Kind by winkelsentrum doodgery

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Driejarige dogtertjie is dié naweek naby ʼn Spar-kettingwinkel in Muldersdrift in Gauteng  doodgery.

Ao. Hitler Ngwenya, polisiewoordvoerder, het gesê die kind was Saterdag omstreeks 16:30 saam met haar ouma naby die winkel toe die bestuurder van ʼn Volkswagen Golf glo roekeloos in die gebied rondgery het.

“Die motor het die ouma en die kind getref voordat dit teen ʼn stilstaande bakkie gebots het,” het Ngwenya gesê. Die kind het op die toneel aan haar beserings beswyk. Die ouma is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Die bestuurder het van die toneel weggejaag. ʼn Man het homself egter later die dag by die Muldersdrift-polisiestasie oorgegee en is in hegtenis geneem.

Die man verskyn Dinsdag in die Krugersdorp-landdroshof op aanklag van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wern

Ek sien gereeld sulke lae gewetelose mense in parkeer areas. Laat hy baie swaer gestraf word en as voorbeeld dien dat niemand dit weer doen nie.

Tiger

Ek wonder.Ons is op ‘n grondpad VAN AGTER AF in vasgery deur ‘n boer toe my man regs wou indraai by ‘n ander boer se plaas .Ek was 6 weke in ICU en alas en als 4 maande in die hospitaal.Ek het brein beserings opgedoen,8 ribbes gebreek,borsbeen gebreek en linker bo arm gebreek.Na 3 jaar kan ek nou al kort entjies stadig loop met my man se hulp en ‘n kierie.Ek sukkel om te praat en my regter hand en arm is nutteloos.My man doen alles vir my,maak huisskoon was wasgoed kook kos ens.Ek was bekend as my familie se… Lees meer »

Quin

Tiger, dis baie erg wat met jou gebeur het. Dis ‘n skurk wat wegjaag as hy ‘n kind getrap het, maar in jou geval is dit ietwat anders. ‘n Mens moet aanvaar dat ‘n ongeluk kan ook gebeur wanneer ‘n mens nie nalatig was nie. n Grondpad kan vir ‘n mens maklik ‘n paar aaklige verassings inhou. Sterkte!

MissDemeanor

Hy behoort ekstra gestraf te word vir die wegry.

Francis Linstrom

Die stof is geen rede om van agter on n voertuig vas te ry. Self bestuur al 46 jaar omtrent net op grondpaaie en as jy nie voor jou kan sien nie, wag tot jy kan sien. Sommige mense ry soos idiote op die grondpaaie.