Die VF Plus het ʼn strafregtelike klag teen die munisipale bestuurder van die Moqhaka- plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat aanhangig gemaak.
“Simon Mqwathi en die munisipaliteit onder sy bestuur moet aanspreeklik gehou word vir die skending van die inwoners van Kroonstad se grondwetlike reg op ʼn veilige omgewing weens riool wat al maande lank in strate in Kroonstad vloei,” het Jeanie Hattingh, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit, gesê.
Kroonstad, Viljoenskroon, Steynsrus en Vierfontein val onder die munisipaliteit.
Die klag is by die polisiestasie op Kroonstad aanhangig gemaak op grond van die munisipaliteit se beweerde oortreding van die Nasionale Waterwet, die Nasionale Omgewingsbestuurswet en artikel 24 van die Grondwet wat bepaal dat elke mens die reg op ʼn omgewing het wat nie skadelik tot sy welsyn of gesondheid is nie.
“Riool loop al maande lank in Impalastraat af en ʼn stroom riool vloei vanaf Wilsonstraat tot by die stormwatersloot voor die munisipaliteit se ingang.
“Ek het hierdie plekke al persoonlik vir munisipale amptenare gaan wys, maar daar het dadels van gekom. Ons sal hulle nou dwing om hul wetlike pligte na te kom, al moet hulle wetlik vervolg word,” het sy gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Daar is heeltemal te veel strate om op te noem waar die riool vrylik loop in Kroonstad. Dis nie net daai paar strate wat genoem is in die berig nie. Onder ander Stewartstraat, Meyerstraat, Ben Mervisstraat, Molletstraat. Moet ek aangaan? O ja en reg langs SARS lê die riool al soos ‘n moeras. Ons gaan een van die dae verdink in die ….
Gaan gooi dit in sy erf by sy huis se voordeur
Munisipale bestuurders en departements-hoofde is onaantasbaar by plaaslike owerhede. Iemand laer in die hiërargie gaan weer boet.
Gooi dit voor die munisipale kantore of deur die vensters.Vind uit waar die bestuurder bly en gooi dit oor sy hek in die rylaan,ook in sy posbus.Dalk ‘n paar plastieksakke vol teen sy huis se muur.
Indien dit ‘n pompstasie is wat se pompe foutief is, kan ek dit verstaan – vir 24 uur, maar net ‘n gewone blokkasie, dan is dit doodgewone gruwelike nalatigheid. Enige blok kan binne 4 ure – of minder, oopgemaak word. Die departementshoofde voel vere. Ek stem saam- maak emmers vol en gooi dit op die betrokke amptenary se rylaan. Tragies, dit gaan so in verskeie rade. GEEN tegniese kennis!