature se beoordeling van die aansoek.

Kataza het die afgelope agt weke tussen die Kommetjie-, Ocean View-, Da Gama Park- en Capri-gebied beweeg. Soos vroeër berig, is daar sedert 12 November talle verslae oor hoe hy besette huise binnegekom het, op asblikke toegeslaan het, en ʼn persoon aggressief genader het vir kos. Die afgelope twee weke het hy in die Long Beach Mall-omgewing in Noordhoek gaan woon en daarna na Da Gama en Tokai begin draai.

Die stad het alle belanghebbendes, belangegroepe en inwoners vir hul steun oor die afgelope paar maande bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Veronika ·

Ek verstaan dat hy verwoesing gesaai het en nou weer doen, maar hy moes nooit uit beginsel vanaf sy groep verwyder gewees het nie, dit was wreed.

Baardman ·

Daar is lankal weer ‘n dominante mannetjie in sy oorspronklike groep. Nie n geval van hy wat nie wil teruggaan, sy trop verwerp hom. Dis hoe die natuur werk. Sy kans om ooit weer op sy ouderdom in ‘n trop aanvaar te word is skraal.

Janee ·

Stem saam Veronika….en ek hoop arme ou Kataza sal nou tot rus kan kom.

Hennie ·

Dalk ‘n veiling hou om geld in te samel vir natuurbewaring – hoogste bieër kan dan ou Kataza jag en uit sy leiding verlos.

Hennie J ·

Ai, dis darem vreeslik hoe ons samelewing moet sukkel om van problem-bobbejane ontslae te raak.

Pieter ·

Kom ons betaal vir hom sy lidmaatskap gelde en stuur him parlement toe .daar is een party wat hy baie welkom by sal wees .

Janee ·

Agge nee ou Hennie!….gee die ou darem nog n kans. Die mens het nou weer ingemeng waar hy nie moes nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.