Kitsbank op Odendaalsrus opgeblaas

Die kitsbank is Dinsdag in die vroeë oggendure gebombardeer. (Foto: Verskaf)

ʼn Klopjag na ʼn groep rowers is in die omgewing van Odendaalsrus in die Vrystaat van stapel gestuur nadat die mans ʼn kitsbank opgeblaas het.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die gewapende rowers het Dinsdag om 02:30 op die kitsbank by ʼn vulstasie toegeslaan.

“Die verdagtes het met klapmusse ʼn vulstasie in Kutlwanong genader en ʼn kitsbank gebombardeer,” sê hy.

Die verdagtes het glo skote by die vulstasie afgevuur, maar niemand is beseer nie.

Hulle het kort daarna op die vlug geslaan. Dit is nie bekend hoeveel geld gebuit is nie.

Die polisie ondersoek die bombardering en ʼn saak van gewapende rooftog is aanhangig gemaak.

Enige inligting wat die polisie kan help om die gewapende rowers te identifiseer en vas te trek kan lt.kol. James Mahlatsi van die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid by 073 453 8990 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Danie ·

Ek verstaan dit. Die kitsbank se ook baie keer vir my “onvoldoende fondse” maar ek weet vir n feit dat daar nog geld in die kitsbank is.

Johanna ·

Moet nie sulke nuus meer publiseer nie dit is allerdaags nie meer snaaks nie

Frank ·

Hoe work ‘n kitsbank “gebombardeer”? Verskil hemelsbreed van opgeblaas word

Spyker ·

Hoe op dees Aarde “Bombardeer” jy n kitsbank?
Gebruik hulle deesdae bomme in plaas van Springstof?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.