‘Kla regering aan vir VF Plus-raadslid se dood’

Jan Oost (46) en sy vrou, Sandra, en die seuns, Jan en Eben (Foto: Verskaf)

Die skuld vir die dood van ʼn geliefde raadslid van die Vrystaat behoort vierkant voor die deur van die regering gelê te word. Só het Bertus van der Westhuizen, streekvoorsitter van die TLU in die Vrystaat, gesê nadat Jan Oost (46), VF Plus-raadslid van Frankfort, sy lewe Maandag in ʼn motorongeluk verloor het.

Die ongeluk het op die R54 tussen Villiers en Vereeniging plaasgevind. Oost se vrou, Sandra, en seun, Jan, is tans in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

“Jan Oost was die tweede kennis van my wat op hierdie manier van ʼn gemeenskap en sy gesin ontneem is. Lomon Terblanche van Edenville het op dieselfde wyse gesterf.”

Die ongeluk waarin Terblanche vroeg verlede jaar dood is, is veroorsaak deur ʼn slaggat op die R34-pad tussen Edenville en Heilbron in dié provinsie.

“Albei persone het goeie werk in hul onderskeie gemeenskappe verrig, en hul afsterwe laat gewis ʼn groot leemte agter.”

Volgens Van der Westhuizen ontstaan die vraag of daar nie maatreëls bestaan waarbinne die regering vir dié onnodige padsterftes verantwoordelik gehou kan word nie.

“Die instandhouding van die land se infrastruktuur, waaronder ook paaie, berus by die regering wat openbare belastinggeld hef om dié take uit te voer. Lede van die publiek doen hul deel deur belasting te betaal, maar die regering bly afwesig wanneer dit by dienslewering kom.

“Wanneer slaggate in ʼn pad dan tot noodlottige ongelukke lei, berus die nalatigheid nie by lede van die publiek nie, maar wel by die persoon wie se pligstaat aandui dat hy of sy verantwoordelik is vir die instandhouding van daardie pad. Hierdie persoon doen nie sy werk nie en behoort na my mening summier vir strafbare manslag aangekla te word.”

Hy glo ook wanneer menselewens in gedrang kom en ʼn gesin van sy broodwinner ontneem word weens die regering se pligsversuim, moet opposisiepartye mekaar steun deur gesamentlik die regering verantwoordelik te hou vir sy nalatigheid.

“Dien ʼn klag van strafbare manslag teen die hoof van so ʼn departement in, en ondersteun mekaar in die parlement. Voordat dié roete nie gevolg word nie, sal lewensomstandighede in ons land eerder verswak as verbeter.”

Die TLU SA in die Vrystaat het voor die feestyd reeds ʼn amptelike brief gerig aan die provinsiale departement van polisie, paaie en vervoer, met die versoek om die R57-slaggate met gruis te vul. Dit is die roete tussen Heilbron en Sasolburg.

“Ons het in ons brief pertinent die moontlikheid van padsterftes weens die slaggate uitgewys.

“Hoewel Jan Oost se noodlottige ongeluk nie op hierdie pad plaasgevind het nie, bly die scenario dieselfde.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Androclus ·

Ek weet nie of daar iets van sal kom nie,daardie mense soek die grondpaaie terug dis hoekom hulle nie ag slaan op die paaie nie nie,want dan is daar nie sakgeld vir hulle nie.

Nette ·

Ek stem.
Ek sien in ons dorp sal mense eerder ‘n hengse ongeluk veroorsaak as wat hulle nou maar deur die gat sal ry en miskien ‘n band verloor.

Cindy ·

ek dink dis maar natuurlike reaksie om te probeer uitswaai vir ‘n gat… Ek sal nou nie aspris my kar (en/of iemand ander s’n) afskryf eerder as ‘n wiel nie…

Charlotta ·

Dis wat ek ook sê, kla die refering aan. Hoeveel mense is nou al dood of ernstig beseer as gevolg van die slegte paaie

Nic ·

Begin sommer by die minister van vervoer: hy mors geld op wetgewing (aarto, onder ander) in plaas van toe te sien dat basiese dienslewering soos die onderhoud van paaie gedoen word

Maritza ·

Niks sal daarvan kom maar stem 100% saam. Ons paaie is in n haaglike toestand

Cherokee ·

Maritza, die gereelde ‘niks sal daarvan kom’ met betrekking tot verskillende temas, skep ‘n afbrekende en pessimistiese instelling by mense wat miskien wèl iets daaromtrent kan doen, en handhaaf dan ‘n moet nie moeite doen, want ‘niks sal buitendien daarvan kom’.

Anel ·

Ek stem saam met jou. Ons moet ophou om te sê dat daar niks van gaan kom nie, of dit is nou maar so, ons moet dit maar aanvaar. Nee, man, ons moet niks van die aard nie. Ons moet opstaan en mekaar ondersteun, of daar nou iets van kom of nie. Mens moet altyd probeer. Van aanvaar is wasr ons is vandag, met maskers op ons gesigte. Ons moet begin sake maak teen die skuldiges. Hoe meer dit gedoen word, hoe meer sal mense dit doen. Skuldiges behoort dan 2 keer te dink. Dis nou as die lot ‘n gewete het.

VaalDonkie ·

Ek was eenkeer oppad Welkom toe en het in Bloemfontein by familie oorgeslaap. My oom waarsku my ek moenie die gewone pad Welkom toe vat nie, ek moet eerder ompad ry want daar is baie slaggate. Ek dog dis nie so erg nie, ek ry maar net 100 i.p.v. 120. Sien, ek kom van die Kaap af waar slaggate skaars is. NEE OU BOETA, ek het daai 100km die heeltyd in 1ste en 2de rat gery want daar was letterlik elke 20 meter ‘n tydelike spoedhobbel en tussen daai twee hobbels was daar maklik vyf groot slaggate. Die grootste deel van die pad tussen Bloemfontein en Welkom. Dit het my meer as 3 ure geneem om daai stukkie pad te ry. Dat my Corsa se skokbrekers nie stukkend was nie, is ‘n wonder. Ek moes net ‘n wiellaer (wheelbearing) vervang na daai trippie.

Cindy ·

die pad tussen Welkom en Bloem is al baie jare so erg, weet nie hoekom niks daaraan gedoen word nie :(

VaalDonkie ·

Ja ne. Ek praat hier van 2010. En daai skade het nie in een jaar gebeur nie.

Kokerboom ·

Doen dit net!! Ons het soo in ‘n modus van aanvaarding verval!

BARNEY ·

Meskien moet die VF of TLU n versoekskrif opstel em sirkuleer.

Rudolf ·

Hi MM, ek wil nou nie fout soek nie, maar die vorige rebriek was dit op die R54, en in die een die R56? Op watter pad het die ongeluk nou gebeur? En ek stem saam hulle moet die regering verantwoordelik hou vir hierdie onnodige verlies, die R54 is net veilig om te ry indien jy ‘n helikopter gebruik.

Megan Swart ·

Dagsê Rudolf
Ons vra om verskoning vir die flater. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Misky ·

Gruis in daai slaggate gaan nie veel help nie en die trokke ry dit binne ‘n dag weer uit. Die paaie moet ORDENTLIK reggemaak word. Ons betaal deur ons ore en hulle vermors die geld en druk in hulle gatsak. Spandeer ons geld oordeelkundig of kry bevoegdes om dit te doen.

Toy ·

Daar sal regtig iets nou moet gedoen word aan die paaie en strate in woongebiede, mens ry soos iemand wat dronk is om net ‘n slaggat te mis. Mens is nou net mooi verby kwaad oor die swak dienste wat gelewer word.

Catherina ·

Kla hulle aan. Kom kyk hoe fantasies is ons paaie in WP waar geen , min korrupsie is

Casper ·

Daar is net een goeie ding in die Kaap,die pad terug Transvaal toe.

Shakespeare ·

Nog ‘n moord op die ellelange kerfstok van die ANC.

Annamarie ·

Daar sal soos gewoonlik niks van kom. Die belasting geld gaan, MOS na die sakke van die wat die wat weet hoe om geld te mors.!!!! “” story of our life”” !!

AW ·

Laat ONS Probeer !!

Laat ONS bydra tot die regs kostes.

Wie weet, net dalk is daar sukses vir alle pad verbruikers.

Dan ook, sal ONS weet, wat is die Howe se “Siening” …..

Anel ·

Dis reg. Kla vir Mabula aan. Wat maak hy met al die geld? Ons betaal alreeds R72. 00 ekstra op ons voertuiglisensies. Vir wat? Die petrolrys het vandag weer op gegaan. Vir wat? Wat word met al daardie geld gemaak? Wat ‘n skande! En dan word daar nog R11 miljard geleen. Vir wat???

SlinkseKoljander ·

Die Regering sal lag vir julle en weg stap, dit is al waarmee hulle goed is.

WILLEM ·

Dienslewering in RSA bestaan nie meer nie. Mense lewens word daagliks bedreig deur swak dienslewering. Maar salarisse word nog betaal. Vanoggend weer 2 polisiemanne in uniform in Spar gekry wat hul maandelikse inkopies doen. Gevra of hulle op diens is -JA. Maak liewers ‘n lysie van dit wat nog werk, dit is korter om na te kyk.

jeff ·

Jy moet erken wat daar ‘n reuse verkeerongeluk probleem in die land is.

popsa ·

Die pad tussen Heilbron en Edenville is ‘n nagmerrie. Bitter gevaarlik. Ná Lomon se dood op daardie pad het daar nog ‘n baie ernstige ongeluk gebeur waarin ‘n pappa ernstig beseer is, terwyl sy dogtertjie wat lê en slaap het toe die ongeluk gebeur het, uiters getraumariseerd was daarna. Dit het gebeur naby die plek waar Lomon Terre’blanche sy lewe weens slaggate verloor het. Om die saak in perspektief te stel: Lomon was bekend as ‘n man wat nie vinnig gery het nie; ‘n man wat deur en deur goud werd was vir sy gemeenskap. Die waarheid is dat jy nie vinniger as 50km per uur daar kán ry nie, dikwels na 20km moet verlaag en kort-kort moet stilhou om jou eie lewe en ander s’n te verseker. Nou weer Jan Oost. ‘n Ander pad, dieselfde oorsaak: slaggate. Hoeveel droefheid moet slaggate nóg in SA veroorsaak aan weduwees, weeskinders en gemeenskappe? Is slaggate niémand se verantwoordelikheid nie? Pla dit géén regeringsamptenare hoegenaamd as mense sterf op hulle gehawende paaie nie?

Andries ·

Dit is tragies…. Hulle maak nie die paaie reg nie want die boedelbelasting word ook aan SARS oorbetaal. Net nog ‘n manier om geld in hulle koffers te kry. Dink net hoeveel belasting word betaal a.g.v. ongelukke wat die versekering uitbetaal en skade aan bande ens omdat ons paaie in so ‘n toestand is….

Wicus ·

As mens die psige van ons mede landsbewoners verstaan verbaas niks meer nie. Lees gerus dr Wietz Beukes se analise en vooruitskouings.

Seg een van my kollegas, sy huistaal is nie Westers nie, ‘julle raas net, dit beteken niks’.

Ons moet ander bewindhebbers kry, en tot daai dag alle wettige hulpmiddele gebruik om die verval te stop.

Owlie ·

Dit hoort n wet in ons land te wees dat paaie behoorlik onderhou moet word Dat hierdie onkunde om laslappie teerwerk op ons paaie te doen nie toe gelaat mag word nie Hoeveel mense moet nog hul lewens verloor of onnofige geld aand bande en motor herstelwerk spandeer Daar word genoeg geld aan lisensies, onnodige hoë brands of en blasting spandeer om ons land se paaie met kennis en kwaliteit te onderhou

Lillian ·

Dis, mos, lekkerder om geld te vat wat nie joune is nieen vir jou ‘n blink nuwe Beemer te koop as om infrastruktuur te onderhou. Die regering voel vere vir dié land en sy mense

Buks ·

En dan kan ons nie eers praat oor die grondpaaie nie. Die pad van Bela-Bela na Alma is al 20 jaar in so toestand dat jy jou voertuig moet verkoop as skroot na die 2de rit op die pad. Daar is na ons mooi reën slote so diep jy kan n 4×4 bakkie binne hulle wegsteek. Kyk as jy daardie pad aandurf weet jy jy’s nou in Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.