Kill the Boer-uitspraak nié daar gelaat

Die hooggeregshof in Johannesburg. (Foto: Christel Cornelissen)

AfriForum se regspan het Vrydag ’n aansoek om verlof tot appèl teen die gelykheidshof se onlangse uitspraak oor die lied “Kill the Boer” by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien.

Regter Edwin Molahlehi het verlede maand verklaar dat die dreunsanglied nié haatspraak is nie en die burgerregteorganisasie se aansoek teen Julius Malema en die EFF met koste van die hand gewys.

Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, sê nou sukses in hierdie appèlsaak is van groot belang “omdat die aanmoediging om lede van ’n groep te vermoor of skade te berokken gebaseer op hul identiteit ’n ernstige saak is wat nie geduld kan word nie.

“Veral nie in die lig van die plaasmoordkrisis in Suid-Afrika nie,” sê Van Zyl.

“Hierdie appèlsaak gaan vir ons ’n belangrike aanduider wees van die stand van sake wat ons politieke bestel betref. As die regstelsel egter sy rug draai wanneer minderhede met geweld gedreig en geteiken word, is die belangrikste opsie wat oorbly dat ons na ons eie veiligheid moet omsien.”

Dié omstrede lied is reeds vroeër deur die Menseregtekommissie (MRK) tot haatspraak verklaar. AfriForum wou hê die hof moet Malema en sy aanhangers verbied om dit te sing.

Die gelykheidshof het egter eindelik bevind dat AfriForum nie voldoende bewyse kon lewer dat die lied geweld veroorsaak het en gevolglik op haatspraak neerkom nie. Dié hof het óók bevind dat die sing van die lied nie plaasmoorde op wit mense aanhits nie.

Lees al Maroela Media se vorige berigte oor die saak hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Vandat hul vrye teuels met hierdie haatspraak gekry het het plaasmoorde weer toegeneem!

Tjaart ·

Sterkte. Ek stem saam dat die appeluitspraak sal bepaal of ons na ons eie veiligheid sal moet omsien aldan nie

Suzette ·

Ons gaan maar in elk geval na ons eie veiligheid moet omsien want in hierdie land is die polisie nie in staat om enigiets te doen nie, en malemmer en sy trawante gaan hulle definitief nie aan ‘n appelhof uitspraak steur nie.

Nettie ·

Ja. Sodra ons weet waar ons staan, gaan ons moet begin georganiseerde veiligheid op onsself neem. Ons eie privaat polisiemag stig. Hulle laat ons geen ander keuse dan nie. Nie elke individu nie, maar as ‘n Afrikaner-nasie saam. Vir Afrikaners, deur Afrikaners. Georganiseerd en in ‘n struktuur en volgens wet. Maar self.

BenA ·

Tjaart ek moet saamstem… daar is beslis n paar persone opdie regbank wat beslis nie daar hoort nie… Is hartseer dat ons nou in alle regsstryd moet betrokke raak….om ons bestaan te regverdig

Groen Ghoen ·

Oral word die blanke minderheidsgroep geteiken: In skole, die howe, universiteite, sy taal en kultuur. Waar is die die reënboognasie wat in 1994 belowe is?

Hennie ·

Maar ‘n vlag met geen enkele woord daarop is haatspraak! Verduidelik dit!

annie ·

Moet tog net nie vir Malema beledig nie dan vlieg hy reguit na die VN se hoofkwartier. Hierdie relletjie van keiser Julius is genoeg om die grondwethof te laat bloed ruik… of behoort te…

efjy ·

AfriForum het blykbaar nie genoeg bewyse om hulle stelling te staaf nie. Laat SSA vir ons die statistieke gee van hoeveel blankes (wat nie die liedjie sing nie) swartmense vermoor by hul blyplek, teenoor die hoeveelheid blankes wat in/op hul blyplek vermoor word deur swartmense(wat deur die liedjie aangehits raak) en ons praat weer.

Danie ·

As “kill the boer” nie haatspraak is nie – dan kan ons seker sing – Siembamba ons kokkerotjie

Blomme ·

SA se eie eensydige regstelsel… Die geblinddoekte tannie loer onder die blinding uit na watter ras jy is voor uitspraak gelewer word!!!

Mariana ·

En dan word gesê Die Stem is haatspraak. Die regter is duidelik teen die minderheid gekant en praat die sing van die lied goed. Sê baie van hom ook. Kill the boer is haatspraak en sal nooit iets anders wees nie en dit word aangeblaas deur die rassis en witmenshater Malema en sy maatjies en hy het iemand wat sy toutjies ook trek né. Ons moet onsself en ons families maar in elk geval beskerm

Gert ·

Die regter sing seker saam en sy onpartydigheid is erg twyfelagtig

Gert ·

Ons moet maar ons eie liedjies sing soos siembamba en maak soos die meerderheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.