Klag by MRK ingedien ná LUR glo wittes beledig

Mathabo Leeto, die Vrystaatse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning. Foto: artsculturesa.wordpress.com

ʼn Klag is teen Mathabo Leeto, die Vrystaatse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien nadat Leeto glo tydens ʼn sitting van die provinsiale wetgewer na wit Suid-Afrikaners as “verkragters” verwys het.

In die klagte wat deur Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond, by die MRK ingedien is, sê Bosman dié omstrede uitlatings is ʼn ernstige rasse-aanval op die integriteit van wit Suid-Afrikaners. “Dit is ongegrond, onnodig en sonder enige staankrag. [Leeto] skuld op die minste alle wit Suid-Afrikaners, mans en vroue, ʼn onvoorwaardelike verskoning,” het Bosman gesê.

“Hierdie ongevraagde en veralgemeende bewerings van LUR Leeto is uiters skadelik vir ʼn samelewing wat reeds diep verdeeld is. Haar uitlatings het ʼn diepliggende rassistiese motivering en beskuldiging. Daarom wil ons hiermee ʼn formele klag by die Mensregtekommissie indien.”

Bosman het verder daarop gewys hoewel die reg tot vryheid van spraak deur die Grondwet beskerm word, kan hierdie vryheid van spraak nie gebruik word om haat aan te hits gebaseer op ras en etnisiteit nie. “Ons glo dat LUR Leeto met hierdie uitlatings rasgebaseerde haat aangehits het met spesifieke verwysing na artikel 16(2)(c) van die Handves van Menseregte.”

ʼn Afskrif van die klagte is ook aan die presidensie en die ANC gestuur.

Maroela Media het vroeër berig Leeto het die omstrede uitlatings glo gemaak kort nadat ʼn debat oor Vrouedag in die wetgewer begin het. Mariette Pittaway, ʼn DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, beweer Leeto het gesê wit mense is verkragters “so ver terug as toe Jan van Riebeeck in die land aangekom het”. Volgens Pittaway het Leeto verder gesê wit mense se grafte moet opgegrawe word “sodat hul lyke kan rekenskap gee”.

Haar beweerde uitlatings het opslae veroorsaak met talle wat kritiek teenoor haar stellings uitgespreek het.

Bosman het gesê die Afrikanerbond is baie bekommerd dat die Suid-Afrikaanse samelewing in ʼn afwaartse spiraal is wat rasseverhoudinge betref. Hy het gesê indien Suid-Afrika hom daarop wil roem dat hy nie-rassige demokrasie handhaaf, moet daar ernstige introspeksie gedoen word oor uitlatings wat deur Suid-Afrikaners, politici en staatsamptenare in die openbaar gemaak word.

Life Mokone, woordvoerder van die Vrystaatse wetgewer, het sedert Dinsdag nog nie op Maroela Media se navrae om kommentaar gereageer nie. Mokone het wel ontvangs van Maroela Media se versoek om kommentaar erken en gesê die wetgewer sal “met verloop van tyd” reageer.

ʼn Woordvoerder van die MRK kon nie onmiddellik bevestig hoeveel klagtes die kommissie in die verband ontvang het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Chantell Smit ·

Ek voel wat vir die een geld geld vir die ander een. Hkm mag ons beledig word en niks word daaraan gedoen nie. Die land is besig om uit mekaar te val en alles gaan oor rasisme. amazing dat meeste van ons die Here dien, so ek wonder wat het VELKLEUR met enige iets uit te waai nie. Die HELE land moet groot word en hulle oe oopmaak, want ek kry skaam om n Suid Afrikaner genome te word met alles wat aangaan

Apie ·

Sy hoort agter tralies, maar nou ja, swartmense kan mos nie rassisties wees nie!

A ·

Was dit ‘n wit persoon wat so iets kwyt geraak het was hy al agter tralies

jip ·

Jip, lankal op die nuus, op elke nuusblad en radio. en dan weer vanaand op die 7 uur nuus

John ·

En WaarNet le daagliks windeiers oor glo slegte wittes maar Afrikaners sit en glimlag saam oor die beswaddering… Te oulik.

Abe ·

John,
Ek verstaan nie wat jy bedoel nie. Wie is die Afrikaners wat breed sit en glimlag waarna jy verwys?

Tronk toe!! ·

Tronk toe….Stem saam
Arresteer dadelik SIT tot saak/hofverskyning geen parool. Dit is hoe dit in CHINA gedoen word; hoogtyd, hier is wet slappap praaatery.

Lorita ·

Selfs hul lyke moet rekenskap gee – Daai wil gedoen wees!!

Jean ·

MRK het geen geloofwaardigheid nie. Hul is eensydig in al hul besluite en heksejagte.

dolphin ·

maak nie saak wat belangerik mense in die land nie moet tronk toe gaan.respek in die land.

leser ·

nog ‘n lid van sport, kuns, kultuur en ontspanning (soos khumalo) wat blykbaar niks anders het om te doen nie as rasse haat te leer in hul amp van “sport”, “kuns”, “kultuur” en “ontspanning”

FM ·

Lyk my sy is maar net soos ons, soort van ,geagte minister van sport, om die rassekaart te speel. Ek wonder of die soort van sportminister al vir Nic en Naas om verskoning gevra het. Of is sy ook maar net daar vir die pay, met ons belastingbetalers se geld? Baie belangrike persoon?

Paul ·

En more, 9 Augustus word Nasionale Vrouedag gevier.

Uit die geskiedenis en waar dit ontstaan het. SOWAT 20.000 vroue het op 9 Augustus 1956 na die Uniegebou in Pretoria gemarsjeer om beswaar te maak teen die wet dat alle swart vroue identiteitsdokumente (“passe”) met hulle moes saamdra. Hierdie dag word jaarliks in die nuwe Suid-Afrika (sedert 1994) gevier ter herinnering aan die bydrae van vroue tot die gemeenskap en dit wat hulle vir vroueregte vermag het. Daarmee word ook erkenning gegee aan die moeilikhede en vooroordele waarmee baie vroue steeds te kampe het.

Mathabo Leeto, die Vrystaatse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning sal natuurlik ook hierdie dag vier.

Theo ·

Ongeag alle pleidooie om rasseharmonie te prioritieseer sal daar altyd iewers n ding in die drinkwater wees wat dit net weereens versuur. As LUR(Lid van die Uitrafelende Raad) sou n mens nie so iets verwag het nie, maar nou ja “anything is possible”

Jean-Mari ·

So onnodig… nee kyk, met sulke uitsprake sal ons nooit maar nooit vooruitgang maak. Vervolg en maak asb ‘n voorbeeld van haar net soos hul met ons maak. Wat vir die een geld, geld vir almal.

Jan Bosman van Afrikanerbond is doodreg, rasseverhoudinge is tans op ‘n laagtepunt in SA vergeleke met 15-20 jaar terug. Ons beweeg in der waarheid AGTERUIT.

Willem ·

En more, 9 Augustus word Nasionale Vrouedag gevier.

Uit die geskiedenis en waar dit ontstaan het. SOWAT 20.000 vroue het op 9 Augustus 1956 na die Uniegebou in Pretoria gemarsjeer om beswaar te maak teen die wet dat alle swart vroue identiteitsdokumente (“passe”) met hulle moes saamdra. Hierdie dag word jaarliks in die nuwe Suid-Afrika (sedert 1994) gevier ter herinnering aan die bydrae van vroue tot die gemeenskap en dit wat hulle vir vroueregte vermag het. Daarmee word ook erkenning gegee aan die moeilikhede en vooroordele waarmee baie vroue steeds te kampe het.

Mathabo Leeto, die Vrystaatse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning sal natuurlik ook hierdie dag vier.

Gerhardb ·

Sy het veralgemeen. Al die wittes. Ek is ook wit, so maak dit my ook ‘n verkragter?? Kan ek haar persoonlik dagvaar vir naamskending. My eer is erg gekrenk.

Belinda ·

Vat dit van wie dit af kom…. maak nie saak wat nie die blanke mense sal beledig word en die skuld dra…. haar woorde beteken vir my niks- inteendeel – wie is sy, dit is die eerste keer wat ek van haar hoor en dit is die bydrae wat sy lewer … uitstekend! So sal sy onthou word.

Pop ·

Hier is die afrikaner mans se gulde kans om almal n massa klag te gaan le. Maar nee, kop in die sand en kla maar op maroela. Ons mans het slap geword.

Piet ·

Sy het ALLE Suid Afrikaners, vroue in gesluit. Hoekom staan jy nie op en doen iets nie? Nou skuil jy agter die mans. Swak!

Faith ·

verskoning vra onaanvaarbaar. Party gaan sit in tronk oor sulke uitlatings

Water van 'n eend se rug ·

Moet julle nie hieraan steur nie. In my navorsing oor kommunisme het ek gevind dat dit taktiek is om die geteikende groep van alles te beskuldig waaraan hulle self skuldig is.

What a joke. ·

Die uitsaaiers van proramme op die Suid Afrikaanse TV is duidelik uit om die witmense in Suid Afrika in n baie swak lig te stel met uitaaising van rasse haat programme oor en oor en oor veral die van die apartheidsjare..
Hoe kan daar versoening wees in n land as hul die heeltyd die verlede probeer gebruik om haat en wraak aan te blaas?Doen julself maar n guns en kyk in hoeveel programme die blankes die nie blankes leed aan doen? Dink jul die manopilasie kan gesond wees vir n broos rasse verhoudings situasie???Dit maak my wonder of die regering betrokke is hier juis oor die grond onteinings kwessie en verkiesings doeleindes in die nabye toekoms..Is dit miskien hul onderlangse manier van vuilspeel goed te praat om die blankes nou te laat swaar kry?.Wie ook al die idiote is wat sulke rasse haat programme voorskryf besef nie die skade wat hul aan rasseverhoudings in Suid Afrika aanrig nie!

MJ ·

Regter Mabel Jansen het haar werk verloor oor ‘n minder ernstige stelling.

Ten minste moet dieselfde hier gebeur.

Hans ·

Is daar al n kriminele klagte by SAPD teen die Lur ingedien?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.