Kieshof beslis teen Action SA

Herman Mashaba is die leier van Action SA. (Foto: ANA)

Die kieshof het Vrydag teen die politieke party Action SA se dringende hofaansoek oor die kwessie van name op die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se stembriewe beslis.

Die party is vies omdat die OVK die party se naam op konsepstembriewe in Gauteng weggelaat het en glo versuim om die fout reg te stel.

“ActionSA het die teleurstellende nuus ontvang dat die kieshof teen ons aansoek beslis het.

Gegewe die dringende aard van die aansoek, sal die hof eers later skriftelike redes verskaf,” het Herman Mashaba, leier van die party, Vrydag gesê.

“Hoewel ons teleurgesteld is oor die uitslag, is ActionSA toegewyd aan die oppergesag van die reg en respekteer ons die beslissing van die hof.”

Maroela Media het vroeër berig dat die party glo hy gaan weens die fout benadeel word, aangesien kiesers hom slegs deur ʼn kandidaat se naam en die logo op die stembrief sal kan uitken, terwyl ander partye voordeel gaan trek omdat hul naam of bekende afkorting wel op die stembrief verskyn.

“Ons fokus nou op die buitengewone maatreëls wat ons sal tref om te verseker dat kiesers Action SA op die stembriewe kan vind.”

Action SA het die kieshof vroeg in Oktober met ʼn dringende aansoek genader in die hoop om dit reg te stel voor die verkiesing op 1 November plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Truthful ·

ActionSA is in my opinie die enigste party wat die land uit sy gemors ka. Help…Herman Mashaba is .n eerlike man

Konrad1226 ·

Dis jammer. Mashaba maak ‘n goeie indruk. Die varste briesie in SA politiek op die oomblik.

Johann ·

Die Ovk het dit nie weg gelaat nie Hulle het dit nooit ingeskryf nie Hulle het ‘n oop spasie gelos Volgende keer sal hulle beter weet Dis ongelukkig dat hulle met die DA wil kompeteer Ons sal maar sien hoeveel wyke hulle van die ANC afvat

Deon ·

As die mense jou wil kies en jou logo is daar dan sal hulle jou vind. Steeds onregverdig

Dries ·

Sou dit die ANC wees sou die uutspraak anders wees. Sterkte Herman

Erik ·

Herman, ek sal jou logo soek en my kruisie daar trek. Ek dink jy verdien ‘n kans.

Geen blanke leier sal ooit ‘n meerderheid stem in Suid-Afrika kry nie. Ek hou van wat ek hoor en sien van Action SA en Herman Mashaba. Ek gaan hom ‘n kans gee.

Shakespeare ·

Herman is ‘n raakvatter. Hierdie gebeure is uiters onregverdig. Die ANC is bang hy vat te veel stemme van hulle af weg. Weer ‘n ANC gekonkel.

annie ·

Watter party se naam staan bo-aan die stembrief? Sekerlik die ANC en Action SA sou seker bo dit moes staan as die name alfabeties gelys is. So?

Althes ·

Ek dink jy sou ñ beter verskil maak by die DA al het jul nie altyd om dieselfde vuur gesit nie.
Jy kon ñ verskil maak in Johannesburg, maar toe bedank jy.

Lubbe ·

Nee wat die DA het baie tyd en jaare gehad om hulself te bewys. Daar was n baie goeie rede hoekom hy bedank het.

Francois ·

Daar was sekerlik bietjie ANC hulp in die hof se beslissing

Hennie J ·

Nou wonder ek wat anders het Herman verwag . Die sogenaamde kieshof is net n verlenging van die OVK of te wel n orgaan wat die OVK se flaters moet kondoneer terwyl die OVK net weer n verlengstuk van die anc is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.