
Lt.genl. Khomotso Phahlane, voormalige waarnemende nasionale polisiekommissaris, en genl.maj. Ravichandran Pillay, die hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se aanvoerkettingbestuur, in die beskuldigdebank. (Foto: Bhekikhaya Mabaso/African News Agency)
Lt.genl. Khomotso Phahlane, voormalige waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Vrydag in die Johannesburgse handelsmisdaadhof verskyn op aanklag van beweerde tenderbedrog.
Langs Phahlane in die beskuldigdebank was genl.maj. Ravichandran Pillay, die hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se aanvoerkettingbestuur.
Die hof het verklarings van die twee beskuldigdes aangehoor waarin Phahlane ontken het dat hy betrokke was by enige misdaad van enige aard. Hy het aangevoer die ondersoek teen hom is uitgevoer as deel van ʼn “heksejag”.
Die twee is vanoggend deur ondersoekers van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) in hegtenis geneem. Daar word beweer Phahlane en Pillay was betrokke by bedrog rakende die aanskaffing van blou ligte en ander toerusting ter waarde van meer as R86 miljoen. Volgens Opod hou dit verband met die toekenning van ʼn bedrieglike tender aan Instrumentation Traffic Law Enforcement, wat deur Vimpie Manthatha besit word.
Verskeie ander verdagtes is verlede jaar in verband met dieselfde saak in hegtenis geneem.
Phahlane was aan die hoof van die polisie van 2015 tot 2017.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
Hoekom ng Lt. genl as hy nie meer in die Polisie is nie. Dan is hy mos MENEER!
Hy is ñ comrade en kader. Sal niks oorkom nie. afrika glo nie in westerse regstelsel nie.
Ek wil ook ‘n aanvoerkettingbestuurder word.
Skelm en leuenaar. Sluit toe.
Hy is mos familie van Zuma?